Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Sanherib

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sanherib
Koning van Assirië
Sanherib tydens sy Babiloniese oorlog, reliëf uit sy paleis inNineve.
Bewind705681 v.C.
Volle naamSîn-ahhī-erība (Akkadies)
Gesterf681 v.C.
VoorgangerSargon II
OpvolgerEsarhaddon
VaderSargon II

Sanherib (Akkadies:Sîn-ahhī-erība, "Sin het (verlore) broers vir my vervang";705681 v.C.) was ’n koning vanAssirië. Hy was die seun vanSargon II en het hom opgevolg. Hy was die vader vanEsarhaddon en oupa vanAssurbanipal.

Besonderhede

[wysig |wysig bron]

Sy naam is geskryf asmdSîn-aḫḫēmeš-eri4-ba.[1] Hy was ook bekend asSennacherib.

Sanherib word veral onthou vir sy militêre veldtogte teenBabilon enJuda en sy bouprogramme, veral in sy hoofstad,Nineve.[2] Sy grootste kommer tydens sy bewind was die "Babiloniese probleem", die weiering van die Babiloniërs om Assiriese heerskappy te aanvaar, wat gelei het tot sy verwoesting van Babilon in 689 v.C.[3] Verdere veldtogte is inSirië-Palestina uitgevoer, wat opgeneem is in dieBybelboek2 Konings,[4] asook in die berge oos van Assirië, teen die koninkryke vanAnatolië en teen dieArabiere in die Noord-Arabiese woestyne.[5]

Sanherib was ook ’n ywerige bouer en onder hom het Assiriese kuns ’n hoogtepunt bereik.[6] Hy het Nineve verfraai, ’n kanaal van 50 km lank laat bou om water na die stad te bring,[7] en ’n enorme paleis laat bou wat die prototipe van die legendarieseHangende Tuin van Babilon kon bevat het.[8]

Sanhrib is in 681 v.C. in vreemde omstandighede vermoor,[9] blykbaar deur sy oudste seun. (Sy aangewese opvolger,Esarhaddon, was die jongste.)[10] Sy dood is in Babilon beskou as ’n goddelike straf vir sy verwoesting van dié stad.[11]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Grayson, Albert Kirk.Assyrian and Babylonian Chronicles, 1975, bl. 127.ISBN 1-57506-049-3
  2. McKenzie 1995, p. 786.
  3. Grayson 1991, p. 105,109.
  4. Grabbe 2003, p. 308-309.
  5. Grayson 1991, p. 111-113.
  6. Von Solden 1994, p. 58.
  7. Von Solden 1994, p. 58,100.
  8. Foster & Foster 2009, p. 121-123.
  9. Cline & Graham 2011, p. 252.
  10. Grayson 1991, p. 121.
  11. Foster & Foster 2009, p. 123.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sanherib&oldid=2681527"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp