Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

S-400

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel is 'nweesbladsy. Dit is niegeskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks tesoek en 'n skakel hierheen te plaas.
S-400

DieS-400 Triomf (Russies: C-400 «Триумф»); is 'n nuwe generasie lugafweer / anti-missiel wapenstelsel wat ontwikkel is deur dieAlmaz Sentrale Ontwerp Bureau, met die doel om as opgradering van dieS-300-stelsel te dien. Die NAVO-naam isSA-21 Growler, dieGRAU-identifikasie is 48N6DM. Voorheen was die S-400 bekend as dieS-300PMU-3. Dit is 'n grootliks verbeterde S-300 stelsel, en dermate dat dit die AmerikaanseMIM-104 Patriot oorskadu.

Die S-400 kan vliegtuie, ballistiesemissiele, kruismissiele opspoor en vanaf 'n lang afstand onderskep en vernietig. Dit het die vermoë om vliegtuie met 'n klein radarspoor te identifiseer en te onderskep.

Ontwikkeling

[wysig |wysig bron]

Die S-400 ontwikkeling begin aan die einde van die jare 1990's. Die stelsel is formeel in Januarie1999 aan die publiek bekend gestel. Die eerste toetsonderskepping het byKapustin Yar in dieAstrakhan-streek vanRusland plaasgevind. Die toetse het heeltemal vlot verloop, waarna die gesagvoerders die stelsel in2001 by die Russiese lugmag operasioneel verklaar het.

Kenmerke

[wysig |wysig bron]
  • Die S-400 is ontwerp om vlieënde teikens te vernietig, maksimaal 400km vanaf die lanseerder. Dit is twee keer die reikafstand van die Amerikaanse MIM-104 Patriot anti-missielstelsel.
  • Sy ABM vermoë is wat maksimaal deur dieAnti-ballistiese Missiel Verdrag toegestaan word.
  • Daar word beplan on die radar opsporing in die toekoms te vergroot na 500 - 600km.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metS-400 Triumf.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=S-400&oldid=1976114"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp