
NASA seRuimtependeltuig-program(Engels:Space Shuttle program) het begin in1960, en is die wêreld se eerste herbruikbare ruimtelanseerstelsel, en die eerste wat dit moontlik gemaak het om groot satelliete na en weer vanuit die aarde se laer wentelbaanruimte te neem.
Elke ruimtependeltuig is ontwerp vir 100 lanserings. Die oorspronklike doelwit van die program was om goedere na 'nruimtestasie te vervoer. In realiteit was die ruimtependeltuig dieVerenigde State se enigste bemande tuig en het NASA se bedrywighede totaal gedomineer sedert die middel1970. Met die konstruksie van dieInternasionale Ruimtestasie(Engels: International Space Station) is die ruimtependeltuig vir die eerste keer gebruik vir sy aanvanklike doel.
Met die laaste vlug vanAtlantis op 21 Julie 2011 is NASA se ruimtependeltuie buite bedryf gestel. Die Verenigde State maak sedertdien gebruik van RussieseSojoes-ruimtetuie om astronaute na die Internasionale Ruimtestasie te vervoer, terwyl die eerste vlugte van twee nuwe NASA-programme, dieCommercial Crew Development en dieSpace Launch System, vir respektiewelik 2019 en 2020 beplan word.
