Rome (Latyn enItaliaans:Roma, [ˈroːma],luister(hulp·inligting)) is diehoofstad vanItalië en die Italiaanse streekLatium (Italiaans:Lazio). Rome is in westelike Sentraal-Italië aan dieTiberrivier en naby dieTirreense See geleë. Met 'n oppervlakte van 1 285 km² en 'n bevolking van sowat drie miljoen binne die stadsgrense en vier miljoen in die agglomerasie is Rome die grootste stedelike nedersetting in Italië. Dieenklawe van dieVatikaanstad is in die noordweste van die stadsgebied geleë.
DieForum Romanum, middelpunt van antieke RomeVia dei Fori Imperiali, 'n straat langs die Forum Romanum en die Keiserlike Forums, word opNuwejaarsdag 'n voetgangerlaanBoukuns van die Hoë Renaissance: Die Palazzo Farnese, oorspronklik tussen 1514 en 1589 opgerig vir die adellike Farnese-familie, word as een van die mees volmaakte voorbeelde van wêreldlike Renaissance-argitektuur beskou. Dit huisves tans die Franse ambassadeDie Palazzo della Civiltà Italiana (ook bekend as Colosseo Quadrato) in dieQuartiere XXXII – Europa is oorspronklik volgens die beginsels van 'n destydse stroming binne die Italiaanse argitektuur, dierazionalismo italiano, ontwerp en gebou vir die beplandeWêreldtentoonstelling van 1942. Sedert 2015 dien dit as nuwe hoofkwartier van die mode-etiket Fendi te Rome. Die openingsplegtigheid is deur FENDI5, die vyf legendariese Fendi-susters, en modetsaarKarl Lagerfeld bygewoon[1][2]
Rome se huidige stadsbeeld is oor 'n tydperk van sowat 3 000 jaar gevorm, met antieke Romeinseruïnes soos dieColosseum enForum Romanum, asook enkele geboue wat bewaar gebly het soos diePanteon, as stomme getuies van die stad se goue tydperk ascaput mundi, die hoofstad van die wêreld, en administratiewe sentrum van die magtigste ryk wat ooit in Europa ontstaan het. 'n Ryk argitektoniese erfenis is aan Rome se latere funksie as setel van dieRooms-Katolieke Kerk te danke. Antieke en sakrale boukuns word aangevul deur 'n groot verskeidenheid wêreldlike geboue uit latere styltydperke soosRenaissance en barok, waaronder kunsvolle piazza's (openbare pleine) en fonteine. Die historiese sentrum (centro storico) is in 1980 deurUnesco aswêrelderfenisgebied gelys.
Die Romeinse digterAlbius Tibullius (55 v.C. − 18/19 v.C.) het in die1ste eeu v.C. vir die eerste keer na Rome as die "Ewige stad" verwys. Hierdie beskrywing word vanweë die stad se lang geskiedenis en sy belangrikheid as hoofstad van 'n wêreldryk en latere middelpunt van dieChristendom steeds as by- en erenaam vir Rome gebruik.
Rome het in sy lang geskiedenis as hoostad van die Romeinse Koninkryk, die Romeinse Republiek en die Romeinse Keiserryk gedien. Sedert die 1ste eeu n.C. was die stad die setel van die pous en tussen die 8ste en 10de eeu die administratiewe sentrum van die Pouslike State. In 1871 het dit die hoofstad van die nuut verenigde Italiaanse eenheidstaat en in 1936 die administratiewe setel vanBenito Mussolini se kortstondige Italiaanse Ryk geword. Rome het sodoende steeds die funksie van 'n godsdienstige en politieke spilpunt vervul. Dit huisves vandag die groot gesentraliseerde Italiaanse staatsadministrasie – en 'n rekordgetal ambassades danksy die Vatikaanstad se status as selfstandige politieke entiteit.
Vir die grootste deel van sy geskiedenis het Rome sy groot bevolking aan sy status as politieke hoofstad te danke gehad. Met 'n bevolking, wat deur historici en argeoloë vanaf die einde van die Romeinse Republiek tot in die Hoë Keisertyd, op meer as 'n miljoen beraam word (enkele historici en argeoloë het 'n bevolkingsgetal van 1,6 miljoen bereken),[3] was dit een van die grootste voorindustriële stedelike nedersettings op aarde – 'n status wat ondenkbaar sou gewees het sonder die oorvloed graan- en ander landbouinvoere asook die rykdomme wat die stad uit ander ryksdele binnegestroom het. As mens in gedagte hou dat die antieke Romeinse stadsgebied net 'n gedeelte van die oppervlakte vanParys binne sy historiese stadsgrense beslaan het en sowat die helfte daarvan deur openbare geboue en ander nie-bewoonde strukture of ruimtes ingeneem is, was antieke Rome 'n stad met 'n buitengewoon hoë bevolkingsdigtheid.
Met keiserKonstantyn die Grote se uitbou vanKonstantinopel as nuwe keiserlike setel en Rykshoofstad vanaf 330 n.C., asook die krisis en ontbinding van die Ryk in die5de eeu was vir Rome 'n politieke en ekonomiese afskaling verbonde wat sy bevolking gaandeweg van 'n geskatte 1,6 miljoen tot 50 000 laat daal het.[4] Die laaste groot bouprojekte is in die 4de eeu voltooi. In sy laat fase is herstelwerk en onderhoud van bestaande infrastruktuur gestaak of tot 'n minimum beperk.
Nogtans het Rome geen spookstad geword soos ander antieke Romeinse nedersettings nie. Danksy die primaat van die biskop het Rome as setel van die Rooms-Katolieke Kerk gedurende dieMiddeleeue 'n nuwe geestelike en politieke status bereik. So was dit 'n belangrike bestemming vir pelgrims. Vanaf dieRenaissance-tydperk het die Kerk met 'n ambisieuse bouprogram begin wat sy hoogtepunt in die tyd van die Teenreformasie bereik het. DieKatolieke Kerk, wat aanspraak daarop gemaak het om die alleen-saligmakende instelling te wees, het moeite gedoen om dié status met argitektoniese glans en glorie te bevestig.
Rome word tans weer onder die wêreld se globale stede gereken en is danksy sy kunsskatte die mees besoekte stad in Italië asook die derde gewildste stedelike toeristebestemming in dieEuropese Unie. Naas die Italiaanse regering en parlement, die regerings van die administratiewe streek Lazio en die Metropolitane StadRoma Capitale asook 'n groot verskeidenheid nasionale instellings, het 'n aantal spesiale agentskappe van die Verenigde Nasies hul setel in Rome, soos die FAO (Voedsel- en Landbou-organisasie), die WFP (Wêreldvoedselprogram) en die IFAD (Internasionale Fonds vir Landbou-ontwikkeling).
Belangrike internasionale ondernemings het hulle hoofkwartiere in die Italiaanse hoofstad, waaronder Eni, Enel, TIM en Leonardo S.p.A. asook banke soos Unicredit en BNL. Rome semode-, ontwerp- en rolprentbedrywe is internasionale rolspelers van formaat. In Rome se Cinecittà-filmateljees is 'n verskeidenheid rolprente vervaardig wat metOscars bekroon is.
DieOasi Urbana del Tevere is 'n rustige groen stedelike oase van sowat 50 hektaar langs die Tiber-rivierloop, geleë tussen die brûe Ponte Risorgimento en Ponte Matteotti in die noordelike stadsdeel Flaminio[5]
Rome is in die Sentraal-Italiaanse administratiewe streek Lazio (Latium) geleë waar dit provinsiale status het as Metropolitaanse stad. Volgens sy oppervlakte en bevolking is Rome by verre die grootste stad in die land. Die uitbreiding van die stadsgebied na die onmiddellike omgewing, dieCampagna Romana of kortCampagna, het uitgestrekte voorstedelike sones laat ontstaan sodat die historiese middestad nog slegs sowat vier persent van die totale oppervlakte beslaan – alhoewel Rome gedurende 90 persent van sy geskiedenis slegs uit hierdie historiese kernstad bestaan het.
As administratiewe eenheid strek die Metropolitane Stad Rome tot die Tirreense Seekus:Spiaggia di Capocotta (Capocotta-strand) in die natuurbewaringsgebiedRiserva Naturale Litorale Romano naby Ostia
Rome se geskiedenis en ekonomie is deur drie waterliggame bepaal – die Tiberrivier, wat in suidelike rigting met kronkels deur die stadsgebied vloei; die Aniene-rivier, wat in die noordelike stadsdeel Parioli in die Tiber uitmond; en die Tirreense See. Terwyl Ostia in die antieke tydperk as Rome se in- en uitvoerhawe gedien het, is die middestad net sowat 20 km van die kus af geleë. Die golwende heuwels in Rome se onmiddellike omgewing bereik hoogtes van iets meer as 100 meter, terwyl die stadsgebied 'n gemiddelde hoogte van 37 m bo seevlak het. Rome en sy omgewing word deur hoër bergreekse omsluit wat iets verder af geleë is – die Abruzze in die ooste, die Sabynse Berge in die noordooste en die Albaanse Heuwels (soms ook Albaanse Berge genoem) in die suidooste.
Die Metropolitaanse stad Rome grens in die noorde aan die provinsies Viterbo en Rieti, in die ooste aan L’Aquila (in die administratiewe streek Abruzze) en in die suide aan die provinsies Frosinone en Latina.
Campagna di Roma: The Alexandrine Aqueducts deur Edward Lear (1812−1888) Olie op doek, 1860
Die termAgro Romano (Latyn:Ager Romanus) het in die loop van tyd verskillende betekenisse gekry en meestal verwys na die onmiddellike omgewing van Rome, veral die Tiber-riviervlakte. Deesdae noem inheemses die buitewyke van Rome, wat dikwels nog 'n sterk landelike karakter het,Agro Romano. Ook die aangrensende munisipaliteite Ardea, Fiumicino en Pomezia word hierby ingesluit.
Ondanks die vinnige verstedelikingsproses sedert die laat 19de eeu het uitgestrekte landbougebiede binne die kringpadAutostrada A90 bewaar gebly. Met 'n totale oppervlakte van 517 km² of sowat veertig persent van die stadsgebied maak hulle van Rome die grootste landboumunisipaliteit in Europa.[6]
'n Ander geografiese term,Campagna Romana of kortCampagna (wat nie metCampania ofKampanië verwar moet word nie), verwys na die heuwelagtige gebied rondom Rome, geleë tussen die Tirreense See en die Appenyne. Dikwels word die term gebruik vir 'n gebied tussen Rome, die Albaanse Heuwels en die Sabynse Berge waar in die antieke tydperk die Romeinse grootpad Via Appia ontstaan het. Omdat die Romeinse owerheid begrafnisse binne die stadsgebied om higiëniese redes verbied het, het begraafplase met grafmonumente langs hierdie grootpad ontstaan. 'n Tweede argitektoniese erfenis uit die antieke tydperk is die ruïnes van akwedukte. Landskapskilders voel al eeue lank aangetrokke tot hierdie landskap.
Volgens 'n bekende legende is Rome op21 April753 v.C. deurRomulus gestig. Romulus het sy tweelingbroer,Remus, vermoor.Romulus en Remus is, volgens die legende, deur 'nwolvin grootgemaak, en Romulus het ook later die eerstekoning van Rome geword.
Sarkofaag in die 5de eeuse kerk Santa Maria Antiqua, Forum Romanum
21ste eeuse Rome is 'n stad waar die getal oorledenes dié van sy lewende inwoners by verre oortref. Die laaste rusplekke van gestorwenes word orals in die stad aangetref – as romantiese groen begraafplase, onder die vloere van Christelike basilieke, langs die mure van kerkgeboue, in die eindelose galerye van ondergrondse katakombes of, buite die antieke stadsgrense, in antieke nekropolisse en langs Romeinse paaie waar hulle grafmonumente deur reisigers waargeneem kon word. Antieke Romeine het net 'n vae idee gehad oor dít wat hulle moontlik ná hul aardse lewe sou verwag. Die verlange namemoria, om deur die lewendes onthou te word, was die dryfkrag agter die oprigting van indrukwekkende grafmonumente langs hoofpaaie.
Wat die vroegste Romeine betref, inwoners uit die Bronstydperk wat hulle omstreeks 1000 v.C., eeue voor die beweerde tydperk van Romus en Remulus, op Rome se heuwels gevestig het, is begrafnistradisies die enigste spoor wat hulle gelaat het om deur argeoloë en historici gerekonstrueer te word. Urne vir die as van afgestorwenes uit hierdie gemeenskappe, watgekremeer is, is onder die latere Forum Romanum begrawe – verseël in erdekruike. Sommige van hierdie urns is ontwerp soos die eenvoudige hutte of hartbeeshuisies wat deur die eerste Romeine bewoon is. Klein figuurtjies, wat die oorledenes uitbeeld, is as grafgifte daarin gevind, net soos miniatuurpotte met klein hoeveelhede kos.
Met die oorgang na die Ystertydperk, omstreeks 900 v.C., het begrafnistradisies begin verander en kom steeds meer teraardebestellings voor – moontlik omdat die bevolking merkbaar gegroei het en brandhout vir verassings al hoe meer skaars geword het. Krygers was die laaste groep oorledenes wat nog gekremeer en saam met klein modelle van hul wapens begrawe is.
Besuinigings, wat jare lank op munisipale owerheidsuitgawes toegepas is, het in die vroeë 21ste eeu daartoe gelei dat groot Italiaanse metropole soos Rome, Napels en Turyn begin sukkel het om nodige munisipale dienste te lewer. In Rome word padverkeer deur sowat 10 000 slaggate belemmer, terwyl nuusberigte oor die ontploffing van tientalle munisipale busse sedert 2016 (meestal as gevolg van kortsluitings) en die ineenstorting van 'n roltrap in die Repubblica-moltreinstasie op 23 Oktober 2018, waardeur tientalle mense beseer is, internasionale aandag getrek het. Net soos in Napels bly vullisverwydering 'n uitdaging nadat 'n belangrike stedelike stortterrein in 2013 gesluit is.[7][8]
Die kerk Sant'Ivo alla Sapienza op die kampus van La SapienzaThe British School at Rome
Rome is 'n opvoedkundige sentrum in Italië met vier openbare en een privaat universiteit, naas meerdere Rooms-Katolieke instellings wat deur die Heilige Stoel en geestelike ordes bedryf word. DieUniversiteit van Rome (Sapienza Università di Roma), gestig in 1303, is die grootste universiteit in Italië en Europa asook een van die grootste tersiêre instellings ter wêreld, met sowat 112 000 studente, 4 000 dosente en 4 000 ander personeellede, elf fakulteite, 59 departemente, twee akademiese hospitale, 54 biblioteke, 18 musea en een aanlyn-universiteit.[9] La Sapienza, wat in 2018 ook 34 BA- en Meestersgraad-programme in Engels aangebied het, is 'n wêreldleier in klassieke studies.[10] Die twee ander openbare universiteite is Vergata en Roma Tre.
DieUniversità degli Studi di Roma Tor Vergata is in 1982 in die suidooste van Rome gestig. Hier is meer as 38 000 studente ingeskryf, terwyl die universiteit meer as 1 800 mederwerkers in diens het. DieUniversità degli Studi Roma Tre het sy hoofkampus in die stadsdeel Ostiense waar dit in 1992 as derde openbare hoëronderwys-instelling in Rome gevestig is. Met meer as 35 000 studente, 1 300 akademiese en profesionele personeellede, agt skole en elf departemente is dit die derde grootste universiteit in die hoofstad volgens die getal ingeskrewe studente. Die openbareUniversità degli Studi di Roma “Foro Italico” - Università di Roma IV het sy kampus in die sportkompleks Foro Italico in die noorde van Rome en fokus uitsluitlik op sportwetenskappe. Roma IV is die enigste instelling van sy soort in Italië met meer as 2 000 studente.
Engelsmedium-universiteite
Die Amerikaanse Universiteit (American University of Rome, AUR), 'n privaat instelling, is in die stadsdeel Trastevere geleë en vier in 2019 sy 50ste jubileum. Met sowat 600 studente uit 'n vyftigtal lande is dit een van die kleiner hoëronderwys-instellings in Rome, net soos sy suster-universiteitJohn Cabot University (JCU) met tans sowat 700 studente. JCU is in 1972 as onafhanklike Amerikaanse Engelsmedium-universiteit met drie kampusse langs die Tiberrivier in die historiese middestad gevestig.[11]
British School at Rome
DieBritish School at Rome (BSR) is 'n Britseinterdissiplinêre navorsingsinstelling wat op argeologie, literatuur- en musiekwetenskap, Romeinse en Italiaanse geskiedenis, die Skone Kunste en argitektuur fokus. Dit word befonds deur dieBritish Academy.
Die BSR is in 1901 gestig en tans een van talle internasionale navorsingsinstellings in die Italiaanse hoofstad wat navorsing doen oor die antieke tydperk en klassieke argeologie. Sy huidige hoofkwartier by die Valle Giulia in die Parioli-buurt is deur die befaamde Britse argitekEdwin Lutyens ontwerp. Die gebou het sy oorsprong in die Britse pawiljoen wat ter geleentheid van die internasionale kunsuitstallingEsposizione internazionale d'arte in 1911 ontstaan het.
Net soos in ander groot Europese metropole soosLonden (waar die Middeleeuse straatrooster in die middestad bewaar gebly het) is die beperking van toegang tot die middestad vir privaat motorvervoer een van die oplossings vir Rome se verkeersprobleme. Toegang tot die sentrale sone met beperkings vir privaat motors (Zona a traffico limitato, kort ZTL) op werkdae tussen 6 uur soggens en 6 ses uur saans word elektronies beheer
Net in soos ander groot metropole bestaan Rome se padnetwerk uit 'n kringpad, dieAutostrada A90, en sekondêre paaie wat straalvormig aangelê is. Die grootste struikelblokke vir motorvervoer is die gebrek aan enige snelpad na die middestad en die historiese netwerk van nou straatjies in die middestad wat eeue gelede ontstaan het en glad nie geskik is vir Rome se huidige druk verkeer nie. Om sake verder te bemoeilik, is daar in Rome vier spitsure omrede baie Romeine verkies om tydens hul middagpouse tuis toe te ry. Sodoende isverkeersopeenhopings aan die orde van die dag. Die gepaardgaande lugbesoedeling hou nie net ernstige gesondheidsgevare vir die inwoners in nie, maar berokken ook groot skade aan historiese geboue. So is stadsbeplanning, vervoerbeleid en die bewaring van die stad se historiese boukuns onlosmaaklik aan mekaar verbonde.
Die Leonardo-eksprestreindiens, wat in Italië se nasionale kleure geverf is, verbind Rome se Termini-hooftreinstasie (Stazione Termini) met die lughawe Fiumicino-Leonardo da Vinci
'n Bevolking van nagenoeg drie miljoen, van wie baie in die grootskaalse woonstelkomplekse van Rome se uitgestrekte voorstede gehuisves word, plaas saam met sowat twee miljoen pendelaars en miljoene toeriste ontsettende druk op 'n openbare vervoerstelsel wat glad nie by hierdie hoë passasiersgetalle aangepas is nie. So word die miljoenestad deur slegs drie moltreinlyne van dieMetropolitana di Roma bedien sodat openbare vervoer in Rome sterk op busvervoer steun.
Die moltreinlyne A (oranje) en B (blou) kruis mekaar by dieStazione Termini, die spilpunt van Rome se openbare vervoerstelsel. Die uitbreiding van die derde metrolyn C, wat die noordweste van Rome met die suidooste sal verbind, word deur 'n boukoste-ontploffing en die noodsaaklikheid om historiese geboue en strukture soos die Colosseum, wat regstreeks oor die geprojekteerde moltreintonnel geleë is en deur ondergrondse horisontale boorwerk bedreig word, te stabiliseer. In 'n stad soos Rome met 'n lang geskiedenis geniet daarnaas argeologiese opgrawings voorkeur voordat boubedrywighede kan begin.
Die Italiaanse hoofstadgebied word deur twee internasionale lughawens bedien,Rome-Fiumicino en Ciampino wat albei deur die ondernemingAeroporti di Roma SpA (ADR) bestuur word. In 2018 het albei lughawens 49 miljoen passasiers gehanteer (waarvan 43 miljoen op Fiumicino).[12] Een van ses nuwe bestemmings in 2018, wat vanuit Fiumicino bedien word, wasJohannesburg.
Die Aeroporto di Roma-Fiumicino, wat 28 km suidwes van Rome se middestad naby die naamgewende kusdorp Fiumicino geleë is, is ter ere van Italië se Renaissance-genius en ontwerper van die eerste teoretiese helikopter Leonardo da Vinci genoem. Fiumicino is die grootste en besigste internasionale lughawe in Italië en dien as spilpunt vir Italië se nasionale lugrederyAlitalia.
Die Ciampino-lughawe is 16 km suidoos van Rome se middestad net buite die kringpadA90 Grand Raccordo Anulare geleë. Die lughawe word uitsluitlik deurlaekosterederye soosRyanair en WizzAir bedien.
Net soos in ander metropole het huurgelde in Rome, veral in dieCentro storicoof historiese middestad, die hoogte ingeskiet. Selfs vir standaard-woonstelle moet dikwels maandeliks €25 huurgeld per vierkante meter betaal word. Vir luukse woonstelle met dakterrasse word buitengewoon hoë huurgelde gevra, terwyl parkeerplekke vir maandeliks €600 verhuur word.[13]
Gewoonlik belê die meeste Italianers, wat dit kan bekostig, in eiendomme en verkies om liewer in hul eie huis of woonstel te woon. Inwoners uit laer inkomstegroepe is op die huurmark aangewese. Huisvesting in sosiale behuising, die sogenaamdeborgate, is net vir 'n kleiner persentasie aansoekers beskikbaar nadat die owerheid die oprigting van nuwe woonstelle orals in Italië gestaak het. Begunstigdes word dan merendeels in die periferie van Rome gehuisves.
Foro Italico-sportkompleks met die Olimpiese Stadion aan dieTiberrivier
Net soos elders in Italië issokker die gewildstesportsoort in Rome wat in1934 en1990 as gasheerstad van dieFIFASokker-Wêreldbekertoernooi se eindwedstryde opgetree het. Laasgenoemde het in Rome se Olimpiese Stadion (Stadio Olimpico, 70 000 sitplekke) plaasgevind, die tuisstadion van Rome se twee bekendste sokkerklubs, AS Roma (ookgiallorossi – die geel-en-rooies – genoem en gestig in 1900) enSS Lazio (biancazzurri – die wit-bloues, gestig in 1927), wat albei in Italië se A-reeks (eerste liga) speel. Een van die hoogtepunte in die sokkerkalender is dieDerby della Capitale, 'n wedstryd waarin die twee klubs teen mekaar speel.
Vir dieOlimpiese Somerspele 1960, wat in Rome gehou is, is sowel nuwe sportgeriewe soos die moderneStadio Olimpico gebou asook gebruik gemaak van antieke en historiese strukture soos die Caracalla-warmbaddens en die Villa Borghese. Die nuut opgerigteOlimpiese dorp (Villaggio Olimpico) is ná die spele as woonbuurt ontwikkel. Terwyl die Olimpiese Stadion, wat deel uitmaak van die uitgestrekte Foro Italico-sportkompleks aan die Tiberoewer, vir die FIFA-toernooi in 1990 opgeknap is, is 'n nuwe stadion met 52 500 sitplekke in die stadsbuurt Tor di Valle in die suidweste in aanbou. Die moderne glas-en-staal-struktuur, wat deur die Colosseum geïnspireer is, sal na verwagting in die seisoen 2021–22 voltooi wees.