Robert J. Flaherty | |
---|---|
![]() | |
Gebore | Robert Joseph Flaherty 16 Februarie1884 |
Sterf | 23 Julie1951 Dummerston,Vermont, VSA |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Rolprentmaker en -regisseur |
Eggenoot | Frances Johnson Hubbard (1914-1951) |
Robert Joseph Flaherty [ˈflæərti] (*16 Februarie1884, †23 Julie1951) was 'nAmerikaanse rolprentmaker wat in1922 die regie en die vervaardiging van die eerste kommersieel suksesvolle vollengte-dokumentêr,Nanook of the North, behartig het. Flaherty se reputasie is op dié rolprent gebou, en geen van sy latere werke sou dieselfde sukses behaal nie, alhoewel hy die nuwe filmgenre van dokumentêre fiksie verder ontwikkel het met rolprente soosMoana (1926), wat in die Suidsee afspeel, enMan of Aran (1934) wat op die afgeleëIerseAran-eilande ontstaan het.
Vir sy dokumentêre fiksie-rolprente het Flaherty as eerste regisseur dokumentêre materiaal met narratiewe en poëtiese elemente verbind. Hy word ook as baanbreker van die etnografiese film beskou, 'n genre wat deur Jean Rouch en John Collier Jr. in die 1960's as visuele antropologie, 'n onderafdeling van antropologie, geklassifiseer is.[1]
Flaherty was vanaf1914 tot sy afsterwe in 1951 getroud met die skryfster Frances Hubbard Flaherty. Sy het met haar gade by verskillende filmprojekte saamgewerk en is virLouisiana Story (1948) vir 'nAcademy Award (Oscar) in die kategorie "Beste oorspronklike draaiboek" genomineer.