Die Ou FutharkDie Nuwe FutharkDie Anglo-Saksiese Fuþark-alfabetRunes op die Vaksale runesteen nabyUppsala,SwedeDie 4,2 m lange Björketorp Runesteen in Ronneby,Swede
Dierune-alfabet ofFuþark (Þ is soos Engelse 'th' inthin uitgespraak) is die oudste bekende alfabet wat in die Germaanse lande in gebruik was. Die rune-alfabet bestaan uit letters wat hoofsaaklik saamgestel is uit regte en hoekige lyne wat maklik in steen of hout ingegraveer kon word.
Elke letter in die Rune-alfabet bestaan uit reguit strepe en stel 'n letter voor asook 'n faset van menslike ervaring en geestelike energie.
Die oorsprong van die rune-alfabet is onseker. Die oudste verwysing na 'n Rune-alfabet kom in 'n digvorm en dateer uit die 9de eeu. Een van die teorieë is geformuleer deur CJS Marstrander en M Hammarström, onderskeidelik in 1928 en 1930. Die teorie stel voor dat die Rune-alfabet ontwikkel het uit Noord Italië, binne die konteks van die Etruskiese alfabet. Die Etruskiese alfabet het ontwikkel uit die Fenisiese alfabet of uit die antieke Griekse alfabet.
Die term "Rune" beteken geheimenis of fluistering. Die oudste rune-alfabet staan bekend as die ou FUTHARK waar elke letter verwys na die eerste ses simbole in die stelsel. Die ou Futhark bestaan uit 24 rune-inskrifte in 'n spesifieke volgorde, wat verdeel is in drie groepe van agt inskrifte.
Die Armanse Futhark is van 'n suiwer esoteriese oorsprong. Die stelsel was ontwikkel deur die okkultiese visie vanGuido von List. List het daarop aangedring dat die Armense Futhark die mees oorspronklike rune-alfabet is waarvan al die ander rune-alfabette gekom het. Kenners is dit eens dat daar tans geen historiese inligting is om die afleiding te bevestig nie. Die Armanse Futhark het egter baie veld gewen onder Duitse Runemeesters en het die basis gevorm vir die praktiese toepassing wat vir die runes ontwikkel is deurS.A. Kummer voor dieTweede wêreldoorlog. Na die oorlog is dit verder ontwikkel deurKarl Spiesberger Die stelsel het 'n stoorhuis geword van okkultiese idees en het verfyn geraak as 'n baie gesofistikeerde filosofiese stelsel.
Die runes is onder die Germaanse stamme in die vroeë middeleeue gebruik vir inskrifte in steen of metaal. In Skandinawië was dit nog tot onlangs in gebruik gewees.