Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Britse Lugmag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafRoyal Air Force)
Britse Lugmag
Gestig1 April1918
LandVerenigde Koninkryk
Onderdeel vanBritse Gewapende Magte
TipeLugmag
Logo
VaandelVaandel van die Britse Lugmag
Rondeel
HoofkwartierMoD Main Building, Whitehall
Aantal lede33 200 aktief en 1 940 RAuxAF
3 300 Reserwepersoneel
606 vliegtuie (Verdere 135 bestel)[1]
MarsRoyal Air Force March Past
VeldslaeEerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
DieSopwith Camel was die vernaamste Britse vliegtuig in die Eerste Wêreldoorlog. Daar is meer as 20 000 van die vliegtuie gebou.

DieKoninklike Britse Lugmag (Engels:Royal Air Force, afgekortRAF) is dielugmag van dieVerenigde Koninkryk. Die lugmag is in 1918 gestig[2] deur die samesmelting van die Koninklike Vliegkorps en dieBritse Vloot se lugdiens. Dit is die oudste lugmag ter wêreld.[3] Die eerste hoof van die Britse Lugmag was Hugh Trenchard.

Die Britse Lugmag beskik oor verskeie basisse oor die wêreld, insluitende in dieVerenigde Koninkryk,Falkland-eilande,Siprus enGibraltar. Hierdie basisse het gewoonlik 'n voorvoegsel 'RAF' wat staan vir "Royal Air Force". Voorbeelde van hierdie basisse is:RAF Lossiemouth inSkotland,RAF Valley inWallis,RAF Aldergrove inNoord-Ierland enRAF Linton-on Ouse inEngeland.

Die Britse Lugmag beskik oor moderne vliegtuie soos dieEurofighter Typhoon,Panavia Tornado en dieBAE Hawk. DieHawk word gebruik om vlieëniers van snelbewegende vliegtuie op te lei.

Fotogalery van die lugmag se moderne vliegtuie

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "World Air Forces"(PDF) (in Engels). Flight International. 2014.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op4 September 2014.
  2. "RAF Timeline 1918–1929". Royal Air Force. 2011. Besoek op20 April 2011.
  3. "World War I". Royal Air Force. 2011. Besoek op20 April 2011.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metRoyal Air Force.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Britse_Lugmag&oldid=2538576"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp