Samuel Wallis (23 April1728 inCornwallis -21 Januarie1795 inLonden) was ’nEngelse seevaarder wat om die wêreld geseil het.
Wallis is naby Camelford,Cornwallis, gebore. In 1766 het hy met die HMSDolphin vertrek om saam met die HMSSwallow om die wêreld te vaar. Die twee skepe het geskei geraak kort nadat hulle deur dieStraat van Magellaan is. Wallis het naTahiti geseil en dit die "Koning George die Derde-eiland" genoem. Hy het op 17 Junie 1767[1] in Matavaibaai geland terwyl dit deur ’n vroulike hoof, "Oberea" (Purea), regeer is. Die eerste kontak was moeilik, want op 24 en 26 Junie[2] het sommige Tahitiane probeer om die skip oor te neem, waarskynlik omdat hulle bang was die Engelse gaan permanent bly of omdat hulle die metaalvoorwerpe aan die skip wou hê. Die matrose het op die kano's en die skares op die heuwels geskiet. Die bewoners van die baai se reaksie op dié kragtige aanval was om vir die Engelse offerandes aan te bied om te wys hulle soek vrede. Hierna het Wallis betrekkinge met Purea aangeknoop en 40 dae lank op die eiland gebly, tot 27 Julie.
Van Tahiti is Wallis naBatavia, waar baie van sy bemanning dood is aandisenterie, en toe via dieKaap die Goeie Hoop na Engeland, waar hy in Mei 1768 aangekom het. Hy kon nuttige inligting aanJames Cook verskaf; dié sou kort daarna na dieStille Oseaan vertrek. Van dieDolphin se bemanning het ook saam met Cook geseil.
DiePolinesiese eilandWallis is na Samuel Wallis genoem.