Saab J29 Tunnan | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Saab AB |
Nooiensvlug | 1 September 1948 |
Bekendstelling | 1951 |
Onttrek | 1976 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | Sweedse Lugmag Oostenrykse Lugmag |
Vervaardig | 1948-1956 |
Aantal gebou | 661 |
DieSaab J29 Tunnan isSwede se tweede straalmotorigevegvliegtuig, dieSaab 21 was hulle eerste. Die naamTunnan betekendie vaatjie inSweeds, na aanleiding van dievliegtuig se voorkoms. Die ontwerp van dieTunnan is beïnvloed deur navorsing gedoen oor swiepvlerke deurDuitsland tydens dieTweede Wêreldoorlog. Aangesien Swede geen ondervinding oor swiepvlerke gehad het nie, het hulle daarmee geëksperimenteer met dieSaab 91 Safir. Die toetse was geslaagd en die J29 prototipe voltooi sy nooiensvlug op 1 September 1948. Dit was aangedryf deur 'nde Havilland Ghostmotor onder lisensie vervaardig deurFlygmotor.
Die vliegtuig is in diens gestel in 1951 en produksie is eers in 1956 gestaak. Die J29B het groter brandstof tenks en die E model is toegerus met 'nnabrander. Die F model was toegerus met all vorige verbeteringe. Daar was ook grondaanval en verkenningsmodelle ontwikkel. Vanaf 1958 was die J29 geleidelik vervang met dieSaab J32 Lansen.
In 1960 het Swede J29's beskikbaar gestel aan dieVerenigde Nasies vir gebruik in Belgiese Kongo tydens dieKongo-krisis. In 1961 hetOostenryk 30 van die Sweedse J29F's oorgeneem.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Flygmotor RM2B, turbostraal metnabrander |
Kraglewering per motor | 2 800 kg stukrag |
Vlerkspan | 11,0 m |
Lengte | 10,13 m |
Hoogte | 3,73 m |
Vlerkoppervlakte | 24,0 m2 |
Maks. opstygmassa | 8 000 kg |
Maks. snelheid | 1 060 km/h |
Operasionele hoogte | 15 500m |
Togafstand | 2 700km |
Klimvermoë | 3 600 m per minuut |
Bewapening | Vier 20 mm kanonne en 2 RB24 Sidewinder lug-tot-lugmissiele |