Hierdie artikel is 'nweesbladsy. Dit is niegeskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks tesoek en 'n skakel hierheen te plaas.
Sachertorte in die Weense Hotel Sacher word tradisioneel met 'n sjokoladeseël versier en met ongesoete slagroom bedienSacher-winkel in WeneDie Hotel Sacher in WeneDie koffiehuis en fynbakkery Demel het sy eie weergawe van die befaamde koek geskep
DieSachertorte word as die wêreld se bekendste koek beskou.[1][2] Die sjokoladekoek het sy oorsprong in dieOostenrykse hoofstadWene en is vir die eerste keer in 1832 deur die sestienjarige Franz Sacher (1816–1907), 'n tweedejaarse leerjonge aan die hof vanPrins Metternich, gebak nadat hy die opdrag gekry het om 'n buitengewone nagereg vir 'n amptelike onthaal te skep.[3] Sy seun Eduard Sacher het die resep later met couverture en appelkooskonfyt verfyn. In 1876 het Eduard Sacher die Restourant en Hotel Sacher gestig.
Net die hoofbestanddele van die geheime resep is bekend. Watter bestanddele gebruik mag word, word deur die Oostenrykse Departement van Gesondheid se Kode van kosbestanddele (Latyns:Codex Alimentarius Austriacus,Duits:Österreichisches Lebensmittelbuch) bepaal.[4] Volgens kenners speel die verskillende sjokoladesoorte, wat vir die koek gebruik word, en hul mengselverhouding 'n beslissende rol.[5]
Volgens die Hotel Sacher word jaarliks meer as 270 000Sachertorten vervaardig, waarvoor 1,2 miljoen eiers, 80 tonsuiker, 70 tonsjokolade, 37 ton appelkooskonfyt, 25 ton botter en 30 ton koekmeel benodig word.Original Sacher-Torte is 'n handelsmerk van die Hotel Sacher, en die koek is net beskikbaar in die Hotel Sacher in Wene, die Hotel Sacher inSalzburg, die Café Sacher inInnsbruck, die Café Sacher inGraz, die Sacher-winkel inBozen (Bolzano, Suid-Tirool) en op die internasionalelughawe Wene-Schwechat. Daarnaas kan dit ook by die Hotel se aanlynwinkel bestel word.
Die Hotel Sacher het dekades gelede 'n regsaak teen die Weense fynbakkery Demel begin, wat ook 'nOriginal Sacher-Torte aangebied het, en eers in 1955 kon dié saak deur die Weense handelsgeregshof besleg word. Sedert 1965 word hierdie koek onder die naamDemel's Sachertorte bemark. Demel se koek verskil ten opsigte van die appelkonfyt-laag, wat hier in die middel van die koek lê en nie regstreeks onder die sjokolade-glasering nie.
Aangesien Sachertorte 'n relatief droë koek is, word dit in Oostenryk meestal met (ongesoete) slagroom bedien. Oorspronklik het fynproewers dit met 'n glasiecognac geniet.[6]