![]() | |
Volledige naam | Sport-Club Fortuna Köln e.V. |
Stigtingsdatum | 21 Februarie1948 |
Tuisveld | Bezirkssportanlage Köln-Süd, Keulen |
Kapasiteit | 12 000 |
Kompetisie | Regionalliga Wes |
SC Fortuna Keulen is 'nsportklub uitKeulen in diedeelstaatNoord-Rynland-Wesfale inDuitsland, veral bekend vir sysokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook 'n afdeling virhandbal.
Die klub is op21 Februarie1948 gevorm met die samesmelting vanVictoria 1911 Keulen,Bayenthaler SV (1920) enSparkassen-Verein 1927 Keulen asSV 1927 Keulen. Die drie klubs is almal aan die einde van dieTweede Wêreldoorlog deur dieGeallieerdes ontbind.Bayenthaler het een seisoen (1943/44) op die hoogste vlak deurgebring in dieGauliga Keulen-Aken, terwylVictoria 1911 Keulen in1943 hierdie Gauliga gewen het en die kwarteindstryd van die uitspeelwedstryde om die Duitse titel gehaal het. Die klub het in1976 metFC Alter Markt Keulen saamgesmelt en die huidige naam aangeneem.
In1967 het die sakemanJean Löring die hoofborg en klubpresident geword. Fortuna was onder sy leiding 'n baie suksesvolle tweedeligaklub, wat ook een seisoen (1973/74) in dieBundesliga deurgebring het. Die klub hou tans (status2007) steeds die rekord as die klub wat die meeste seisoene nόg in die2. Bundesliga deurgebring het, naamlik 26. In1986 het die klub weer promosie na die Bundesliga met 'n haarbreedte gemis toe daar in 'n reeks uitspeelwedstryde teenBV Borussia Dortmund verloor is.
Behalwe die seisoen in die Bundesliga, was die klub se grootste prestasie om die eindstryd van dieDFB-Pokal in1983 te haal deur agtereenvolgens met 3 Bundesligaspanne af te reken, onder andere 'n 5-0 oorwinning teen BV Borussia Dortmund in die halfeindstryd. In die eindstryd was die span ongelukkig om op die ou end met 0-1 teen hulle stadsgenote1. FC Keulen die knie te buig, na 'n doel laat in die wedstryd.
In2000 het Löring en die klub finansieel begin sukkel en in2001 het die klubbestuur hom uitgestem as president. Löring is in2005 aankanker oorlede. In dieselfde jaar is die klub onder finansiële administrasie geplaas en deur dieDFB verplig om aan dieOberliga te onttrek.
|
|