Rodrigues-wewer | |
---|---|
![]() | |
Illustrasie deur Joseph Wolf (1864) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. flavicans |
Binomiale naam | |
Foudia flavicans A. Newton, 1865 |
DieRodrigues-wewer (Foudia flavicans) is 'n seldsamevoëlspesie in diewewerfamilie. Dit isendemies aanRodrigues, 'neiland vanMauritius. Dit is by BirdLife International geklassifiseer as kwesbaar.[2] Dit is ook op Bedreigde Spesies Lys die Verenigde State met 'n bedreigde status.[3]
Hierdie voël is 12–13 cmlank. Sykleur isgeel met 'noranje gesig enbruin rug, vlerke en stert.[2]
Die voël kan gevind word in die blaredak op 'n hoogte van minstens 5meter, en vlieg soms saam in swerms. Dit kan geassosieer word met die Norfolkeilandden (Araucaria cunninghamii) en 'n paar ingevoerde spesies van plante. Meer voëls word aangetref in gebiede met digter, hoër bome en groter diversiteit van boomspesies.[4] Dit voed opinsekte, spinnekoppe,sade, nektar, envrugte.[2]
Die spesie was voorheen volop op die eiland, maar is byna tot uitsterwing gedryf met net 5 of 6 pare oorblywend in 1968. As gevolg van bewaringspogings het sy getalle weer gestyg tot tussen 900 en 1 200 indiwidue teen die jaar 1999.[2]
Die grootste bedreiging vir die spesie is die vernietiging van sy woudhabitat. Die natuurlike bos is skoongemaak om vir bestaansboerdery en vee plek te maak. Die voël kompeteer ook met sy ingevoerde familielid, die rooiMadagaskarwewer (Foudia madagascariensis). Siklone en droogtes verminder die kosvoorraad.[2]
Bewaringspogings sluit in herbebossing, die hoofoorsaak vir die styging in wewergetalle. Heinings hou ook vee uit.
{{cite web}}
:Ongeldige|ref=harv
(hulp)Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal. |