Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Samoaanse nasionale rugbyspan

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die Samoaanse nasionale mansrugbyspan. Vir die artikel oor die nasionale vrouerugbyspan, sienSamoaanse nasionale vrouerugbyspan.
Samoa
UnieRugby Samoa (RS)
Bynaam(e)Manu Samoa
EmbleemdieSuiderkruis
StadionApiapark,Apia
Kapasiteit12 000
Afrigter(s)Vlag van SamoaTusi Pisi(sedert 2025)
Kaptein(s)Theo McFarland
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetseBrian Lima (65)[1]
Meeste toetspunteTusi Pisi (245)[2]
Meeste drieëBrian Lima (29)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Wes-Samoa 0–6FidjiVlag van Fidji
(Apia,Samoa; 18 Augustus 1924)
Grootste oorwinning
Vlag van SamoaSamoa 115–7Papoea-Nieu-GuineeVlag van Papoea-Nieu-Guinee
(Apia, Samoa; 11 Julie 2009)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seeland 101–14SamoaVlag van Samoa
(Nieu-Plymouth,Nieu-Seeland; 3 September 2008)
Wêreldbeker
Verskynings9/10 (Eerste in1991)
Beste uitslagKwarteindrondte in1991 en1995
Amptelike webwerf
www.manusamoa.com

DieSamoaanse nasionale rugbyspan (Engels:Samoa national rugby union team;Samoaans:Manu Samoa) is die nasionalerugbyspan watSamoa in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Samoa geadministreer deurRugby Samoa (Lakapi Samoa) wat in 1924 gestig is. Samoa word deurWêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Samoaanse rugbyspan is tans (November 2025) 17de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Die span neem deel aan die jaarlikseStille Oseaan-nasiesbeker, saam metFidji,Japan enTonga. Samoa was ’n lid van die Stille Oseaan-eilande Rugbyalliansie (Engels:Pacific Islands Rugby Alliance;PIRA), saam met Fidji en Tonga; maar hulle het in 2009 hulself onttrek.[5]

Samoa het in 1924 sy eerste internasionale wedstryd teen Fidji gespeel. Samoa, Fidji en Tonga speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Stille Oseaan-nasiesbeker (tot in 2005 Stille Oseaan-drienasies), waarin Samoa tot dusver 14 titels gewen het. Samoa se bynaam isManu Samoa. Om die opponent te intimideer en hulself te motiveer word voor elke toetswedstryd die Siva Tau-oorlogsdans deur die Samoaanse span uitgevoer. Dié oorlogsdans dateer uit die land se oorloë met naburige eilande.[6]

Samoa het tot dusver vir tien van die elfrugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en slegs dieRugbywêreldbeker 1987 inAustralië enNieu-Seeland misgeloop. In1991 en1995 het hulle daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring. Sedertdien vaar Samoa nie meer so goed in die Wêreldbeker nie. Twee voormalige Samoaanse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Samoa speel tradisioneel in blou truie met wit kleuraksente, wit broeke en blou sokkies.

Beheerliggaam

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Rugby Samoa.

Die beheerliggaam vir rugby in Samoa is Rugby Samoa (Samoaans:Lakapi Samoa). Rugby Samoa is in 1924 gestig en het in 1988, net ná dieeerste rugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nouWêreldrugby) geword.[7] Daarbenewens was Rugby Samoa in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nouOseanië Rugby).[8]

Naas die amptelike nasionale span roep Rugby Samoa ook ander keurspanne byeen.Samoa A is die tweede nasionale span van Samoa en hulle neem aan Wêreldrugby se Stille Oseaan-uitdaagtoernooi deel. DieSamoa Sevens is die Samoaansesewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker,Olimpiese Somerspele en dieStatebondspele deel. Net soos ander rugbylande beskik Samoa oor ’n o/20-nasionale span wat aan dieWêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[9] Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting.

As deel van die Stille Oseaan-eilande Rugbyalliansie het die beheerliggaam van 2004 wedstryde gereël van die Stille Oseaan-eilanders, ’n gemeensame keurspan van die drie Stille Oseaan-eilandstateFidji, Samoa enTonga. Aangesien die Stille Oseaan-eilanders nie die gewenste inkomste vir die beheerliggame gegenereer het nie, het die Samoaanse beheerliggaam dié samewerking in 2009 beëindig.[10] Sedert 2022 word dieStille Oseaan-eilande (feitlik die Cookeilande, Fidji, Samoa en Tonga) in die internasionaleSuperrugbytoernooi verteenwoordig deur die gesamentlike professionele span Moana Pasifika, wat aan dié toernooi deelneem saam met spanne uit Australië, Nieu-Seeland en een uit Fidji.[11]

Algemene situasie

[wysig |wysig bron]

Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs dieCookeilande,Fidji,Nieu-Seeland,Tonga enWallis kan soortgelyke bewerings maak.[6] Met ’n bevolking van amper 200 000 is die keuring van talentvolle spelers in vergelyking met ander lande baie klein, maar Samoa behoort konstant aan die 15 beste spanne wêreldwyd en hulle is redelik mededingend. Dié land ly egter onder ’n groot uitvloei aan talent, aangesien baie spelers in die professionele ligas inAustralië,Nieu-Seeland,Europa ofJapan speel en deur die onderskeie land ingeburger word. VolgensWêreldrugby se reëls is ’n tydperk van vyf jaar ononderbroke blyplek genoeg om vir die nasionale span van ’n ander land uit te draf (tot aan die einde van 2020 was dit slegs drie jaar).[12] Sedert die 1970’s het baie Samoane veral na Nieu-Seeland vertrek. Van die bekendste Nieu-Seelandse spelers met ’n Samoaanse herkoms isJerry Collins,Michael Jones,Chris Masoe,Mils Muliaina,Isaia Toeava enTana Umaga, terwylManu Tuilagi vir Engeland uitdraf. Met ’n bevolking van ’n rapsie meer as ’n 200 000 is Samoa van die kleinste lande wat aan rugbywêreldbekertoernooie deelneem.[13]

Die Stille Oseaan-eilandstate se beheerliggame is nie sterk genoeg om hierdie uitvloei aan talent stop te sit nie. Soms word die sistematiese stropery in ’n ironiese manier met die 19de eeuseBlackbirding vergelyk.[14] Samoane, wat hul eie land verteenwoordig, kan nie altyd vir hul nasionale span verskyn nie, aangesien veral Engelse klubs huiwerig is om spelers vir toetswedstryde beskikbaar te stel. Die professionele spanMoana Pasifika, wat sedert 2022 aan die internasionale toernooiSuperrugby deelneem, sal as ’n oplossing dien. In dié span, wat in die Nieu-Seelandse stadAuckland gesetel is, speel Samoane saam met Tongane en Nieu-Seelanders met ’nPolinesiese herkoms; dié span streef ’n verkieslik “Stille Oseaan”-karakter na.[15]

Amerikaans-Samoa, ’neilandgebied van die Verenigde State van Amerika wat net soos Samoa aandieselfde argipel behoort, beskik oor sy eie nasionale rugbyspan. Dit bereik egter by verre nie dieselfde status nie en hulle speel slegs af en toe. In Amerikaans-Samoa isAmerikaanse voetbal die gewildste sportsoort; baie Samoane speel in die Nasionale Voetballiga.[16]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

’n Beskeie begin

[wysig |wysig bron]

In Wes-Samoa was die in ander gebiede vanOseanië reeds goed gevestigde rugbysport tydens dieDuitse koloniale tydperk minder bekend, plaaslike koerante het aan die begin van die 20ste eeu net min oor rugbywedstryde in die hoofstadApia berig.[8] Dié situasie het in 1914 verander, toeNieu-Seeland die eilandgroep aan die begin van dieEerste Wêreldoorlog beset en begin administreer het (van 1919 af amptelik as ’nVolkebondmandaat). DieRooms-Katolieke orde van die Maristebroers, wat van 1871 af hier werksaam was, het van 1920 af aan hul skole weens die sterk Nieu-Seelandse invloed ’n aantal sportsoorte met ’n Britse oorsprong ingevoer.[17][18] Rugby het vinnig die by verre gewildste sportsoort geword en is deur groot dele van die bevolking goed ontvang. Volgens Robert F. Dewey, ’n historikus aan die DePauw-universiteit, was rugby destyds ’n belangrike manier om die plaaslike trots en strydlustige manlikheid uit te druk. Nadat baie tradisionele rituele gedurende die koloniale tydperk verdwyn het, was rugby ’n goeie plaasvervanger vir die uitvoering van ou konflikte. Buitendien was die atletiese vaardighede van die inheemse spelers glo heel geskik vir die rugbyspel. ’n Soortgelyke ontwikkeling het in twee ander Stille Oseaan-eilandstate plaasgevind:Fidji enTonga.[14]

In 1924 is die Apia Rugbyvoetbalunie (Engels:Apia Rugby Football Union, die latere Wes-Samoaanse Rugbyvoetbalunie en die huidige Rugby Samoa) gestig, wat aanvanklik met dieNieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie geassosieerd was. Die eerste toetswedstryd het op 18 Augustus 1924 in die Samoaanse hoofstadApia teenFidji plaasgevind en is met 0–6 verloor.[6] Volgens ’n legende is die wedstryd op ’n rugbyveld met ’n groot boom op die middellyn gespeel, maar destydse koerantberigte vermeld niks daarvan nie.[8] Die wedstryd het om 7 v.m. afgeskop om die Samoaanse toeskouers kans te gee om ná die wedstryd te gaan werk. ’n Maand later is die tweede toetswedstryd teen Fidji met 9–3 gewen.[6][19] Aan die einde van Julie 1926 isTonga vir die eerste keer verwelkom.[20] In 1928 en 1932 het die Stille Oseaan-bure weer Samoa besoek, maar dit sou tot in 1947 duur, totdat die Samoane weer besoek ontvang het; daardie jaar het hulle Tonga vir die eerste keer geklop.[21]

Gereelde wedstryde is eers in 1955 hervat en as gevolg van die beheerliggaam se moeilike finansiële situasie kon die eerste wegwedstryde eers in 1956 gespeel word, toe die Samoane na Tonga vertrek het. In 1960 het die Nieu-Seelandse Maori (dieMaori se keurspan)vir die eerste keer Wes-Samoa besoek.[22] In 1962 het die Nieu-Seelandse beheer geëindig en Wes-Samoa sy onafhanklikheid verkry. In 1963 is in die Fidjiaanse hoofstadSuva die eerste Suid-Stille Oseaan-spele aangebied, waartydens Wes-Samoa in al sy vier wedstryde maklik verslaan is en slegs die bronsmedalje ingepalm het.[23] Aangesien die beheerliggaam se moeilike finansiële situasie bly aanhou het, moes hul internasionale speelprogram vir die volgende agt jaar opnuut opgeskort word.

Toenemende internasionale kontakte

[wysig |wysig bron]

Aan die Suid-Stille Oseaan-spele 1971 se rugbytoernooi inPapeete (Frans-Polinesië) het die mededingers uit Fidji en Tonga nie deelgeneem nie. Tydens die groepfase het Wes-Samoa dieCookeilande enNieu-Kaledonië geklop, en in die halfeindstrydTahiti. In die eindstryd het die Samoane weer teen die Cookeilande te staan gekom en met ’n 23–9-oorwinning die toernooi beklink.[24] In 1972 het hulle Tonga vir vier toetswedstryde ontvang, maar almal verloor. ’n Jaar later was hulle teen die besoekende Nieu-Seelandse Maori ook sonder enige kans. In Junie 1975 is Tonga opnuut vir vier toetswedstryde verwelkom; Wes-Samoa het twee oorwinnings aangeteken, die eerste teen dié span in amper drie dekades.

Tupuola Efi, wat gelyktydig as beheerliggaamspresident en eerste minister gedien het, het die doelwit gehad om die destydse beskeie Samoaanse rugbysport se vlak te verbeter. Dit was net met meer wedstryde teen gelykwaardige of beter opponente moontlik. Om hierdie rede het hy in 1976 ’n fondsinsameling georganiseer om die span se eerste toer na Nieu-Seeland te befonds. Dié veldtog het die bepaalde doelwit oortref en die beheerliggaam kon ’n verteenwoordigende keurspan saamstel. Gedurende die vierweekse toer het hulle teen ses plaaslike spanne van die Nieu-Seelandse kampioenskap te staan gekom en hulle is vyf keer verslaan. In die toetswedstryde teen die Nieu-Seelandse Maori is hulle ook twee keer geklop. Twee begeleiers van die span het die fondsinsameling by die SamoaanseDiaspora voortgesit, waardeur hulle die grondslag vir toekomstige toere en die verbetering van die beheerliggaam se strukture gelê het.[25] Die Suid-Stille Oseaan-spele 1979 het gewys dat die in Nieu-Seeland verwerfde kennisse veral in taktiese opsig nog nie voldoende was nie. Ná hul tweede plek gedurende die groepfase met dieSalomonseilande, Tonga en Tahiti het hulle in die halfeindstryd teen die gasheer Fidji met 13–16 verloor en hulle het in die klein finale om die derde plek ’n verrassende nederlaag teen Nieu-Kaledonië met 8–9 gely.[26]

In 1982 het die nuwe, jaarlikse Stille Oseaan-drienasiestoernooi gereelde wedstryde aan die drie voorste Stille Oseaan-rugbylande besorg en die vorige ongereelde wedersydse toere vervang. Wes-Samoa het die eerste toernooi met twee wegoorwinnings beklink, waaronder hul eerste oorwinning oor Fidji sedert 1924. Die Suid-Stille Oseaan-spele 1983 is tuis in Apia aangebied. Wes-Samoa het in die rugbytoernooi se groepfaseAmerikaans-Samoa, die Cookeilande,Papoea-Nieu-Guinee,Tokelau en Tonga geklop. Ná hul oorwinning in die halfeindstryd teen Nieu-Kaledonië is die gasheer in die eindstryd egter deur Fidji met 18–10 geklop.[27] In Mei 1985 het die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nouWêreldrugby), wat redelik eksklusief was en slegs agt lede behels het, op die invoering van dierugbywêreldbekertoernooi besluit. Vir dieeerste toernooi in 1987 sou nege plekke deur uitnodiging toegeken word (die IRVR-lidSuid-Afrika is weens dieapartheidboikot nie genooi nie).[28] Terwyl die twee Oseaniese mededingers Fidji en Tonga uitgenooi is, het Wes-Samoa nie in aanmerking gekom nie; die hoofrede was waarskynlik hul gebrek aan ervaring teen nasionale spanne van ’n hoër vlak.

Ná die ietwat omstrede nie-uitnodiging het die Samoaanse beheerliggaam verskeie stappe onderneem om meer internasionale erkenning te verkry. In 1986 het dieWalliese nasionale span deur die Suidelike Stille Oseaan getoer en die eerste span van buite Oseanië geword om teen Wes-Samoa te speel. Hoewel die gasheer se speelse vaardighede grootliks onbekend was, het dieWalliese Rugbyunie aan dié wedstryd op 14 Junie amptelike toetsstatus toegeken. Die Samoane het teen halftyd heelwat verrassend met 14–7 voorgeloop, maar hulle het nogtans met 14–32 verloor.[29] In 1988 het die beheerliggaam by die voorheen redelik eksklusiewe IRVR aangesluit, waarvolgens amper alle wedstryde met die tradisionele rugbylande as toetswedstryde erken is. In dieselfde jaar het Peter Schuster die nuwe pos as hoofafrigter betree. Daarbenewens het die beheerliggaam spesifiek rugbyspelers met ’n Samoaanse herkoms in die buiteland vir die nasionale span begin werf. Van hulle was oorwegend nakomelinge van trekarbeiders wat van die 1950’s tot die 1970’s na Nieu-Seeland verhuis het. In 1995 het hierdie spelers amper die helfte van die span gevorm.[30]

Eerste deelnames aan rugbywêreldbekertoernooie

[wysig |wysig bron]

Gedurendeherfs 1988 het die Wes-Samoane vir die eerste keer ’n oorsese toer onderneem, meer spesifiek naWallis enIerland. Dit het omtrent vyf weke gevat en twee toetswedstryde teen die Walliese en dieIerse rugbyspanne ingesluit, wat albei in nederlae geëindig het. Van die ander agt wedstryde teen klubs en keurspanne het hulle vier gewen.[31] In 1989 is die Stille Oseaan-drienasies by uitsteek nie aangebied nie, pleks daarvan het hulle nog ’n toer na Europa oor ’n aantal weke onderneem. Terwyl die toetswedstryde teenWes-Duitsland enBelgië in maklike oorwinnings geëindig het, het hulle teenRoemenië ’n naelskraapse nederlaag gely. Bykomende wedstryde teen keurspanne is in dieSowjetunie,Engeland enFrankryk gespeel. Oor die algemeen was die wenrekord positief.[32] In April 1990 het Wes-Samoa tydens ’n toernooi inTokio met deels maklike oorwinnings oorSuid-Korea, Tonga enJapan sonder moeite vir die daaropvolgende rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer.[33]

Sowel in 1990 as in 1991 het Wes-Samoa die Stille Oseaan-drienasies beklink. Tydens die Suid-Stille Oseaan-spele 1991 inPort Moresby, die Papoea-Nieu-Guinese hoofstad, het die Samoane vir die laaste keer aan die rugbytoernooi deelgeneem. Ná hul oorwinning oor die Salomonseilande in die halfeindstryd het hulle in die eindstryd Amerikaans-Samoa met 34–7 geklop.[34] ’n Maand ná hul titeloorwinning het hul langverwagte eerste deelname aan dieRugbywêreldbeker 1991, wat in die destydseVyfnasies aangebied is, gevolg. Voor dié toernooi is die Samoane as buiteperde beskou. Op 6 Oktober het hulle inCardiff teen die medegasheer Wallis te staan gekom en ’n verrassende oorwinning met 16–13 aangeteken, waarby hulle blykbaar hul opponente veral in die aanval oorheers het.[35] Dié wedstryd het een van die bekendste rugby-aanhalings opgelewer: “Dankie tog dat Wallis nie teen die hele Samoa gespeel het nie” (Thank heavens Wales weren’t playing the whole of Samoa).[36] In hul tweede groepwedstryd is Wes-Samoa deur die latere kampioenAustralië naelskraap met 9–3 geklop, maar hulle het ná ’n maklike 35–12-oorwinning oorArgentinië die kwarteindrondte gehaal. Wes-Samoa is egter deurSkotland met 28–6 geklop, maar met hul deelname aan die uitklopfase het hulle regstreeks vir die daaropvolgende rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer.[37]

Hul goeie prestasies het voortgegaan, toe Wes-Samoa sowel in 1992 as in 1993 die Stille Oseaan-drienasies beklink en vier opeenvolgende toernooie gewen het. Hul toer na Nieu-Seeland in Julie 1993 was ook suksesvol. Die Samoane het al hul sewe wedstryde teen plaaslike keurspanne gewen, terwyl die twee wedstryde teen dieAll Blacks, wat nie as toetswedstryde erken is nie, naelskraap verloor is.[38] Die Walliesers het in Junie 1994 vir hul rugbywêreldbekernederlaag wraak geneem, toe hulle in Junie 1994 tydens hul toer na Oseanië Apia besoek en die Samoane met 34–9 geklop het. In voorbereiding op dieRugbywêreldbeker 1995 het die Samoane amper ’n jaar deur die gasheerlandSuid-Afrika getoer en onder andere in hul eerste toetswedstryd teen dieSpringbokke gespeel. Tydens die daaropvolgende toernooi het Wes-Samoa weer goed presteer. Met oorwinnings oorItalië (met 42–18) en Argentinië (met 32–26) asook ’n nederlaag teenEngeland (met 22–44) het hulle weer die kwarteindrondte gehaal, waar hulle met 14–42 teen die gasheer en latere kampioen verloor het.[39]

Gevolge van professionalisering

[wysig |wysig bron]

Nadat die IRVR in Augustus 1995 al die beperkinge rakende die spelersbetaling opgehef en daarmee die professionele tydperk van die rugbyspel ingelui het, was dit vir Samoa en die ander Stille Oseaan-eilandstate terselfdertyd vloek én seën. Aan die een kant kon die nasionale span professionele spelers insluit wat oorwegend by klubs in Nieu-Seeland, Australië, Europa en Japan gespeel het. Aan die ander kant het die beheerliggaam altyd met die risiko gesit dat hierdie spelers meer as drie jaar oorsee gebly het en volgens die IRVR se woonplekreël deur die onderskeie beheerliggame gekeur kon word, waarvolgens hulle nie meer vir die nasionale span beskikbaar was nie. Buitendien het die finansieel sterk mededingers die plaaslike liga erg verswak.[40] Om in die toekoms met die internasionale mededingers tred te hou was die implementering van nuwe bestuurstrukture noodsaaklik. Die beheerliggaam het saam met die beleggingsfonds Fay Richwhite die gesamentlike onderneming Manu Samoa Rugby Beperk gestig, wat sedertdien vir die bemarking van die nasionale span verantwoordelik is. Buitendien het Fay Richwhite se vennote $5 miljoen uit hul persoonlike bates belê, aanvanklik vir die tydperk van 1995 tot 2004.[41] Dié belegging het die beheerliggaam van ’n moontlike bankrotskap bewaar. Aangesien Manu Samoa Rugby Beperk in Nieu-Seeland gesetel is, het in die publiek egter die indruk ontstaan dat die nasionale span aan ’n buitelandse maatskappy “verkoop” is.[42]

In November 1995 het Wes-Samoa tydens hul toer in dieVerenigde Koninkryk teenSkotland te staan gekom en inEdinburg ’n goeie 15–15-gelykop aangeteken.[43] In Junie 1996 het Wes-Samoa inNapier in hul langverwagte eerste toetswedstryd teen die All Blacks gespeel en hulle het met 10–51 verloor. Die hoogtepunt van ’n verdere toer na Europa gedurende herfs 1996 was hul eerste oorwinning oor Ierland, toe hulle inDublin met 40–25 geseëvier het.[44] In ooreenstemming met die eilandstaat se naamverandering in 1997 is die nasionale span van Wes-Samoa ook in Samoa hernoem. Die Oseaniese rugbywêreldbekerkwalifisering is in September 1998 in Australië aangebied. Samoa is deur die gasheer en Fidji geklop, maar hulle het ná ’n oorwinning oor Tonga een van die drie regstreekse plekke bespreek en hulle moes nie in die uitspeelwedstryde teen ’n Europese span speel nie.[45] Gedurende somer 1999 het Samoa vir die eerste keer deelgeneem aan die Stille Oseaanrand Rugbykampioenskap, ’n toernooi vir die spanne in en rondom dieStille Oseaan, en die tweede plek onder ses deelnemers beklee. Tydens dieRugbywêreldbeker 1999, wat weer in die destydse Vyfnasies aangebied is, het Samoa aanvanklik Japan met 43–9 geklop, maar hulle is deur Argentinië met 32–16 verslaan. Om tot die uitspeelrondte te vorder, moes hulle teen Wallis wen. Net soos agt jaar voorheen het Samoa sy opponent oorheers en met 38–31 ’n verrassende oorwinning aangeteken.[46] Die uitspeelrondte se uitslag was net só as in 1991, aangesien Samoa deur Skotland met 35–20 geklop is.[47]

