Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Samland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Samland

Samland (Russies:Самбия,Litaus:Sémba,Pools/Latyn:Sambia) is 'n skiereiland in dieOossee. Die naam Samland is afgelei van die Oud-Pruisiese woordzemmē "aarde". Die inheemse bevolking het na hulself asSemba verwys, 'n term wat ook in die Oud-Nordiese taal vanDenemarke asSembe gebruiklik was.

Samland word in die weste deur die Oossee, in die noorde deur dieKoerse Haf en in die suide deur die Weichsel-strandmeer en die Pregel-rivier begrens. In die ooste vorm die Deime-rivier, wat vanuit Gwardeisk (DuitsTapiau) na Polessk (Labiau) vloei en vier kilometer verder in die Koerse Haf uitmond, 'n natuurlike grens.

Die beduidendste stedelike nedersetting in hierdie landskap was Königsberg (tansKaliningrad), streng gesproke die stadsdeel noord van die Pregel. As deel van die historieseDuitse provinsie Pruise het Samland 1945 onder Sowjet-administrasie gekom en maak tans deel uit van dieRussiese Oblast Kaliningrad.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Samland&oldid=1884487"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp