Die verspreiding van die SECAM-standaard: Lande met SECAM-kleurtelevisie word geel vertoon
SECAM (Franse afkorting virSéquentiel couleur à mémoire) is die Franse standaard vir kleurtelevisie wat as SECAM 3 in1967 inFrankryk, die destydseSowjetunie, en later ook in ander Oos-Europese lande ingevoer is. Dit is 'n verbeterde weergawe van die AmerikaanseNTSC-standaard, wat faseverskuiwings en die kleurvervalsings, wat daardeur ontstaan, verhinder.
Televisietoestelle met die SECAM-standaard kan TV-programme, wat inPAL (die Duitse standaard wat in1976 ook inSuid-Afrika ingevoer is) ofNTSC uitgesaai word, slegs in swart-en-wit opvang. Europese TV-toestelle, wat teenswoordig verkoop word, is meestal geskik vir aldrie TV-standaarde, en virDVD-spelers en skottelontvangs word SECAM naPAL omgesit indien nodig.
MESECAM ('n afkorting vanMiddle Eastern SECAM) is 'n metode om SECAM-programme met gemodifiseerde PAL-VHS-videomasjiene op te neem. MESECAM-masjiene is altyd ook geskik vir die Duitse PAL-standaard en word gewoonlik in Oos-Europese en oorsese lande vervaardig. Die MESECAM-tegnologie is nie geskik vir die weergee van Franse SECAM-kleurprogramme nie.