Die nuwe millennium

[wysig |wysig bron]
Samoa teenSuid-Afrika tydens dieRugbywêreldbeker 2007
Samoa teenNamibië tydens dieRugbywêreldbeker 2011
Wallis teen Samoa tydens die Rugbywêreldbeker 2011
Samoa teenJapan opChichibunomiya Rugbystadion,Tokio, 2012

Samoa het die Stille Oseaanrand Rugbykampioenskap 2000 gewen en een jaar later het hulle in die laaste toernooi se eindstryd teen Fidji met 17–28 verloor.[48] Die Stille Oseaan-drienasies in 2002 het terselfdertyd as rugbywêreldbekerkwalifisering gedien. Samoa en Fidji het hul toernooiplekke met drie oorwinnings en ’n gelykop elk bespreek, terwyl Samoa in dié toernooi weens sy swakker punteverskil as naaswenner geëindig het.[49] In voorbereiding op die daaropvolgende rugbywêreldbekertoernooi het die Samoane in Julie 2003 deurSuider-Afrika getoer en vir die eerste keer teenNamibië te staan gekom. Dit was een van die laaste oorsese toere volgens die ou tradisie, wat veral deur die midjaarrugbytoetsreeks en die eindjaarrugbytoetsreeks met ’n vaste skedule vervang is.[50] Tydens dieRugbywêreldbeker 2003 in Australië is die Samoane in ’n sterk groep geloot. Hulle het hul eerste twee groepwedstryde maklik gewen, met 60–13 teenUruguay en met 46–9 teenGeorgië. In die derde groepwedstryd teen die latere kampioen Engeland het Samoa sowat ’n uur voorgeloop, maar hulle is eindelik met 35–22 geklop.[51] In die laaste wedstryd het hulle met 10–60 teen Suid-Afrika verloor en Samoa is sodoende met hul derde plek uit die toernooi geskakel.[52]

In 2002 was Rugby Samoa een van die stigtingslede van die Stille Oseaan-eilande Rugbyalliansie wat die doelwit gehad het om die samewerking tussen die Stille Oseaan-rugbylande te verbeter. In 2004 het die lede die gesamentlike keurspan Stille Oseaan-eilanders byeengeroep, wat volgens dieBritse en Ierse Leeus se voorbeeld al om die twee jaar pleks van die onderskeidelike nasionale span ’n aantal toetswedstryde teen die vername rugbylande gespeel het. Op mediumtermyn sou dié span homself vir ’n moontlike uitbreiding van dieSuper 12 of dieDrienasiesreeks beskikbaar stel.[8] In altesaam elf wedstryde het hulle agt nederlae gely en drie oorwinnings aangeteken. In 2009 het die Samoaanse beheerliggaam die alliansie verlaat, aangesien hulle glo naas die sportiewe ook nie in die finansiële doelwitte geslaag het nie. Sedertdien het die Stille Oseaan-eilanders ondanks verskeie herlewingspogings nie meer byeengekom nie.[10] Net soos die ander Stille Oseaan-rugbylande het Samoa toenemend gebuk gegaan onder die feit dat die beste spelers kontrakte by oorsese klubs onderteken het en vervolgens van hul onderskeie klubs afhanklik was. Byvoorbeeld was tydens die Rugbywêreldbeker 2003 al die in Engeland werksame spelers afwesig, terwyl ander spelers weens die blyplekreël vir ander nasionale spanne uitgedraf het. Dit en ander nadele het daartoe gelei dat die beheerliggame van Samoa, Fidji en Tonga in 2000 die kontinentale beheerliggaam Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby) van stapel gestuur het. Die FORU het vir ’n medebeslissingsreg by die IRR se uitvoerende raad aangeklop en dit is in 2004 toegestaan. Die meer as ’n dosyn lede moet egter twee setels deel en word dus steeds erg benadeel teenoor die “groot” rugbylande.[53]

In 2005 het Samoa die laaste Stille Oseaan-drienasiestoernooi gewen. Dié toernooi het terselfdertyd as rugbywêreldbekerkwalifisering gedien, waarvolgens hulle hul plek by die daaropvolgende rugbywêreldbekertoernooi bespreek het. In 2006 is die vorige Stille Oseaan-drienasies met die nuweStille Oseaan-nasiesbeker vervang. Die eerste toernooi (aanvanklik Stille Oseaan-vyfnasies genoem) het Samoa in die tweede plek afgesluit. Tydens dieRugbywêreldbeker 2007 in Frankryk het die Samoane weereens die kwarteindrondte misgeloop. Hulle het teen Suid-Afrika met 7–59, teen Tonga met 15–19 en teen Engeland met 22–44 verloor; hul 25–21-oorwinning oor die Verenigde State was nie meer van belang nie.[54] Die voortdurende gebrek aan die beste spelers was in September 2008 besonder opvallend, toe Samoa inNieu-Plymouth in ’n vriendskaplike wedstryd teen Nieu-Seeland te staan gekom en met 14–101 verloor het; tot op hede is dit hul ergste nederlaag.[55] Hul klasverskil teenoor die vernaamste rugbylande was net só groot soos hul verskil teenoor die meeste Stille Oseaan-buurlande. Tydens die daaropvolgende rugbywêreldbekerkwalifisering was die Oseaniese bekerwenner die enigste struikelblok: Papoea-Nieu-Guinee is in Julie 2009 met 115–7 en 73–12 oorrompel; dié eersgenoemde oorwinning is tot op hede die hoogste in die Samoaanse rugbygeskiedenis.[56]

Verdere ontwikkeling

[wysig |wysig bron]

In 2010 het Samoa die Stille Oseaan-nasiesbeker vir die eerste keer gewen. Tydens die2011 midjaarrugbytoetsreeks het hulle nog ’n verrassing teen ’n vlak-een-span aangeteken, toe Australië inSydney met 32–23 geklop is; dit was hul eerste oorwinning oor dié span.[57] Tydens dieRugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland het die Samoane in die eerste groepwedstryd Namibië met 49–12 geklop. Daarop het ’n naelskraapse 10–17-nederlaag teen Wallis en ’n 27–7-oorwinning oor Fidji gevolg. Om tot die kwarteindrondte te vorder moes hulle in die laaste wedstryd die destydse kampioen Suid-Afrika klop. Die Samoane kon goed tred hou en het naelskraap met 5–13 verloor. Met hul derde plek in die groep het hulle regstreeks vir die daaropvolgende rugbywêreldbeker gekwalifiseer.[58] Aansluitend het Samoa vir die tweede keer die Stille Oseaan-nasiesbeker gewen en tydens die2013 midjaarrugbytoetsreeks hul eerste oorwinning oor Skotland aangeteken. Tydelik het Samoa weens sy goeie prestasies op Wêreldrugby se wêreldranglys die sewende plek beklee, ’n uitstekende plek vir ’n Stille Oseaan-span. Tydens die Stille Oseaan-nasiesbeker 2015 het hulle die eindstryd in die Kanadese stadBurnaby teen Fidji met 29–39 verloor.[59]

DieRugbywêreldbeker 2015 in Engeland het teleurstellend verloop. Hulle het net daarin geslaag om in die eerste wedstryd die Verenigde State te oorheers en hulle met 25–16 geklop. Daarop het nederlae teen Suid-Afrika (met 6–46), Japan (met 5–26) en Skotland (met 33–36) gevolg. Die span het net in die vierde plek geëindig en sodoende hul regstreekse kwalifisering vir die daaropvolgende toernooi misgeloop.[60] Samoa het vervolgens op Wêreldrugby se wêreldranglys afgegly. Dit was veral te wyte aan ’n reeks nederlae van nege wedstryde wat in Junie 2017 begin het – meer as ooit tevore. Dit het ook die rugbywêreldbekerkwalifisering ingesluit. Vervolgens moes die Samoane in Julie 2018 ’n interkontinentale uitspeelwedstryd teen Duitsland speel. Met twee oorwinnings (met 66–15 tuis en met 42–28 weg inHeidelberg) het hulle hul negatiewe reeks beëindig en vir die toernooi gekwalifiseer.[61] DieRugbywêreldbeker 2019 het net soos vier jaar voorheen verloop. Op die oorwinning oorRusland (met 34–9) het swak nederlae teen Skotland (met 0–34), die gasheer Japan (met 19–38) en Ierland (met 5–47) gevolg. Samoa het weer in die vierde plek geëindig en sodoende opnuut hul regstreekse kwalifisering vir die daaropvolgende toernooi misgeloop.[62]

As gevolg van die reisbeperkings tydens die wêreldwyeCovid-19-pandemie het Samoa in 2020 nie in ’n enkele wedstryd gespeel nie en ook in 2021 was die wedstrydkalender erg beperk. Hulle kon twee kwalifiseringswedstryde teen Tonga speel en albei wen, waarmee hulle vir die hooftoernooi gekwalifiseer het.[63] Al drie Samoaanse wedstryde tydens die2021 eindjaarrugbytoetsreeks moes ná positiewe Covid-19-toetse afgelas word.

