Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

San Jose, Kalifornië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

San Jose

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 DeelstaatKalifornië
 County Santa Clara
 Koördinate37°20′N121°54′W /37.333°N 121.900°W /37.333; -121.900
 Gestig op29 November1777
 Geïnkorporeer op27 Maart1850
 Oppervlakte: 
 - Totaal469,78vk km[1]
 Hoogte bo seevlak26 m[2]
 Bevolking: 
 - Totaal (2024)997 368[3]
 - Bevolkingsdigtheid2 194/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 000 468
 TydsonePST (UTC -8)
 SomertydPDT (UTC -7)
 Klimaat 
 - TipeMediterreense klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur16,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie10,4 / 22,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae383 mm
 BurgemeesterChuck Reed
 Amptelike webwerfsanjoseca.gov

San Jose (Engels: [sæn hoʊˈzeɪ, -ˈseɪ],luister(hulp·inligting);Spaans:San José, [saŋ xoˈse]) is 'n groot stad in die weste van diedeelstaatKalifornië in dieVerenigde State en is op 29 November 1777 deurSpanjaarde asEl Pueblo de San José de Guadalupe gestig. Die stad het in 2024 'n bevolking van 997 368 en van 2 000 468 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 469,78 km². San Jose is vernoem náJosef van Nasaret (José de Nazaret), die pa vanJesus Christus.

'n Uitsig oor San Jose soos vanaf die suide gesien
Die Sint Joseph-basilika
San Jose omstreeks 1875

San Jose is náLos Angeles enSan Diego die derde grootste stad van Kalifornië. Die stad word beskou as hoofstad van die nuiwerheidsgebiedSilicon Valley en is geleë naby dieStille Oseaan net suidoos vanSan Francisco. San Jose is die setel van dieCounty Santa Clara.

Sedert dieMeksikaans-Amerikaanse Oorlog in 1846/1848 maak San Jose saam met Kalifornië deel uit van die grondgebied van die Verenigde State en is op 27 Maart 1850 as eerste stad in die deelstaat geïnkorporeer. In hierdie tydperk het die stad as eerste hoofstad van die deelstaat Kalifornië gedien.

San Jose was een van die gasheerstede tydens dieVrouesokkerwêreldbeker 1999.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"2020 U.S. Gazetteer Files". Amerikaanse Sensuskantoor. Besoek op15 Januarie 2026.
  2. (en)"USGS—San Jose, California". Amerikaanse Geologiese Opname, Departement van Binnelandse Sake. Besoek op15 Januarie 2026.
  3. (en)"In civilian labor force, total, percent of population age 16 years+, 2019–2023". Besoek op15 Januarie 2026.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=San_Jose,_Kalifornië&oldid=2868377"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp