Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Rutiel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rutiel
 
FormuleTiO2 
OnsuiwerhedeFe,Ta,Nb,Cr,V,Sn 
Nickel-Strunz (10)4.DB.05  
Kleurbloedrooi, buinerig geel, bruinrooi, geel, grysswart, swart, bruin, blouerig[1] 
Streepgrysswart, ligbruin, liggeel 
Glanssoos diamant, metallies 
Hardheid6 – 6,5(Mohs) 
Digtheid4,23(2) g/cm3 
Dubbelbrekingeenassig 
RI-waardes2,605/13 en 2,899/901 
Kristalsisteemtetragonaal 
RuimtegroepP4₂/mnm 
Strukturbericht-kodeC4 
Eenheidsela = 4.5937 Å, c = 2.9587 Å 
*Lys van minerale
PortaalGeologie

Rutiel is 'nmineraal metchemiese formuleTiO2.

Dis een van ses minerale met hierdie samestelling. Die bekendste ander strukture isanataas (tetragonaal) en brookiet (ortorombies). Rutiel kom voor in die hoëtemperatuur- en hoëdrukfase. Anataas transformeer na rutiel bo 730 °C. Benewens hierdie strukture is ook bekend:

  1. 'nTiO2(B)-struktuur met 'n struktuur wat naverwant aan dieVO2(B)-struktuur is.
  2. 'nTiO2(II)-polimorf wat 'n alfa-PbO2-tipe struktuur het.
  3. 'n baie metastabiele vormTiO2(H) wat 'n hollandiet-struktuur het.

Om die verskeiepolimorfe te onderskei wordX-straaldiffraksie of Ramanspektroskopie dikwels aangewend.[2]

Mynbou

[wysig |wysig bron]

Rutiel is naasilmeniet en anataas 'n belangrike bron vantitaan en word in verskeie lande soos Australië, Brasilië en ook Suid-Afrika gemyn. Die eerste verskeping van rutiel was in 1977 van die mineraalsande vanRichardsbaai in KwaZulu-Natal.[3]

Struktuur

[wysig |wysig bron]

Rutiel is die argetipe van die C4-struktuur van diestrukturbericht-klassifikasie.[4] Dit het 'n tetragonale struktuur waarin die titaankatione deur 'n oktaëder van suurstofione omring word.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • Kwarts met rutielinsluitsels
    Kwarts met rutielinsluitsels
  • Rutiel
    Rutiel
  • Rutiel
    Rutiel
Wikimedia Commons bevat media in verband metRutile.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "mindat 3486" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
  2. Rutile and its applications in earth sciencesGuido Meinhold Earth-Science Reviews 102 (2010) 1-28
  3. Surface Mining,Bruce A. Kennedy, Society for Mining, Metallurgy, and Exploration (U.S.), SME, 1990,ISBN 0-87335-102-9,ISBN 978-0-87335-102-7 bls. 255
  4. "Universität Wien" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op25 Maart 2021.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Rutiel&oldid=2625278"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp