Saarland (Duits: [ˈzaːɐ̯lantʰ];Frans:Sarre) is 'ndeelstaat in die suidweste vanDuitsland. Dit grens aan die deelstaatRynland-Palts asook aanFrankryk enLuxemburg. Saarland vorm saam met die Franse administratiewe gewesLotaringe (Frans:Lorraine), die Groothertogdom Luxemburg, die Duitse deelstaat Rynland-Palts en dieBelgiese gewesWallonië die Europese Saar-Lor-Lux-gebied.
Saarland is in 1920 volgens dieVerdrag van Versailles as 'n politieke entiteit gestig en amptelik Saarbekkengebied (Duits:Saarbeckengebiet, in die volkstaal meestalSaargebiet) genoem. Die destydse gebied was ietwat kleiner as die huidige deelstaat, aangesien die noordelike grens verder suidwaarts geleë was. Nadat die gebied vyftien jaar lank deur dieVolkebond beheer is, is dit in 1935 ná 'n referendum weer by dieDuitse Ryk ingelyf.