Saara Kuugongelwa-Amadhila (gebore op10 Oktober1967) is 'nNamibiese politikus en van 2015 tot 2025 dieeerste minister van Namibië.[1] Sy het van 2003 tot 2915 as die Minister van Finansies gedien.[2] Sy is 'n lid vanSWAPO en sedert 21 Maart 2025 voorzitter van Namibië se nasionale vergadering.
Kuugongelwa is inOkahao,Omoesati gebore en het in 1980 met SWAPO in ballingskap gegaan, en vanaf 1982 op die ouderdom van 15 inSierra Leone gewoon. Sy was 'n leerder aan dieKoidu Sekondêre Meisieskool (1982–1984) en die Sekondêre Skool Sint Josef (1984–1987). Vanaf 1991 tot 1994 het Kuugongelwa by dieLincoln-universiteit inPennsilvanië gestudeer, waar sy in ekonomie gegradueer het.
Kuugongelwa het na haar gradeplegtigheid aan Lincoln ná Namibië teruggekeer en die amp as lessenaarbeampte in presidentSam Nujoma se kantoor aangeneem. Op die ouderdom van 27 is Kuugongelwa in 1995 benoem as direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie. Sy is in 2003 as Minister van Finansies aangestel. Op die Heldedag van 2014 ontvang sy die gesogte Orde van die Son in die tweede klas.[3]