Beckett se werk se bied 'n somber,tragikomediese uitkyk op die menslike bestaan. Dit gaan dikwels met pessimisme en swartgalligheid gepaard en word meer minimalisties in sy latere loopbaan. Hy word as een van die laastemodernistiese skrywers beskou, en is een van die sleutelfigure in die sogenaamde "Teater van die Absurde".
Samuel Barclay Beckett is op 13 April 1906 in Foxrock,Dublin in Ierland gebore. Van 1923 tot 1927 studeer hyFrans,Italiaans enEngels aan die Trinity-kollege in Dublin. Kort daarna word hy as leraar in Parys aangeneem. Daar ontmoet hyJames Joyce, wat 'n enorme invloed op hom gehad het. Beckett skryf sy eie verhale terwyl hy Joyce se sekretaris was. In 1929 publiseer hy sy eerste werk, 'n kritieseessay wat deur Joyce verdedig is. Sy eerste kortverhaal,Assumption, is in dieselfde jaar gepubliseer. In 1930 wen hy 'n literatuurprys met sy gedig,Whoroscope, wat hoofsaaklik oorRené Descartes handel, wat ook 'n invloed op sy skryfwerk gehad het.
In 1930 keer hy terug na Ierland en werk by die Trinity-kollege, maar vertrek weer na twee jaar. Hy reis deur Europa en vestig hom uiteindelik permanent in Frankryk. Daar publiseer hy 'n kritiese studie vanMarcel Proust se werk.
Hy poog om 'n boek in die styl van James Joyce te skryf, maar dit word later as 'n reeks kortverhale,More pricks than Kicks, vrygestel. Hierna bring hy die romanMurphy uit. Sy bekendste boeke is waarskynlikMolloy (1951),Malone Dies (1951 in Frans, in 1958 in Engels vertaal) enThe Unnamable (1953, in 1960 vertaal).
Beckett word beroemd met sy toneelstukEn attendant Godot (uitgegee in 1952), wat in 1955 asWaiting for Godot (Afrikaans: "Wag vir Godot") vertaal is. Die stuk ontvang aanvanklik slegte kritiek, maar word met tyd al hoe meer gewild. Dieselfde het met sy stukEndgame gebeur.
Omdat hy sy stukke ná 1947 bykans uitsluitlik in Frans geskryf het, word hy saam metEugène Ionesco as een die beste Franse dramaturge van die 20ste eeu beskou. Hy het self sy stukke in Engels vertaal.
Beckett is op 22 Desember 1989 inParys, Frankryk aanemfiseem oorlede en is in dieCimetière du Montparnasse begrawe.