Die uiteenlopendeordeCarnivora (vanLatyncarō (stamcarn-) "vleis", +vorāre "verslind") sluit meer as 260 spesiessoogdiere in. Die diere word gewoonlikroofdiere genoem en is die mees uiteenlopendeorde van die soogdier wat grootte betref – van diewesel (Mustela nivalis) wat so klein as 25 g en 11 cm kan wees, tot dieysbeer (Ursus maritimus), wat tot 1 000 kg kan weeg en diesuidelike see-olifant (Mirounga leonina), waarvan die mannetjies tot 5 000 kg kan weeg en 6,9 m lank kan wees.
Die meeste roofdiere eet vleis, hoewel sommigeomnivore en ander plantetend is.
"Predator" (uitspraak: pre-DA-tor) of die meervoud, "predatore" kan ook gebruik ipv "roofdier", maar dit word afgeraai omdat dit baieanglisisties is.
Die vernaamste onderskeid binne die ordeCarnivora word getref tussen die landlewende roofdiere (subordeFissipedia) en die seelewende roofdiere (subordePinnipedia). Daar word egter algemeen aanvaar dat die seelewende roofdiere van vroeëre landlewende roofdiere afstam.
Daar is byvoorbeeld deur navorsing vasgestel dat daar tussen die bloedserum van veral die bere(familie Ursidae) en die subordePinnipedia 'n groot ooreenkoms is. Ook die feit dat die kleintjies van seeroofdiere op land gebore word, is moontlik 'n aanduiding daarvan dat die seeroofdiere van landroofdiere afstam.
Diefossiele wat tot dusver gevind is, dui daarop dat diehondagtiges (familieCanidae) waarskynlik inAmerika ontstaan het, terwyl diemarteragtiges (familieMustelidae) en die beeragtiges (familieUrsidae) in dieOu Wêreld ontstaan het. Oor die indeling van roofdiere in families en superfamilies bestaan nog heelwat meningsverskil.
Die aantal molare (kiestande) enpremolare (vals kiestande) in die kake van verskillende roofdierspesies verskil, maar byna alle roofdiere het 3 snytande en 1 goed ontwikkelde oogtand (slagtand) in elke kaakhelfte. Die vergrote oogtande dien as wapen en om prooi mee vas te hou.
Die aantal premolare wissel van 4 tot 2 in elke kaakhelfte en die molare van 2 bo en 3 onder tot 1 bo en onder. Die laaste premolaar van die bokaak en die eerste molaar van die onderkaak is dikwels vergroot, met skerp snyvlakke wat teen mekaar pas, en is as die skeurtande bekend. Hulle word gebruik om vleis mee te skeur. Sommige roofdiere eet ook plantaardige materiaal en by veral daardie roofdiere is die molare goed ontwikkel.
Die kake van roofdiere kan egter slegs op en af beweeg en hulle is dus nie daartoe in staat om werklik te kou nie. Roofdiere het geen sleutelbeen nie, waardeur die voorste ledemate baie beweeglik is. Die meeste roofdiere is toongangers (slegs hul tone maak kontak met die grond wanneer hulle loop), maar soorte soos die bere is soolgangers (die hele voetsool maak kontak met die grond). Soorte soos die sivetkat (Viverra civetta, in werklikheid nie ʼn kat nie) is halfsoolgangers.
Die sintuie van alle roofdiere is baie goed ontwikkel. Sommige soorte maak veral op hul gesigsvermoë staat, terwyl ander veral op hul reuk- of hoorvermoë staatmaak om hul prooi te vang. Die meeste roofdiere leef, soos die naam aandui, van ander diere, maar sommige kan ekologies as alleseters geklassifiseer word, terwyl die pandas vanAsië enAustralië planteters is. Heelparty roofdiere is ook aaseters. Leeus is byvoorbeeld normaalweg hoofsaaklik predatore en gevlektehiënas aasdiere, maar in sommige gevalle is die hiënas hoofsaaklik predatore en die leeus aasdiere.
By roofdiere word 'n groot verskeidenheid jagmetodes aangetref wat ten nouste gekoppel is aan die vorm van die ledemate, die vorm van die kloue en die samestelling van die gebit. Die meeste roofdiere jag alleen en vang hul prooi deur dit te verras. In enkele gevalle word die prooi uitgegrawe. Die algemene jagtegniek van die sosiale hondagtiges soos die wolwe en die wildehonde bestaan daaruit dat die prooi agtervolg, van die res van sy trop geskei en uiteindelik gevang word wanneer dit van uitputting, nie verder kan hardloop nie.
Ookjagluiperd (Acinonyx jubatus) jaag hul prooi, maar meestal nie in 'n groep nie. Die meeste ander katagtiges bekruip hul prooi en verras hulle dan met 'n kort storm loop. Die intrekbare kloue word dikwels in die uiteindelike aanval gebruik. Dieleeu (Panthera leo) is die enigstekatagtige wat in groepe jag. Sulke groepe omsingel dikwels ʼn kudde prooidiere en enkeles bekruip en bestorm dan die prooidier. In ander gevalle dryf 'n groep leeus hul prooi wind af na waar ʼn ander leeu of 'n paar leeus le en wag, en laasgenoemde doen dan die vangwerk.
In byna alle gevalle word die werklike vang van die prooidier deur die wyfies gedoen. By baie van die roofdiere kom die mannetjies en die wyfies slegs gedurende die paarseisoen bymekaar en leef hulle die res van die tyd alleen. By soorte soos die wolwe kom blywende paarvorming egter wel voor, terwyl die mannetjies en die wyfies van soorte soosjakkalse enwildehonde ook dikwels meer as een seisoen bymekaar bly. Die kleintjies van roofdiere word meestal blind gebore en bly geruime tyd in dienes voordat hulle dit verlaat. Die wyfie bly meestal by die kleintjies totdat hulle selfstandig kan jag, en soms nog langer. Tierwyfies bly meer as 18 maande by hul kleintjies.
Die Carnivora is een van die ses soogdierordes van dieLaurasiatheria en die Pholidota (dieietermagog) is naverwant binne hierdie groep. Die verwantskap binne die Carnivora is geneties moeilik presies te bepaal omdat daar kort periodes gewees het waarin groot veranderings in dieDNS plaasgevind het. Hierdie effek wordIncomplete Lineage Sorting (ILS) genoem. Veral binne die Musteloidea is dit 'n probleem. Volgens Doronina et al. moet die stamboom ongeveer so uitgesien hê:[1]