Romanos I ofRomanos Lekapenos (Grieks: Ρωμανός Α΄ Λακαπήνος,Armeens: Ռոմանոս Ա Լակապենոս; omstreeks 870 – 15 Junie 948) was dieBisantynse keiser van 920 tot met sy afsetting op 16 Desember 944.
Hy is omstreeks 870 gebore in Lakape (vandaar sy bynaam) as die seun vanArmeense boere.[1][2][3] Sy pa, Theophylaktos Abstartos, het keiserBasilius I se lewe tydens ’n veldslag gered en lid van die keiserlike wag geword.[4] Romanos het vinnig opgang gemaak in die leër tydens die tyd van keiserLeo VI.
Die Bisantynse vloot onder Theophanes weer in 941 ’n aanval uit Kiëf-Roes af (miniatuur uit dieMadrid Skylitzes).
Romanos het al hoe belangrike geword aan die hof en toeKonstantyn VII keiser word onder regentskap van sy ma, Zoe, het hy die regentskap in 919 oorgeneem. Hy het Konstantyn met sy dogter, Helena, laat trou. Hy het sy posisie gebruik om homself in Mei 919 totbasileopatōr (letterlik vader van die keiser) te verklaar, in September 920 totcaesar en eindelik in Desember van dié jaar as medekeiser en dus senior heerser. Hy het sy drie seuns, Christopher, Stephen en Konstantyn, as medekeisers aangestel.
Die eerste uitdaging vir die nuwe heerser was die oorlog teenBulgarye, wat weer tydens Zoe se regentskap opgevlam het. Die eerste vier jaar van sy bewind het hy teen Simeon I geveg. Hoewel Simeon eindelik die oorhand gekry het, kon hyKonstantinopel nie binneval nie vanweë die ondeurdringbaarheid van die stad se sterkverdedigingsmure. In 924, toe Simeon weer geslaag het met ’n beleg van die hoofstad, het Romanos samesprekings met hom gevoer en hom, sonder om dit reguit te sê, erken as keiser van sy land. Daar was daarna steeds onenigheid, maar die vrede tussen die twee state is gehandhaaf.
Romanos het die bekwame generaal John Kourkouas as leëraanvoerder in die ooste aangestel en hy het groot sukses daar behaal. Hy het in 934 veral ’n belangrike oorwinning by Melitene behaal – dit word beskou as die eerste groot Bisantynse sukses in die herwinning van grondgebied van dieMoslems.
In 941, toe die grootste deel van die leër onder Kourkouas in die ooste was, moes ’n vloot van 15 ou skepe onder Theophanes Konstantinopel verdedig teen ’n aanval uitKiëf-Roes. Laasgenoemde is ter see verslaan en later weer op land deur die terugkerende leër van Kourkouas. In 944 het Romanos ’n verdrag gesluit met grootprinsIgor I van Kiëf.
Romanos se oudste en mees bekwame seun, Christopher, is in 931 dood en Romanos het nie sy ander twee seuns ten koste van Konstantyn VII bevorder nie. Uit vrees dat Konstantyn VII hul pa sal opvolg, het die jonger seuns, Stephen en Konstantyn, hul pa in Desember 944 gevange geneem en hom na diePrinse-eilande gestuur waar hy gedwing is om ’nmonnik te word.
Die volk het egter in opstand gekom. Konstantyn VII het sy swaers van die troon afgeskop en op 27 Januarie 945 het hy, toe 39, alleenheerser geword. Romanos is op 15 Junie 948 in bannelingskap dood.