Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Samoa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die land in Oseanië. Vir die eilandgroep, sienSamoa-eilande, en vir die eilandgebied van die Verenigde State, sienAmerikaans-Samoa.
Onafhanklike Staat Samoa
Independent State of Samoa(Engels)
Malo Saʻoloto Tutoʻatasi o Sāmoa(Samoaans)
Vlag van SamoaWapen van Samoa
VlagWapen
Nasionale leuse:Faʻavae i le Atua Sāmoa
(Samoaans vir: "Samoa is gegrond op God")
Volkslied:O le fuʻa o le saʻolotoga o Samoa
(Samoaans vir: "Die vaandel van vryheid")
Ligging van Samoa
HoofstadApia

13°50′S171°45′W /13.833°S 171.750°W /-13.833; -171.750

Grootste stadApia
Amptelike taleSamoaans enEngels
RegeringUnitêre parlementêre
grondwetlikerepubliek
Vaʻaletoa Sualauvi II
Laʻauli Leuatea Schmidt
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• vanNieu-Seeland

28 Oktober1960
1 Januarie1962[1]
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2 831[2] km2 (177ste)
1 093 myl2
0,3
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2021-sensus
 -Digtheid
 
208 853[2] (184ste)
205 557[3]
73,8 / km2 (144ste)
191,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$1,615 miljard[4]
$7 621[4]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$1,160 miljard[4]
$5 471[4]

MOI (2023) 0,708[5] (122ste)  hoog
Gini (2013)38,7[6]  medium
GeldeenheidTala (WST)
Tydsone
 -Somertyd
(UTC+13)
(UTC+14)
Internet-TLD.ws
Skakelkode+685
a.Staatshoof

Samoa (Samoaans:Sāmoa, [ˌsaːˈmoa];Engels: [səˈmoʊə]), amptelik dieOnafhanklike Staat Samoa (Samoaans:Malo Saʻoloto Tutoʻatasi o Sāmoa; Engels:Independent State of Samoa), tot op 4 Julie 1997 amptelikWes-Samoa (Engels:Western Samoa), is 'neilandstaat in dieStille Oseaan enOseanië met 'n oppervlakte van 2 831 km² en 'n bevolking van 208 853 in 2024.[2]

Nasa-satellietbeeld van Samoa
Kaart van Samoa

Samoa is in die ooste vanWallis en Futuna, in die suidooste vanTuvalu, in die suide vanTokelau, in die weste vanAmerikaans-Samoa en in die noorde vanTonga geleë. Diehoofstad en grootste stad isApia. Samoa vorm saam met dieeilandgebied Amerikaans-Samoa dieSamoa-eilande.[7]

Die westelike deel van Samoa het as gevolg van die Verdrag van Berlyn in 1889 'nDuitse kolonie geword, terwyl die oostelike deel 'n Amerikaanse kolonie geword het. Tydens dieEerste Wêreldoorlog is Duits-Samoa deurNieu-Seeland beset en het ná diewapenstilstand van dieDuitse Keiserryk 'nVolkebondmandaat van Nieu-Seeland geword. Op 1 Januarie 1962 het Wes-Samoa syonafhanklikheid verkry van Nieu-Seeland. Samoa is 'n unitêre parlementêre grondwetlikerepubliek binne dieBritse Statebond met 'nO le Ao o le Malo ("Opperhoof van die Regering") asstaatshoof.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam "Samoa". Dit is moontlik afkomstig van 'n Polinesiese hoofman se naam, volgens 'n ander teorie beteken dit "plek van die moa".[8] Volgens 'n Samoaanse weergawe is dit saamgestel uit die woordeSa ("stam, volk van") enMoa ("hoender") en verwys na die hoogste titelhouer in die oostelike Amerikaans-Samoa. Volgens taalkundige bewyse kan dit ook "mense van die oseaan of diepsee" beteken.[2][9] Luidens moderne verklarings is dit saamgestel uit die woordesa ("heilig") enmoa ("sentrum") en beteken "heilige sentrum", maar dit kan ook "plek van die heilige moa-voël" beteken.[2]

Ná syonafhanklikwording in 1962 was die amptelike landsnaam "Onafhanklike Staat Wes-Samoa" (Engels:Independent State of Western Samoa, Samoaans:Malo Saʻoloto Tutoʻatasi o Sāmoa i Sisifo), algemeen genoem "Wes-Samoa" (Western Samoa,Sāmoa i Sisifo). Op 4 Julie 1997 is die landsnaam verander inSamoa, wat tot protes van die nabygeleë Amerikaans-Samoa gelei het, alhoewel die voormalige naam steeds gebruik word, soos byvoorbeeld in die land se.ws-topvlakdomein.

Sport

[wysig |wysig bron]
Samoa voer diesiva tau voor die wedstryd teenSuid-Afrika tydens dieRugbywêreldbeker 2011 op
Kolwe wat vir die Samoaansekrieket,kilikiti, gebruik word

DieNieu-Seelanders hetrugby in Samoa gevestig en dit is verreweg die gewildstesportsoort in dié land. Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs dieCookeilande,Fidji, Nieu-Seeland,Tonga enWallis kan soortgelyke bewerings maak.[10] DieSamoaanse nasionale rugbyspan het sedert1987 vir amper elkerugbywêreldbekertoernooi (behalwe vir dié van1987) gekwalifiseer. Hulle is veral bekend vir die tradisioneleSiva Tau-oorlogsdans voor elke wedstryd. Met 'n bevolking van sowat 200 000 is die keuring van talentvolle spelers in vergelyking met ander lande baie klein, maar Samoa behoort konstant aan die 15 beste spanne wêreldwyd en hulle is redelik mededingend. Dié land ly egter onder 'n groot uitvloei aan talent, aangesien baie spelers in die professionele ligas inAustralië, Nieu-Seeland,Europa ofJapan speel en deur die onderskeie land ingeburger word. VolgensWêreldrugby se reëls is 'n tydperk van vyf jaar ononderbroke blyplek genoeg om vir die nasionale span van 'n ander land uit te draf (tot aan die einde van 2020 was dit slegs drie jaar).[11] Sedert die 1970’s het baie Samoane veral na Nieu-Seeland vertrek. Van die bekendste Nieu-Seelandse spelers met 'n Samoaanse herkoms isJerry Collins,Michael Jones,Chris Masoe,Mils Muliaina,Isaia Toeava enTana Umaga, terwylManu Tuilagi vir Engeland uitdraf. Met 'n bevolking van ’n rapsie meer as ’n 200 000 is Samoa van die kleinste lande wat aan rugbywêreldbekertoernooie deelneem.[12]

Die Stille Oseaan-eilandstate se beheerliggame is nie sterk genoeg om hierdie uitvloei aan talent stop te sit nie. Soms word die sistematiese stropery in 'n ironiese manier met die 19de eeuseBlackbirding vergelyk.[13] Samoane, wat hul eie land verteenwoordig, kan nie altyd vir hul nasionale span verskyn nie, aangesien veral Engelse klubs huiwerig is om spelers vir toetswedstryde beskikbaar te stel. Die professionele spanMoana Pasifika, wat sedert 2022 aan die internasionale toernooiSuperrugby deelneem, sal as 'n oplossing dien. In dié span, wat in die Nieu-Seelandse stadAuckland gesetel is, speel Samoane saam met Tongane en Nieu-Seelanders met 'nPolinesiese herkoms; dié span streef 'n verkieslik "Stille Oseaan"-karakter na.[14] Aan die begin van 2022 het Wêreldrugby 'n nuwe reël geïmplementeer wat vir die Stille Oseaan-eilandstate as baie voordelig beskou word. Hiervolgens kan nasionale spelers van 'n "groot" rugbyland na 'n ander land oorskakel, ongeag die aantal toetswedstryde wat tot dusver gespeel is. Hiervoor moes 36 maande verloop het sedert die laaste toetswedstryd en die speler moet in die betrokke land gebore wees; 'n oorskakeling is ook moontlik met 'n ouer of grootouer wat daar gebore is.[15]

Samoa beskik met die Apiapark oor 'n baie moderne rugbystadion, maar dit word die meeste van die tyd nie gebruik nie. Daar is min opponente wat bereid is om die lang rys na Samoa aan te pak.Australië enNieu-Seeland kom slegs selde teen die eilandstate te staan. Teen einde van meer toetswedstryde is dieStille Oseaan-nasiesbekertoernooi (tot 2006 die Stille Oseaan-drienasies genoem) gestig, waaraan onder andere die nasionale spanne van Samoa,Fidji enTonga deelneem. Dienasionale vrouerugbyspan het tot dusver vir viervrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer.

Soos in ander Stille Oseaan-eilandstate word op Samoa 'n tradisionele plaaslike soortkrieket beoefen,kilikiti genoem.[16]Kilikiti word as die nasionale sportsoort van Samoa beskou.[17] Die nasionale krieketspan spel egter slegs teen "kleiner" nasionale spanne en kon tot dusver nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie. Hulle kon wel vir dieo/19-T20I-vrouewêreldbeker 2025 kwalifiseer.[18]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)Nieu-Seelandse Ministerium van Kultuur en Erfenis (19 Julie 2010)."Towards independence – NZ in Samoa".nzhistory.net.nz.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020. Besoek op16 Maart 2020.
  2. 12345(en)"Samoa".Central Intelligence Agency. Besoek op16 September 2025.
  3. (en)"Samoa Population and Housing Census 2021"(PDF). Samoaanse Statistiekkantoor. Besoek op16 September 2025.
  4. 1234(en)"Samoa".Internasionale Monetêre Fonds. April 2025. Besoek op16 September 2025.
  5. (en)"Human Development Report 2025"(PDF). United Nations Development Programme. 6 Mei 2025. Besoek op16 September 2025.
  6. (en)"Gini Index – Samoa".Wêreldbank. Besoek op16 September 2025.
  7. (en)"Samoa country profile".BBC. 23 Januarie 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op19 April 2020.
  8. (en)"Samoa". Online Etymology Dictionary. Besoek op16 September 2025.
  9. (en)Thomas Bargatzky (1998)."Samoa". The Encyclopedia of World Cultures. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 12 November 2024. Besoek op12 November 2024.
  10. (en)"Rugby History in Fiji". Teivovo. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 November 2007. Besoek op14 November 2007.
  11. (en)"World Rugby raises international eligibility period from three to five years".BBC. 10 Mei 2017. Besoek op16 September 2025.
  12. (en)"Rugby World Cup 2023 – Country Populations". Americas Rugby News. 12 September 2023. Besoek op16 September 2025.
  13. (en)"Pacific's brawn drain is world rugby's gain". North West Star. 7 Oktober 2011. Besoek op16 September 2025.
  14. (en)"Next steps in Pacific Island professional teams' journey confirmed by NZ Rugby".All Blacks. 14 April 2021. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 5 Februarie 2024. Besoek op5 Februarie 2024.
  15. (en)"World Rugby's tweak of eligibility rule game changing for Pacific Island unions". stuff.co.nz. 25 November 2021. Besoek op16 September 2025.
  16. (en)South Pacific and Micronesia. Lonely Planet. 2006. p. 53.ISBN 1-74104-304-2.
  17. (en)"Samoa's version of cricket, kilikiti, on display in Melbourne tournament". ABC. 10 April 2014. Besoek op16 September 2025.
  18. (en)"Samoa women's U19 cricketers end T20 World Cup campaign winless". Radio Nieu-Seeland. 27 Januarie 2025. Besoek op16 September 2025.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metSamoa.
Stille OseaanStille OseaanVlag van Tokelau Tokelau (Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland)Stille OseaanVlag van Amerikaans-Samoa Amerikaans-Samoa (Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State)
Vlag van Wallis en Futuna Wallis en Futuna (Vlag van Frankryk Frankryk) •Stille OseaanStille OseaanVlag van Amerikaans-Samoa Amerikaans-Samoa (Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State)
  Vlag van Samoa Samoa   
Vlag van Tonga TongaStille OseaanStille OseaanVlag van Tonga TongaStille OseaanVlag van Amerikaans-Samoa Amerikaans-Samoa (Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State)
Lande en gebiede inOseanië
Onafhanklike lande
Afhanklike gebiede
Australië
Chili
Frankryk
Koninkryk van Nieu-Seeland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Lande van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Samoa&oldid=2859921"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp