
Rolong is die stamnaam vir dieTswanas (Barolong) wat in die noord-weste vanSuid-Afrika, hoofsaaklik inMafikeng (dieBarolong boo rra Tshidi) woon. AnderBarolong-gemeenskappe kan inLotlhakane enThaba Nchu (Barolong ba ga Moroka) gevind word.
Die eerste Rolong-hoofman wasMorolong, wat baie jare terug geleef het. Die stam het hulle naam van hom gekry.Die Rolong-hoofmanne Moroka (James Moroka) en Dr. Silas Molema het 'n belangrike rol in die vorming van dieANC gespeel.
DieVoortrekkers is deur die Rolongstam bygestaan en van osse voorsien om hulle trek voort te sit. Dit volg na 6,000 Ndebeles 'n aanslag op die laer vanHendrik Potgieter gemaak het. Hulle kon nie die verskansing binnedring nie, maar het al die beeste, osse en perde geplunder.