Roskilde (Deens: [ˈʁʌskilə]) is 'n stad op dieDeense eilandSeeland, wat aan die gelyknamige fjord en ongeveer 30 kilometer vanKopenhagen af lê. Roskilde is 'n antieke stad en was die hoofstad van Denemarke tot ongeveer 1400 toe Kopenhagen die rol oorgeneem het. Die Roskildestasie is 'n belangrike stasie tussen Kopenhagen en die res van die land wes van die hoofstad. Deels as gevolg hiervan is die stad die ekonomiese sentrum van die streek met 'n sentrale loopstraat (gågade) met 'n groot verskeidenheid winkels, restaurante en kafees wat deur die middel van die stad loop. Verskeie besienswaardighede trek toeriste van oral in Denemarke en die res van die wêreld. Roskilde is die grootste stad van dieadministratiewe streekSjælland, maar nie die hoofstad nie; dit isSorø.
Die domkerk van Roskilde
Roskilde is in 998 gestig. Die stadsnaam is glo afgelei vanRoars Kilde wat "Roarsfontein" beteken. Hrothgar is een van die legendariese Deense monarge.[1] Tot met die Deense hervorming in 1536 was die stad die setel van diebiskop van Seeland en tot 1443 ookhoofstad van Denemarke. In 1658 is dieVrede van Roskilde, waarin Denemarke aansienlike toegewings totSwede moes maak, hier gesluit. In 1972 het Roskilde ook 'n Universiteitstad geword. Die domkerk van Roskilde is van die bekendste besienswaardighede en behoort aan dieDeense Volkskerk. Dit dien as grafkelder van die Deense monarge. Daarbenewens is Roskilde veral vir die jaarlikse musiekfees bekend.