Dronning Ragnhilds drøm (Koningin Ragnhild se Droom) uitSnorre Sturlassons Kongesagaer deur Erik Werenskiold, omstreeks 1899.
Sagas is stories oor hoofsaaklik die antiekeNordiese enGermaanse geskiedenis, vroeëWiking-reise, die gevegte tydens dié reise, die migrasie naYsland en die vetes tussen Yslandse families. Hulle is hoofsaaklik inOudnoors in Ysland geskryf.[1]
Die tekste is in ’nprosavorm wat ooreenkomste toon met dieepos. Die verse of hele gedigte is dikwels inallitererende vorm en beskryf helde en heroïese dade van lank gelede. Die helde was dikwels Wikings – sommigeheidens en anderChristelik. Die verhale is meestal realisties, behalwe in die geval van legendariese sagas, die sagas oor heiliges en biskoppe en vertaalde romantiese stories. Dié is soms geromantiseer en denkbeeldig.
Die term "saga" kom vanNoors (saga, meervoudsögur) en beteken "stelling" of "iets wat gesê is", asook "storie" of "geskiedenis". Dit is verwant aan dieAfrikaanse woord "sage".
’n Uittreksel uitNjáls saga in dieMöðruvallabók (AM 132 folio 13r), omstreeks 1350.
Yslandse sagas is geskoei op mondelinge tradisies en baie navorsing is gedoen oor wat werklik en wat fiksie is. Die akkuraatheid van die verhale word dikwels betwis. Die meeste van die manuskripte waarin die sagas voorkom, is in die 17de eeu naDenemarke enSwede geneem, maar later aan Ysland terugbesorg. Klassieke sagas is in die13de eeu geskryf. Geleerdes het eers geglo hulle is mondelings oorgedra van geslag tot geslag totdat skribas hulle in die 13de eeu neergeskryf het. Die meeste glo egter nou die sagas was bewuste kunstige skeppings wat op beide mondelinge en geskrewe tradisies geskoei is.
’n Studie het gefokus op die klere wat in die sagas beskryf word en die navorsers het afgelei die skrywers het probeer om ’n "historiese gevoel" aan die verhale te gee deur die karakters klere te laat dra wat hulle as "outyds" beskou het. Dié klere stem egter nie ooreen met die tyd waarin die verhale geskryf is nie, maar eerder met klere wat in die 12de eeu gedra is.[2]
Daar is baie stories oor konings (byvoorbeeldHeimskringla), gewone mense (soosBandamanna saga) en karakters wat groter as die lewe is (soosEgils saga). Die sagas beskryf ’n deel van die geskiedenis van sommige van die Nordiese lande (byvoorbeeld die laaste hoofstuk vanHervarar saga). DieBritse Eilande, Noord-Frankryk enNoord-Amerika word ook genoem. Die verhale oor reise na Noord-Amerika (die hedendaagseKanada) is eers aan die begin van die 20ste eeu as eg bewys.[3]
Die meeste sagas oor Yslanders speel af in die tydperk930-1030, wat in die Yslandse geskiedenis bekend is assöguöld (tyd van die sagas). Die sagas oor konings en biskoppe het hul eie tydraamwerk. Die meeste is tussen 1190 en 1320 neergeskryf – sommige is op mondelinge vertellings geskoei en ander is fiktief. Sommige skrywers se identiteit is bekend; die skrywer van die saga oor koning Sverrir het byvoorbeeld die monarg ontmoet en hom as bron gebruik.[4]