Aan die begin van 2022 het Wêreldrugby ’n nuwe reël geïmplementeer wat vir die Stille Oseaan-eilandstate as baie voordelig beskou word. Hiervolgens kan nasionale spelers van ’n “groot” rugbyland na ’n ander land oorskakel, ongeag die aantal toetswedstryde wat tot dusver gespeel is. Hiervoor moes 36 maande verloop het sedert die laaste toetswedstryd en die speler moet in die betrokke land gebore wees; ’n oorskakeling is ook moontlik met ’n ouer of grootouer wat daar gebore is. Vervolgens kon talle spelers met ’n Samoaanse, Fidjiaanse of Tongaanse herkoms tydens dieRugbywêreldbeker 2023 vir hul oorspronklike land speel.[64] Tydens die Stille Oseaan-nasiesbekertoernooi 2022 het die Samoane onoorwonne gebly en hul vierde titel ingepalm. Tydens die groepfase in Frankryk kon Samoa die nuwelingChili (met 43–10) klop, waarop drie naelskraapse nederlae teen Argentinië (met 10–19), Japan (met 22–28) en Engeland (met 17–18) gevolg het.[65]

Tydens die Stille Oseaan-nasiesbeker 2024 het die Samoane die derde plek beklee.[66] Die Stille Oseaan-nasiesbekertoernooi 2025 was deel van dieRugbywêreldbeker 2027-kwalifisering en die span het uiteindelik die sesde plek behaal.[67] Daarna het die span in die Suid-Amerika-Stille-Oseaan-uitspeelrondte teen Chili te staan gekom, waar die eerste wedstryd met 32–32 gelykop geëindig het, terwyl Samoa in die tweede wedstryd weg met 12–31 verslaan is en sodoende aan die internasionale uitspeelrondte deelgeneem het.[68] In dié rondte het die SamoaneBrasilië en Namibië geklop en teen België met 13–13 gelykop gespeel. Samoa het die toernooi met meer bonuspunte beklink en sodoende vir die hooftoernooi in Australië gekwalifiseer.[69]

Kleure, embleem en bynaam

[wysig |wysig bron]

Samoa speel tradisioneel in ’n blou trui met rooi kleuraksente, wit broeke en blou sokkies. Hul alternatiewe trui is wit met blou en rooi kleuraksente, blou broeke en wit sokkies.

Die huidige truiverskaffer is sedert 2023 die Italiaanse vervaardiger Macron.[70] Die beheerliggaam se kenteken verskyn op die regterbors, die truiverskaffer se kenteken links en die borgkenteken in die middel.

Die beheerliggaamRugby Samoa se kenteken toon die wapen van Samoa met die beletteringSamoa Rugby Union daaronder. Die embleem toon dieSuiderkruis, die nasionale simbool van Samoa. Die nasionale span se bynaam isManu Samoa.

Truiverskaffers en -borge

[wysig |wysig bron]

Sedert die 1980’s het die volgende truiverskaffers en -borge verskyn:

TydperkVerskafferBorg
1986–1988Umbro
1988–1992Canterbury
1992–1994Telecom New Zealand
1994–1996Vailima
1996–1998Reebok
1998Newcall
1999Adidas
1999–2003
2004–2005Puma
2005–2009Samoa International Finance Authority
2010–2011KooGa
2012–2013BLKDigicel
2014–2015CanterburyCromwell Property Group (voorkant),
Redefine Properties (agterkant)
2015BLK
2016Bluesky Communications
2016–2017LE Sportswear
2017Magnum Hire (voorkant)
Henderson Cars (agterkant)
Invest Samoa
2018–2021BLKGrey Investment Group
2021Dynasty Sport
2021–2022CastoreGrey Investment Group
2022Aramis Rugby (voorkant)
Samoa IBFC (agterkant)
sedert 2023Macron

Die Siva Tau

[wysig |wysig bron]
Samoa voer hulle vorm van die Haka uit voor die span se Groep A-wedstryd teen Suid-Afrika by die Rugbywêreldbeker 2007
Samoa voer die Siva Tau uit voor die wedstryd teen Suid-Afrika by die Rugbywêreldbeker 2011

Voor elke wedstryd voer die span ’nSiva Tau, wat verwant is aan dieAll Blacks seHaka, uit. Dié oorlogsdans het die doel om die opponent te intimideer en hulself aan te moedig. Die nasionale span inAustraliese voetbal voer ook hierdie oorlogsdans uit. DieManu Siva Tau is ’n Samoaanse oorlogsdans wat deur Samoa se nasionale spanne voor elke wedstryd opgevoer word. Die Samoaanse nasionale rugbyspan voer die tradisioneleMa’ulu’ulu Moa op hul toere op. Voor die Rugbywêreldbeker 1991 is dieManu-oorlogslied saamgestel, dit is as meer effektief beskou om spelers in ’n sielkundige opsig “op te laai”.[71][72]

SamoaansAfrikaans

Le Manu Samoa e ua malu ona fai o le faiva (2×)
Le Manu Samoa lenei ua ou sau
Leai se isi Manu oi le atu laulau
Ua ou sau nei ma le mea atoa
O lou malosi ua atoatoa
Ia e faatafa ma e soso ese
Leaga o lenei manu e uiga ese
Le Manu Samoa
Le Manu Samoa
Le Manu Samoa e o mai I Samoa hi

Manu Samoa, mag u slaag met u missie (2×)
Manu Samoa, hier kom ek
Daar is geen ander Manu (span) nie
Hier kom ek, heeltemal voorbereid
My sterkte is op sy hoogte
Maak pad en beweeg eenkant
Want dié Manu is uniek
Manu Samoa
Manu Samoa
Die Manu Samoa regeer vanaf Samoa

Tuisstadion

[wysig |wysig bron]

Samoa se tuisstadion is dieApiapark in die hoofstadApia met ’n kapasiteit van 8 000. Dié stadion is in 1924 ingewy en het sedertdien elke tuiswedstryd aangebied.[73]

Toetswedstryde

[wysig |wysig bron]
Samoa se plek opWêreldrugby se ranglys van 10 Oktober 2003 tot op hede

Samoa het 131 van sy 300 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 43,67%. Samoa se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen November 2025):[74]

OpponentGespeelGewenVerloorGelykop% Gewen
Vlag van Amerikaans-Samoa Amerikaans-Samoa2200100,00
Vlag van ArgentiniëArgentinië532060,00
Vlag van AustraliëAustralië615016,67
Vlag van BelgiëBelgië210150,00
Vlag van BrasiliëBrasilië1100100,00
Vlag van ChiliChili311133,33
Vlag van CookeilandeCookeilande3300100,00
Vlag van DuitslandDuitsland3300100,00
Vlag van EngelandEngeland90900,00
Vlag van FidjiFidji612137334,43
Vlag van FrankrykFrankryk40400,00
Vlag van GeorgiëGeorgië623133,33
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag Ierland817012,50
Vlag van ItaliëItalië945044,44
Vlag van JapanJapan19127063,16
Vlag van KanadaKanada6600100,00
Vlag van Suid-KoreaKorea1100100,00
Vlag van NamibiëNamibië3300100,00
Vlag van Nieu-Kaledonië Nieu-Kaledonië320166,67
Vlag van Nieu-SeelandNieu-Seeland60600,00
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seelandse Maori1201200,00
Vlag van Papoea-Nieu-GuineePapoea-Nieu-Guinee3300100,00
Vlag van RoemeniëRoemenië312033,33
Vlag van RuslandRusland1100100,00
Flag of the Solomon Islands Salomonseilande2200100,00
Vlag van SkotlandSkotland1211018,33
Vlag van SpanjeSpanje2200100,00
Vlag van Suid-AfrikaSuid-Afrika90900,00
Vlag van Tahiti Tahiti2200100,00
Vlag van Tokelau Tokelau1100100,00
Vlag van TongaTonga724028455,55
Vlag van UruguayUruguay1100100,00
Vlag van Verenigde State van AmerikaVerenigde State963066,67
Vlag van WallisWallis1046040,00
Algeheel3001311581143,67

Rekords

[wysig |wysig bron]

Wêreldbekerrekord

[wysig |wysig bron]

Samoa het tot dusver aan amper elkerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, met uitsondering van dieRugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland. Hul beste prestasie tot dusver was hul vordering tot die kwarteindrondte in1991 en1995.

JaarUitslag
1987Nie genooi nie
1991Kwarteindrondte
1995Kwarteindrondte
1999Uitspeelrondte
2003Groepfase
2007Groepfase
2011Groepfase
2015Groepfase
2019Groepfase
2023Groepfase
2027gekwalifiseer
2031N.v.t.

Stille Oseaan-drienasies

[wysig |wysig bron]

Die Stille Oseaan-drienasies was van 1982 tot 2005 die tradisionele jaarlikse toernooi tussen die drie Stille Oseaan-rugbylande Fidji, Samoa en Tonga. Hulle het die toernooi tien keer gewen.

  • Titeloorwinnings (10): 1982, 1990, 1991, 1992, 1993, 1997, 1999, 2000, 2001, 2005

Stille Oseaan-nasiesbeker

[wysig |wysig bron]

Samoa se enigste jaarlikse toernooi sedert 2006 is dieStille Oseaan-nasiesbeker, waartydens hulle teen Fidji en Tonga speel (soms word ook ander nasionale span genooi). Hulle het die toernooi vier keer gewen.

  • Titeloorwinnings (4): 2010, 2012, 2014 (gedeel), 2022

Stille Oseaanrand Rugbykampioenskap

[wysig |wysig bron]

Samoa het drie keer aan die Stille Oseaanrand Rugbykampioenskap deelgeneem en die toernooi eenkeer gewen.

  • Titeloorwinnings (1): 2000

Suid-Stille Oseaan-spele

[wysig |wysig bron]

Samoa het vyf keer aan die Suid-Stille Oseaan-spele se rugbytoernooi deelgeneem en twee keer gewen.

  • Titeloorwinnings (2): 1971, 1991

Ander toetswedstryde

[wysig |wysig bron]

Gedurende die amateurtydperk het Samoa maandelange oorsese toere onderneem, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaaslike saamgestelde spanne en klubspanne gespeel het. Eweneens het oorsese spanne na Samoa getoer. Teen die jaar 2000 het die oorsese toere volgens die ou tradisie tot ’n einde gekom, aangesien die professionalisering van die rugbyspel te min tyd vir toere oorlaat. Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Noordelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks vertrek Europese spanne na Samoa en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks reis Samoa na Europa. In teenstelling met die meeste ander rugbylande speel Samoa nie vir enige trofee teen sy opponente nie.

Spelers

[wysig |wysig bron]

Huidige span

[wysig |wysig bron]

Die volgende spelers het die Samoaanse span gevorm tydens dieStille Oseaan-nasiesbeker 2025:[75]

Agterspelers(backs)
SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Joel LamSkrumskakelBurnside Rugby Club00
Melani MatavaoSkrumskakelMoana Pasifika22
Connor TupaiSkrumskakelSan Diego Legion01
AJ AlatimuLosskakelArdmore Marist Club07
Rodney IonaLosskakelSeattle Seawolves12
Melani NanaiSenterCapilano RFC02
Henry TaefuSenterRed Hurricanes Osaka12
Elisapeta AlofipoVleuelHunter Wildfires02
Tuna TuitamaVleuelPonsonby05
Lolagi VisiniaVleuelMoana Pasifika03
Tomasi AlosioHeelagterArdmore Marist09
Theodore SteffanyHeelagterAuckland Marist00
Voorspelers(forwards)
SpelerPosisieKlubToetswedstryde
Pita Anae Ah-SueHakerHouston Sabercats01
Ray NiuiaHakerMassy15
Luteru TolaiHakerBiarritz07
Jarred AdamsStutSuburbs Rugby Club00
Michael AlaalatoaStutClermont20
Brad AmituanaiStutWaratahs00
Marco Fepulea’iStutColomiers07
Aki SeiuliStutUtah Warriors10
Michael CurrySlotMoana Pasifika09
Ben Nee-NeeSlotKamaishi Seawaves10
Sam SladeSlotMoana Pasifika13
Niko JonesLosvoorspelerWaitemata01
Iakopo MapuLosvoorspelerStade Français08
Theo McFarlandKapteinLosvoorspelerSaracens20
Olajuwon NoaLosvoorspelerSeattle Seawolves07
Taleni SeuLosvoorspelerToyota Industries Shuttles11

Bekende spelers

[wysig |wysig bron]
Gavin Williams (2010)
Census Johnston (2013)
Sakaria Taulafo (2014)
Mahonri Schwalger (2015)

Twee voormalige Samoaanse spelers is vir hul uitstekende prestasie in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:[76]

SpelerPosisieInskrywing
Brian LimaVleuel,Senter2011
Peter FatialofaStut2019

Spelerstatistieke

[wysig |wysig bron]

Vervolgens die belangrikste statistieke van Samoa se spelers. Die spelers wat met* gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.

(Korrek teen November 2025)

Meeste toetswedstryde[77]
RangNaamTydperkToetswedstryde
01Brian Lima1991–200765
02To’o Vaega1986–200161
03Semo Sititi1999–200959
04Census Johnston2005–201757
05David Lemi2004–201754
06Jack Lam2013–202244
07Sakaria Taulafo2009–201644
08Opeta Palepoi1998–200543
09Tusi Pisi2011–201942
10Ofisa Treviranus2009–201842
Meeste toetswedstryde as kaptein[78]
RangNaamTydperkToetswedstryde
01Semo Sititi2000–200739
02Pat Lam1995–199923
03David Lemi2012–201721
04Peter Fatialofa1990–199516
05Michael Ala’alatoa *2019–202513
06Mahonri Schwalger2009–201113
07Theo McFarland *2024–202511
08Chris Vui2017–202311
09Jack Lam2018–201909
10George Stowers2008–200907
Meeste punte aangeteken[79]
RangNaamTydperkPunte
01Tusi Pisi2011–2019245
02Earl Va’a1996–2003174
03Silao Leaega1997–2002145
04Brian Lima1991–2007140
05Darren Kellett1993–1995137
06Roger Warren2004–2008119
07D’Angelo Leuila *2016–2025106
08Gavin Williams2007–2010106
09Tanner Vili1999–2006099
10Alesana Tuilagi2002–2015090
Meeste drieë gedruk[80]
RangNaamTydperkDrieë
01Brian Lima1991–200729
02Alesana Tuilagi2002–201518
03Semo Sititi1999–200917
04Afato So’oalo1996–200116
05Lome Fa’atau2000–200714
06To’o Vaega1986–200114
07David Lemi2004–201713
08Ed Fidow2018–202312
09George Leaupepe1995–200510
10Drie spelers met nege drieë elk

Afrigters

[wysig |wysig bron]
Michael Jones (2017)
Bryan Williams (2018)
Scott Wisemantel (2016)
Seilala Mapusua (2011)

Samoa het in 1988 met Peter Schuster sy eerste afrigter benoem. Sedert 2025 dien die Samoaan Tusi Pisi as Samoaanse hoofafrigter.

NaamTydperk
Vlag van Samoa Peter Schuster1988–1995
Vlag van Nieu-Seeland Bryan Williams1996–1999
Vlag van Nieu-Seeland John Boe2000–2003
Vlag van Nieu-Seeland Michael Jones2004–2007
Vlag van Samoa Niko Palamo2008–2009
Vlag van Samoa Titimaea Tafua2009–2011
Vlag van Australië Scott Wisemantel2011
Vlag van Samoa Stephen Betham2012–2015
Vlag van Nieu-Seeland Alama Ieremia2016–2017
Vlag van Samoa Titimaea Tafua2017–2018
Vlag van Nieu-Seeland Steve Jackson2018–2020
Vlag van Samoa Seilala Mapusua2020–2023
Vlag van Samoa Mahonri Schwalger2024–2025
Vlag van Samoa Tusi Pisisedert 2025

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Rugbyportaal

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Most matches". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  2. (en)"Most points". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  3. (en)"Most tries". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  4. (en)"Women's and Men's Rankings".Wêreldrugby. Besoek op19 November 2025.
  5. (en)"We quit: SRU". Samoa Observer. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 20 Februarie 2012. Besoek op20 Februarie 2012.
  6. 1234(en)"Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op14 November 2007.
  7. (en)"Samoa".Wêreldrugby. Besoek op19 November 2025.
  8. 1234(en)Robert F. Dewey (2012). John Nauright, Charles Parrish (red.). "Rugby Union Football, Pacific Islands".Sports around the world: History, culture and practice (1 uitg.). Santa Barbara: ABC-Clio:445–447.ISBN 978-1-59884-300-2.
  9. (en)"World Rugby U20 Championship".Wêreldrugby. Besoek op19 November 2025.
  10. 12(en)"Samoa quits Pacific Islands Rugby Alliance". Planet Rugby. 17 Julie 2009. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 21 Julie 2009. Besoek op21 Julie 2009.
  11. (en)"Reports: Agreement reached for 12-team Super Rugby from 2022". SA Rugby Magazine. Besoek op19 November 2025.
  12. (en)"World Rugby raises international eligibility period from three to five years".BBC. 10 Mei 2017. Besoek op19 November 2025.
  13. (en)"Rugby World Cup 2023 – Country Populations". Americas Rugby News. 12 September 2023. Besoek op19 November 2025.
  14. 12(en)"Pacific's brawn drain is world rugby's gain". North West Star. 7 Oktober 2011. Besoek op19 November 2025.
  15. (en)"Next steps in Pacific Island professional teams' journey confirmed by NZ Rugby".All Blacks. 14 April 2021. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 Februarie 2024. Besoek op5 Februarie 2024.
  16. (en)"Why Samoans Are 40 Times More Likely to Play in the NFL". GV Wire. 15 Augustus 2019. Besoek op19 November 2025.
  17. (en)"Brief history of Marist Brothers primary school Mulivai". Marist Brothers Old Pupils Association. 2021. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 Desember 2021. Besoek op5 Desember 2021.
  18. (en)"Samoa Tourism to Celebrate 100 Years of Samoan Rugby". Stille Oseaan-toerisme-organisasie. 2020. Besoek op19 November 2025.
  19. (en)"1924 Fiji tour to Western Samoa and Tonga". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  20. (en)"1926 Tonga tour to Fiji and Western Samoa". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  21. (en)"1947 Tonga tour to Fiji and Western Samoa". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  22. (en)"1960 New Zealand Maori tour to Western Samoa and Tonga". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  23. (en)"Rugby Football".First South Pacific Games: Official report and results. Suva: Fiji Times and Herald:44–47. 1963. Besoek op19 November 2025.
  24. (en)"South Pacific Games 1971". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  25. (en)Keith Quinn (8 Julie 2015)."Some stuff You never knew about the rise and rise of Samoa rugby – and New Zealand's role in its early years". Keith Quinn Rugby. Besoek op19 November 2025.
  26. (en)"South Pacific Games 1979". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  27. (en)"South Pacific Games 1983". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  28. (en)"1987 Rugby World Cup: The long road to the cup". New Zealand History. 2021. Besoek op19 November 2025.
  29. (en)"How a Welsh rugby disaster led to a newborn child being given the most bizarre name ever". Wales Online. 19 Junie 2017. Besoek op19 November 2025.
  30. (en)Robert F. Dewey (2008). Greg Ryan (red.). "Pacific Islands rugby: Navigating the global professional era".The changing face of rugby: The Union game and professionalism since 1995. Newcastle: Cambridge Scholars Publishing: 89.ISBN 978-1-84718-530-3.
  31. (en)"1988 Western Samoa tour to Wales and Ireland". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  32. (en)"1989 Western Samoa tour to Europe". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  33. (en)"1991 Rugby World Cup – Asia/Oceania qualifiers". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  34. (en)"1991 South Pacific Games". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  35. (en)Richard Seeckts (6 Oktober 1991)."Western Samoa hand Wales a lesson". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  36. (en)Liam Heagney (17 Oktober 2021)."We were the poor cousins': Samoa's 1991 World Cup upset 30 years on". Rugby Pass. Besoek op19 November 2025.
  37. (en)"Rugby World Cup 1991: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.
  38. (en)"1993 Western Samoa tour to New Zealand". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  39. (en)"Rugby World Cup 1995: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.
  40. (en)Richard Bath (1997).The Complete Book of Rugby. Seven Oaks Ltd. p. 67.ISBN 1-86200-013-1.
  41. (en)"Fay: Samoans need change".The New Zealand Herald. 29 Oktober 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 Oktober 2023. Besoek op19 November 2025.
  42. (en)Robert F. Dewey (2008). Greg Ryan (red.). "Pacific Islands rugby: Navigating the global professional era".The changing face of rugby: The Union game and professionalism since 1995. Newcastle: Cambridge Scholars Publishing: 99.ISBN 978-1-84718-530-3.
  43. (en)"1995 Western Samoa tour to Scotland and England". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  44. (en)Tom Cary (12 Oktober 2019)."Ireland's horrendous defeat at Lansdowne Road to Samoa serves as a warning from history ahead of crucial World Cup clash".The Daily Telegraph. Besoek op19 November 2025.
  45. (en)"1999 Rugby World Cup – Oceania qualifiers". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  46. (en)"Samoa crash Jenkins' party".BBC. 14 Oktober 1999. Besoek op19 November 2025.
  47. (en)"Rugby World Cup 1999: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.
  48. (en)Jeremy Duxbury (8 Julie 2001)."Fiji triumph 28–17 over Samoa".Fidjiaanse Rugbyunie. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 20 Junie 2003. Besoek op20 Junie 2003.
  49. (en)"Fiji qualify for World Cup finals". Raidió Teilifís Éireann. 6 Julie 2002. Besoek op19 November 2025.
  50. (en)"2003 Samoa tour to southern Africa". rugbyarchive.net. 2021. Besoek op19 November 2025.
  51. (en)"England survive Samoa scare".BBC. 26 Oktober 2003. Besoek op19 November 2025.
  52. (en)"Rugby World Cup 2003: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.
  53. (en)Robert F. Dewey (2008). Greg Ryan (red.). "Pacific Islands rugby: Navigating the global professional era".The changing face of rugby: The Union game and professionalism since 1995. Newcastle: Cambridge Scholars Publishing:95–97.ISBN 978-1-84718-530-3.
  54. (en)"Rugby World Cup 2007: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.
  55. (en)"All Blacks thrash Samoa by record margin". The Irish Times. 3 September 2008. Besoek op19 November 2025.
  56. (en)"Samoa put 100 points on PNG". Planet Rugby. 12 Julie 2009. Besoek op19 November 2025.
  57. (en)"Samoa shock Australia with 32–23 win in Sydney".BBC. 17 Julie 2011. Besoek op19 November 2025.
  58. (en)"Rugby World Cup 2011: Overview". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.
  59. (en)"Fiji defeats Samoa 39–29 in wild Pacific Nations Cup final". Huffpost. 8 Maart 2015. Besoek op19 November 2025.
  60. (en)"Rugby World Cup 2015: Matches". rugbyworldcup.com. 2019. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 22 Junie 2020. Besoek op22 Junie 2020.
  61. (de)"Fremdgehen mit ovalem Ball: Rugby-WM-Quali Deutschland vs Samoa 28:42". Der Ballreiter. 17 Julie 2017. Besoek op19 November 2025.
  62. (en)"Rugby World Cup 2019: Matches". rugbyworldcup.com. 2019. Besoek op19 November 2025.[dooie skakel]
  63. (en)Aaron Goile (17 Julie 2021)."Manu Samoa down Tonga again, secure Rugby World Cup 2023 qualification". Stuff. Besoek op19 November 2025.
  64. (en)"World Rugby's tweak of eligibility rule game changing for Pacific Island unions". stuff.co.nz. 25 November 2021. Besoek op19 November 2025.
  65. (en)"Samoa: Rugby World Cup 2023 review". rugbyworldcup.com. 8 Oktober 2023. Besoek op19 November 2025.
  66. (en)"Asahi Super Dry Pacific Nations Cup: Five-time champions Fiji book place in final".Wêreldrugby. 14 September 2024. Besoek op19 November 2025.
  67. (en)"Asahi Super Dry Pacific Nations Cup 2025: Tonga claim third in thrilling play-off".Wêreldrugby. 21 September 2025. Besoek op19 November 2025.
  68. (en)"Sublime Chile Write History by Beating Samoa in RWC Qualifier". Rugby Americas News. 27 September 2025. Besoek op19 November 2025.
  69. (en)"Samoa tie with Belgium in thrilling decider to clinch RWC 2027 spot". rugbyworldcup.com. 18 November 2025. Besoek op19 November 2025.
  70. (en)"Macron is the New Technical Partner of Lakapi Samoa". Samoa Global News. 26 Mei 2023. Besoek op19 November 2025.
  71. (en)"The Manu Siva Tau". Tuilagi Rugby Academy. 2021. Besoek op19 November 2025.
  72. (en)"Learn the awesome Samoan manu!".BBC. Besoek op19 November 2025.
  73. (en)John Naurigh, Charles Parrish (2012).Sports Around the World: History, Culture, and Practice. Santa Barbara: ABC-CLIO. p. 446.ISBN 978-1-59884-300-2.
  74. (en)"International Rugby Union Statistics – Samoa". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  75. (en)"𝐌𝐚𝐧𝐮 𝐒𝐚𝐦𝐨𝐚 𝐒𝐪𝐮𝐚𝐝 𝐀𝐧𝐧𝐨𝐮𝐧𝐜𝐞𝐦𝐞𝐧𝐭 𝐟𝐨𝐫 𝐒𝐜𝐨𝐭𝐥𝐚𝐧𝐝 𝐓𝐞𝐬𝐭 𝐉𝐮𝐥𝐲 𝐖𝐢𝐧𝐝𝐨𝐰 & 𝐏𝐚𝐜𝐢𝐟𝐢𝐜 𝐍𝐚𝐭𝐢𝐨𝐧𝐬 𝐂𝐮𝐩 𝟐𝟎𝟐𝟓".Rugby Samoa. 10 Junie 2025. Besoek op19 November 2025.
  76. (en)"Inductees".Wêreldrugby. Besoek op19 November 2025.
  77. (en)"Total matches played (descending)". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  78. (en)"Total matches played as captain (descending)". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  79. (en)"Total points scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.
  80. (en)"Total tries scored (descending)". ESPNscrum. Besoek op19 November 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • (en)Robert F. Dewey (2008). Greg Ryan (red.). "Pacific Islands rugby: Navigating the global professional era".The changing face of rugby: The Union game and professionalism since 1995. Newcastle: Cambridge Scholars Publishing.ISBN 978-1-84718-530-3.
  • (en)Richard Bath (1997).The Complete Book of Rugby. Seven Oaks Ltd.ISBN 1-86200-013-1.
  • (en)J. R. Jones (1976).Encyclopedia of Rugby Union Football. Londen: Robert Hale.ISBN 0-7091-5394-5.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metSamoaanse nasionale rugbyspan.
Nasionalerugbyspanne
Vlak 1-spanne (11)
Lid- en geassosieerde unies van Wêreldrugby
Vlak 2-spanne (12)
Vlak 3 (Ontwikkeling Een) spanne (10)
Vlak 4 (Ontwikkeling Twee) spanne
Amerikaans-Samoa • Andorra • Armenië • Azerbeidjan • Bahamas • Barbados • Bermuda • Bosnië en Herzegowina • Botswana • Britse Maagde-eilande • Broenei • Bulgarye • Burundi • Chinees-Taipei • Colombia • Cookeilande • Costa Rica • Denemarke • Eswatini • Filippyne • Finland • Ghana • Griekeland • Guam • Guyana • Hongarye • Indië • Indonesië • Iran • Israel • Jamaika • Kaaimanseilande • Kambodja • Kameroen • Kasakstan • Kirgisië • Kroasië • Laos • Letland • Litaue • Luxemburg • Madagaskar • Maleisië • Mali • Malta • Marokko • Mauritanië • Mauritius • Meksiko • Moldowa • Monaco • Mongolië • Nigerië • Niue • Noorweë • Oekraïne • Oesbekistan • Oostenryk • Pakistan • Papoea-Nieu-Guinee •Vlag van ParaguayParaguay • Peru • Pole •Vlag van Republiek ChinaRepubliek China • Rwanda • Salomonseilande • Senegal • Serwië • Singapoer • Sint Lucia • Sint Vincent en die Grenadines • Siprus • Slowenië • Sri Lanka • Swede • Switserland • Tahiti • Tanzanië •Vlag van ThailandThailand • Togo • Trinidad en Tobago •Vlag van TsjeggiëTsjeggië • Tunisië • Uganda • Vanuatu • Venezuela • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China • Zambië
Franse Rugbyfederasie
Guadeloupe • Martinique • Mayotte • Nieu-Kaledonië • Réunion • Wallis en Futuna
Nie geaffilieer by Wêreldrugby nie
Algerië • Benin • Burkina Faso • Curaçao • Demokratiese Republiek die Kongo • Dominikaanse Republiek • Ecuador • Egipte • El Salvador • Estland • Gaboen • Gibraltar • Guatemala • Jordanië • Katalonië • Katar • Libanon • Libië • Macau • Montenegro • Niger • Panama • Republiek die Kongo • San Marino • Sentraal-Afrikaanse Republiek • Sint Kitts en Nevis • Slowakye • Tsjad • Turkye • Turks- en Caicoseilande • Tuvalu
Saamgestelde spanne
Afrikaanse Luiperds •Britse en Ierse Leeus • Pasifiese Eilanders • Suid-Amerikaanse XV
Voormalige spanne
Arabiese Golf • Gemenebes van Onafhanklike State • Joego-Slawië • Njassaland (Malawi) • Oos-Afrika • Oos-Duitsland • Sowjetunie • Tsjeggo-Slowakye • Wes-Duitsland

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Samoaanse_nasionale_rugbyspan&oldid=2859922"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp