Hierdie artikel handel oor die land in Oseanië. Vir die eilandgroep, sienSamoa-eilande, en vir die eilandgebied van die Verenigde State, sienAmerikaans-Samoa.
Onafhanklike Staat Samoa Independent State of Samoa(Engels) Malo Saʻoloto Tutoʻatasi o Sāmoa(Samoaans)
Samoa (Samoaans:Sāmoa, [ˌsaːˈmoa];Engels: [səˈmoʊə]), amptelik dieOnafhanklike Staat Samoa (Samoaans:Malo Sa'oloto Tuto'atasi o Sāmoa; Engels:Independent State of Samoa), tot op 4 Julie 1997 amptelikWes-Samoa (Engels:Western Samoa), is 'neilandstaat in dieStille Oseaan enOseanië met 'n oppervlakte van 2 831 km² en 'n bevolking van 208 853 in 2024.[2]
Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam "Samoa". Dit is moontlik afkomstig van 'n Polinesiese hoofman se naam, volgens 'n ander teorie beteken dit "plek van die moa".[8] Volgens 'n Samoaanse weergawe is dit saamgestel uit die woordeSa ("stam, volk van") enMoa ("hoender") en verwys na die hoogste titelhouer in die oostelike Amerikaans-Samoa. Volgens taalkundige bewyse kan dit ook "mense van die oseaan of diepsee" beteken.[2][9] Luidens moderne verklarings is dit saamgestel uit die woordesa ("heilig") enmoa ("sentrum") en beteken "heilige sentrum", maar dit kan ook "plek van die heilige moa-voël" beteken.[2]
DieNieu-Seelanders hetrugby in Samoa gevestig en dit is verreweg die gewildstesportsoort in dié land. Samoa is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs dieCookeilande,Fidji, Nieu-Seeland,Tonga enWallis kan soortgelyke bewerings maak.[10] DieSamoaanse nasionale rugbyspan het sedert1987 vir amper elkerugbywêreldbekertoernooi (behalwe vir dié van1987) gekwalifiseer. Hulle is veral bekend vir die tradisioneleSiva Tau-oorlogsdans voor elke wedstryd. Met 'n bevolking van amper 200 000 is die keuring van talentvolle spelers in vergelyking met ander lande baie klein, maar Samoa behoort konstant aan die 15 beste spanne wêreldwyd en hulle is redelik mededingend. Dié land ly egter onder 'n groot uitvloei aan talent, aangesien baie spelers in die professionele ligas inAustralië, Nieu-Seeland,Europa ofJapan speel en deur die onderskeie land ingeburger word. VolgensWêreldrugby se reëls is 'n tydperk van vyf jaar ononderbroke blyplek genoeg om vir die nasionale span van 'n ander land uit te draf (tot aan die einde van 2020 was dit slegs drie jaar).[11] Sedert die 1970’s het baie Samoane veral na Nieu-Seeland vertrek. Van die bekendste Nieu-Seelandse spelers met 'n Samoaanse herkoms isJerry Collins,Michael Jones,Chris Masoe,Mils Muliaina,Isaia Toeava enTana Umaga, terwylManu Tuilagi vir Engeland uitdraf.
Die Stille Oseaan-eilandstate se beheerliggame is nie sterk genoeg om hierdie uitvloei aan talent stop te sit nie. Soms word die sistematiese stropery in 'n ironiese manier met die 19de eeuseBlackbirding vergelyk.[12] Samoane, wat hul eie land verteenwoordig, kan nie altyd vir hul nasionale span verskyn nie, aangesien veral Engelse klubs huiwerig is om spelers vir toetswedstryde beskikbaar te stel. Die professionele spanMoana Pasifika, wat sedert 2022 aan die internasionale toernooiSuperrugby deelneem, sal as ’n oplossing dien. In dié span, wat in die Nieu-Seelandse stadAuckland gesetel is, speel Samoane saam met Tongane en Nieu-Seelanders met ’nPolinesiese herkoms; dié span streef ’n verkieslik “Stille Oseaan”-karakter na.[13] Aan die begin van 2022 het Wêreldrugby ’n nuwe reël geïmplementeer wat vir die Stille Oseaan-eilandstate as baie voordelig beskou word. Hiervolgens kan nasionale spelers van ’n “groot” rugbyland na ’n ander land oorskakel, ongeag die aantal toetswedstryde wat tot dusver gespeel is. Hiervoor moes 36 maande verloop het sedert die laaste toetswedstryd en die speler moet in die betrokke land gebore wees; ’n oorskakeling is ook moontlik met ’n ouer of grootouer wat daar gebore is.[14]
Samoa beskik met die Apiapark oor 'n baie moderne rugbystadion, maar dit word die meeste van die tyd nie gebruik nie. Daar is min opponente wat bereid is om die lang rys na Samoa aan te pak.Australië enNieu-Seeland kom slegs selde teen die eilandstate te staan. Teen einde van meer toetswedstryde is dieStille Oseaan-nasiesbekertoernooi (tot 2006 die Stille Oseaan-drienasies genoem) gestig, waaraan onder andere die nasionale spanne van Samoa,Fidji enTonga deelneem.
Soos in ander Stille Oseaan-eilandstate word op Samoa 'n tradisionele plaaslike soortkrieket beoefen,kilikiti genoem.[15]Kilikiti word as die nasionale sportsoort van Samoa beskou.[16]
↑(en)Nieu-Seelandse Ministerium van Kultuur en Erfenis (19 Julie 2010)."Towards independence – NZ in Samoa".nzhistory.net.nz.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020. Besoek op16 Maart 2020.
↑(en)"Samoa". Online Etymology Dictionary. Besoek op12 November 2024.
↑(en)Thomas Bargatzky (1998)."Samoa". The Encyclopedia of World Cultures. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 12 November 2024. Besoek op12 November 2024.