Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Rusyn (русиньска бесїда or русиньскый язык) is 'n klein Slawiesetaal wat deur ongeveer een miljoen mense gepraat word. Dit word deur die meeste buitestaanders as 'n enkele taal met die enkeleSIL taalkode,rue beskou. Dit word egter deur sprekers self as twee tale gesien:
Karpate-Rusyn (ook bekend asRoeteens of Oetereinvëlt)
Pogings om die taal te standaardiseer word belemmer deur die verdeling in drie lande wat daartoe lei dat elk van die lande 'n eiesoortigeortografie (in al die gevalle met dieCyrilliese alfabet) en taalkundige standaard, gebaseer op die Rusyndialekte, ontwikkel het. Die kulturele sentra van Karpate-Rusyn isPrešov in Slowakye, Oezjhorod enMoekatsjewe in Oekraïne, Krynica en Legnica in Pole enBoedapest in Hongarye. Baie aktiewe Rusyne woon ook inKanada en dieVerenigde State.
Dit is baie moeilik om 'n akkurate skatting van die aantal sprekers van Roeteens te gee, maar dit word soms op byna 'n miljoen gereken, meeste van hul in Oekraïne en Slowakye. Die taal is onlangs in Slowakye as minderheidstaal erken met status asamptelike taal in munisipaliteite waar meer as 20% van die bevolking Rusyn praat.
In die inleiding van die boek "Slavic languages", geskryf in1973, tien jaar voorglasnost, skryf Samuel Bernshtein oor "westelike Oekraïne" en die skryftaal wat hulle tot onlangs (1973) gehad het.
Die Rusyn wat in die Pannoniese vlaktes of meer konkreet gestel in die noordweste vanSerwië en oostelikeKroasië gepraat word (daarom ookJoego-Slawiese-Rusyn,Vojvodina-Rusyn of Bačka-Rusyn) is nader aan dieWes-Slawiese tale, en veral aanSlowaaks. Vreemd genoeg word dit in Oekraïne as 'n Oekraïensedialek en in Slowakye, deurSlowake, as 'n Slowaakse dialek beskou, terwyl dit eintlik 'nmikrotaal gebaseer op die Oostelike Slowaakse dialekte met Oos-Slawiese superstratum of bolaag (naamlik,Russiese Kerkslawies, Russies en Ou Roeteens), gesien behoort te word. Die mengsel is 'n gevolg van die feit dat dié Rusyne na Bačka van Oostelike Slowakye getrek het in ongeveer die middel van die18de eeu, maar aangesien hulleGrieks Katoliek was, noue taalkundige en kulturele bande met die Oekraïne gehad het. Rusyn is een van die amptelike tale van die SerwieseOutonome Provinsie van Vojvodina.
Rusyne self noem hulle taal (бачваньска) руска бешеда of (бачваньски) руски язик. Hulle kulturele sentrum is Ruski Kerestur (Руски Керестур,SerwiesKrstur).
Alhoewel die aantal Pannonië-Rusyn sprekers baie minder is as dié van Karpate-Rusyn (23 286 volgens 'n Joego-Slawiese sensus van 1981), het hulle die voordeel gehad om in 'nmultinasionale staat te leef wat hulle 'n mate van minderheidsregte so vroeg as die 1970's gegee het. Daar is dus 'n geheel en al Rusynse sekondêre skool in Ruski Kerestur (met 250 skoolboeke wat tot dusver vir die skool en die laerskole gedruk is), 'n leerstoel vir Rusyn studies byNovi Sad Universiteit en gereelde televisie- en radioprogramme in Rusyn.
Die taal is gekodifiseer deur Mikola Kočia (Микола Кочиш) in Правопис руского язика ('Ortografie van Rusyn', 1971) en Ґраматика руского язика ('Grammatika van Rusyn', 1974) en word metCyrilliese letters geskryf.