¹ Sluit in dele vanNoorweë,Swede,Finland enRusland onderskeidelik, maar met verskillende grade van outonomie vir dieSaami bevolking.
Meerlandskap naby Jokkmokk (Swede)Wapen van die noorse LaplandWapen van die sweedse LaplandWapen van die finse Lapland
Sápmi (ook bekend asLapland) is die gebied wat tradisioneel deur dieSami bewoon word. Dit is geleë inNoord-Europa en sluit in die noordelike dele vanSkandinawië enFinland saam met die Kola-skiereiland inRusland. Slegs 'n minderheid van die Sami beoefen vandaghertboerdery.
Die gebied is histories bekend asLapland (/ˈlæplənd/), maar hierdie term word deur sommigeSamiese mense as aanstootlik beskou, wat die naam van die gebied in hul eie taal verkies, "Sápmikode: se is verouderd".[1][2]
Met die val van dieSowjetunie en groeiende internasionalisering, word samewerking oor landsgrense al hoe belangriker en bestaande gebied en nasionale grense minder belangrik. Dit geld beide vir die inheemse Sami-bevolking sowel as vir die nie-Sami en Sami-afstammeling meerderheid.
Daar bestaan 'n grens, en sommige voel dat regte (vir hert aanhou en in sommige dele selfvisvang en jag) 'n groter deel as net Sápmi behoort in te sluit. Vandag se “grens” dateer egter uit die 14-16de eeue toe grondeienaarskap konflikte plaasgevind het. Die daarstel van meer permanente behuising en groter dorpe dateer uit die 16de eeu, en is in plek gestel as gevolg van strategiese verdediging en ekonomiese oorwegings, deur beide Sami-groepe sowel as immigrante uit die suide.
Eienaarskap van grond binne die grense of lidmaatskap van 'nsiida (="samewerkingsdorpie") verskaf regte. 'n Verskillende regsopset in Swede sedert die mid-90’s gee regte aan enigiemand om in die omgewing tehengel of jag, iets wat met groot skeptisisme en ontevredenheid onder die siidas begroet is.
Hofverrigtinge was geskiedkundig algemeen en is uit die Sami-oogpunt gemik daarop om grondgebied wat vroeër deur hulle gebruik is terug te eis. Na 'n groot nederlaag in1996, het een siida 'n borgskap "Rendier Godfather" konsep in plek gestel om fondse in te samel vir verdere hofsgedinge. Hierdie "interne konflikte" is gewoonlik tussen nie-Sami grondeienaars en Rendiereienaars.
Die vraag of dieFjeld's gebied deur die regering of die Sami-bevolking besit word is nog nie beantwoord nie.
Sápmi is 'n naam in die Sami-taal en word gewoonlik in amptelike konteks gebruik om te verwys na Samiregte, terwyl die naamLapland die Afrikaanse (en Engelse) spelling is vir die SweedseLappland. DieFinse term isLappi en inNoors word na die Samigebied verwys asFinnmark. (Sápmi sluit al die grondgebiede oor al die lande in.) Die naam wat tradisioneel inLatyn gebruik is, isFenni, maar sedert die 13de eeu hetLaponia die woord vervang. Die keuse van name of woorde vir die mense en taal is besig om 'n saak vanpolitiese korrektheid te word, maar provinsies en dorpsgebiede ("counties") dra steeds die ou ("lap") name.
Lapland vertoon 'n kenmerkende semi-nasionale identiteit wat oor die grense tussenNoorweë,Swede,Finland enRusland strek. Daar is egter geen beweging vir totale onafhanklikheid nie. Die Sami Parlemente, wat in Norweë (1989), Swede (1993, en Finland (1996) tot stand gekom het, het baie min politieke invloed, ver van outonomiteit. Hulle is formeel publieke owerhede, onder die Skandinawiese en Finse regerings, maar het demokraties verkose parlementslede. Hulle doelstelling is om hulle te beywer vir die Samikultuur. Die kandidate se verkiesingsbeloftes is gereeld in konflik met die inrigtings se ondergeskiktheid ten opsigte van hulle regerings. Maar as owerhede het hulle 'n mate van invloed oor die regering. Alhoewel soortgelyk aan 'n regeringsstruktuur strewe die parlemente nasoewereiniteit.
Rusland neem nie aktief deel aan die erkenning van die Sami-minderhede nie. Swede neem aktief deel as gevolg van twee redes:
In die belang van die herkenning van die Sami-minderheid as 'ninheemse volk om hulle te onderskei van ander minderheidsgroepe;
Om die Sami-minderheid se invloed te versterk wanneer dit in konflik kom met die Europesemeerderheidsdemokrasie stelsel.
↑Anderson, Myrdene (November 1983). "The Saami People of Lapland: Four Recent Works on the Interplay of History, Ethnicity and Reindeer Pastoralism".Nomadic Peoples.14 (14):57–58.JSTOR43123201.;"The Lapp or Sami people".Yokmok. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op26 Desember 2019.At present, the Scandinavian media use no other term than Sámis. Institutions and the media use the word Sámi. The term "lapp" is considered pejorative.;"Saamis or Lapps".SURI. Besoek op26 Desember 2019.They call themselves saam´ or saam´lja (on the Kola Peninsula), sabme, sabmelas^ (pl. sabmela at). Other nations have called them Fenn (Finn) and since the 12th century, Lapp (e.g. the form Lop' appears in Old Russian Chronicles at about 1000 AD). The use of the name Saam has been propagated in Russia since the 1920s and inScandinavia within the last decades. The Saamis themselves consider the name Lapp pejorative.