Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Rooimoeraskreef

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Procambarus clarkii
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
P. clarkii
Binomiale naam
Procambarus clarkii
(Girard, 1852)[2]

Dierooimoeraskreef (Procambarus clarkii) is 'n varswaterkreef wat inheems is aan noordelikeMexico en suidelike dele vanAmerika. Die kreef is egter deur troeteldierhandel en akwakultuur oor diewêreld heen versprei en 'n indringerspesie in baie lande geword waar dit inheemse waterspesies en -habitatte vernietig.

Suid-Afrika

[wysig |wysig bron]

Die kreef is reeds die eerste keer in Oktober 2017 inWelkom in 'n swembad gekry. Na 'n wenk is 'n groot bevolking in Junie 2018 in 'n dam buite Welkom gevind wat deur dieUniversiteit van die Vrystaat se Prof. Linda Basson as sodanig geidentifiseer is. Die kreef is die draer van 'n dodelike siekte wat reeds inheemse krewe inEuropa uitgewis het.Afrika het geen varswaterspesies nie.

Die Departement van Omgewingsake en die Vrystaatse departement van ekonomiese kleinsakeontwikkeling, toerisme en ongewingsake werk nou saam met die plaaslike en distriksmunisipaliteite om die kreef uit roei en die verspreiding daarvan te keer. Die Departement sê die rooimoeraskreef is 'n aggressiewe akwatiese indringerspesie en dit kan in koel weer tot 17 km ver loop na waterbronne. Die departement sê ook die kreef grou tonnels en kan só skade aan damme en besproeingskanale aanrig.

Die rooimoeraskreef word gelys as 'n verbode varswaterspesie en mag glad nie in die land aangehou word nie.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bron

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. K. A. Crandall (2010)."Procambarus clarkii".The IUCN Red List of Threatened Species.2010.IUCN: e.T153877A4557336.doi:10.2305/IUCN.UK.2010-3.RLTS.T153877A4557336.en. Besoek op9 Januarie 2018.
  2. C. Girard (1852). "A revision of the North American astaci, with observations on their habits and geographic distribution".Proceedings of the Academy of Natural Sciences of Philadelphia.6:87–91.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Rooimoeraskreef&oldid=1756561"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp