Robert de Niro (gebore17 Augustus1943) is 'nAmerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger en stemkunstenaar. Van sy bekendste rolprente is:Mean Streets (1973),The Godfather: Part II (1974),Taxi Driver (1976),The Deer Hunter (1978) en meer onlangsCasino (1995) enThe Good Shepherd (2006).
De Niro is op17 Augustus1943 in dieNew Yorkse buurt Greenwich Village gebore. Hy is die seun van die skilder en beeldhouer Robert de Niro sr. en Virginia Admiral. Sy ouers skei toe hy slegs twee jaar oud was. Daarna woon hy saam met sy moeder in Little Italy (Manhattan). Sy pa het binne loopafstand gewoon en hulle het mekaar gereeld gesien.
Op tienjarige ouderdom kry hy sy eerste toneelervaring in 'n skoolproduksie, waar hy die rol van die lafhartige leeu in dieThe Wizard of Oz vertolk. Op 14 verlaat hy middelbare skool om 'n lid van 'n straatbende te word. Hierna kry hy toneelopleiding aan dieStella Adler Conservatory of Acting en by Lee Strasberg seActor's Studio.
Hy maak sy debuut as rolprentakteur in 1963 op 20-jarige ouderdom inThe Wedding Party, maar dit is eers in 1969 vrygestel.