Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ronald Reagan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ronald Wilson Reagan
40ste President van die Verenigde State
Ampstermyn20 Januarie1981 -20 Januarie1989
VoorgangerJimmy Carter
OpvolgerGeorge H.W. Bush
Geboortedatum6 Februarie1911
GeboorteplekTampico,Illinois
Sterftedatum5 Junie 2004 (op 93)
SterfteplekLos Angeles,Kalifornië
Eerste DameNancy Reagan
Politieke partyRepublikein
VisepresidentGeorge H.W. Bush
Handtekening
Wapen van Ronald Reagan
Margaret Thatcher en Reagan in 1986 inCamp David

Ronald Wilson Reagan (6 Februarie19115 Junie2004) was die 40stePresident van die Verenigde State van Amerika (1981–1989) en die 33ste Goewerneur vanKalifornië (1967–1975). Reagan is inIllinois gebore, waar hy grootgeword het voor hy in die 1930's na Kalifornië verhuis het. Daar het hy 'n akteur geword asook die president van dieScreen Actors Guild en ook 'n woordvoerder van die Amerikaanse maatskappy, General Electric. Alhoewel hy aanvanklik dieDemokratiese Party ondersteun het, het hy in 1962 'n lid van dieRepublikeinse Party geword. Ná sy bekende toespraak, "A Time for Choosing", was hy oorreed om deel te neem as 'n kandidaat vir die verkiesingveldtog vir Goewerneur van Kalifornië: 'n posisie wat hy in 1966 vir die eerste keer beklee het. Na hy twee termyne as goewerneur gedien het, het hy twee keer as kandidaat vir die President van die Verenigde State gestaan. Die eerste keer, in 1976, was hy onsuksesvol, maar hy het die verkiesing van 1980 gewen en is ingehuldig as president.

Presidentskap

[wysig |wysig bron]

Reagan het sy presidentskap begin deur 'n ekonomiese beleid voor te stel wat later bekend gestaan het as "Reaganomics". Onder die beleid was belasting verlaag met die hoop om belegging aan te moedig en sodoende werkgeleenthede te skep en hoër winste en omsette te behaal. Na hy 'n sluipmoordpoging oorleef het in sy eerste termyn en die VSA 'n tydperk van ekonomiese groei ervaar het,[1] was hy herkies deur die oorgrote meerderheid van die bevolking in 1984. Sy administrasie het egter gou 'n aantal skandale beleef, waaronder die bekendeIran-Contra-skandaal.

Reagan het ook sy beleid vanpeace through strength ("vrede deur sterkte") ingestel, tydens dieKoue Oorlog teen dieSowjetunie. In plaas daarvan om 'n middeweg te soek het hy ReaganKommunisme gekonfronteer deur die USSR as 'n "bose ryk" voor te stel en deur anti-Kommunistiese bewegings die wêreld oor te ondersteun.[2] Reagan het ook met die SowjetpresidentMichail Gorbatsjof onderhandel om beide lande se arsenale van kernwapens te verklein, om sodoende 'n vreedsame einde aan die Koue Oorlog te bring.[3]

Siekte en sterfte

[wysig |wysig bron]

In 1994, vyf jaar na sy presidentskap, het Reagan aangekondig dat hy met dieAlzheimersiekte gediagnoseer is. Hy het 10 jaar later in die ouderdom van 93 gesterf.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • Richard Aldous:Reagan and Thatcher. The Difficult Relationship. Arrow, London 2009,ISBN 978-0-09-192608-3.
  • Melvyn P. Leffler:For the Soul of Mankind: The United States, the Soviet Union and the Cold War. Hill and Wang, New York 2007

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Taxes and Long-Term Economic Growth" (in Engels). United States Congress. Februarie 1997. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 3 November 1999. Besoek op26 Junie 2007.
  2. Carpenter, Ted Galen (24 Junie 1986)."U.S. Aid to Anti-Communist Rebels: The 'Reagan Doctrine' and Its Pitfalls". Cato Institute. Besoek op29 Maart 2007.
  3. Appleby, Joyce; Brinkley, Alan; McPherson, James M. (2003).The American Journey. Woodland Hills, California: Glencoe/McGraw-Hill. pp. 924–926.ISBN 0078241294.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
  1. George Washington (1789–1797)
  2. John Adams (1797–1801)
  3. Thomas Jefferson (1801–1809)
  4. James Madison (1809–1817)
  5. James Monroe (1817–1825)
  6. John Quincy Adams (1825–1829)
  7. Andrew Jackson (1829–1837)
  8. Martin Van Buren (1837–1841)
  9. William Henry Harrison (1841)
  10. John Tyler (1841–1845)
  11. James K. Polk (1845–1849)
  12. Zachary Taylor (1849–1850)
  13. Millard Fillmore (1850–1853)
  14. Franklin Pierce (1853–1857)
  15. James Buchanan (1857–1861)
  16. Abraham Lincoln (1861–1865)
  17. Andrew Johnson (1865–1869)
  18. Ulysses S. Grant (1869–1877)
  19. Rutherford B. Hayes (1877–1881)
  20. James Garfield (1881)
  21. Chester A. Arthur (1881–1885)
  22. Grover Cleveland (1885–1889)
  23. Benjamin Harrison (1889–1893)
  24. Grover Cleveland (1893–1897)
  25. William McKinley (1897–1901)
  26. Theodore Roosevelt (1901–1909)
  27. William Howard Taft (1909–1913)
  28. Woodrow Wilson (1913–1921)
  29. Warren G. Harding (1921–1923)
  30. Calvin Coolidge (1923–1929)
  31. Herbert Hoover (1929–1933)
  32. Franklin D. Roosevelt (1933–1945)
  33. Harry S. Truman (1945–1953)
  34. Dwight D. Eisenhower (1953–1961)
  35. John F. Kennedy (1961–1963)
  36. Lyndon B. Johnson (1963–1969)
  37. Richard Nixon (1969–1974)
  38. Gerald Ford (1974–1977)
  39. Jimmy Carter (1977–1981)
  40. Ronald Reagan (1981–1989)
  41. George H.W. Bush (1989–1993)
  42. Bill Clinton (1993–2001)
  43. George W. Bush (2001–2009)
  44. Barack Obama (2009–2017)
  45. Donald Trump (2017–2021)
  46. Joe Biden (2021–2025)
  47. Donald Trump (2025–)
Seël van die President van die Verenigde State van Amerika
1927–1950
1951–1975
1976–2000
2001–hede
Internasionaal
Nasionaal
Akademie
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ronald_Reagan&oldid=2842444"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp