Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Robbeneiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Robbeneiland
Uitsig op Robbeneiland met Tafelberg en die Kaapse Skiereiland oorkant Tafelbaai
Uitsig op Robbeneiland metTafelberg en dieKaapse Skiereiland oorkantTafelbaai
Robbeneiland is in Wes-Kaap
Robbeneiland
Robbeneiland
 Robbeneiland se ligging in Wes-Kaap
Koördinate:33°48′24″S18°21′58″O / 33.80667°S 18.36611°O /-33.80667; 18.36611
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Oppervlak
 • Totaal5,18 km2 (2,00 vk. myl)
Hoogte
30 m (100 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal116
 • Digtheid22/km2 (60/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
 • Wit mense13,8%
 • Bruin mense23,3%
 • Swart mense60,3%
 • Ander2,6%
Taal(2011)
 • Xhosa37,9%
 • Afrikaans35,3%
 • Zoeloe15,5%
 • Engels7,8%
 • Ander3,4%
Poskode(strate)
7400
Dorpie op die eiland
Robbeneiland se gevangenisgeboue, met Tafelberg op die agtergrond.
Kaart van Robbeneiland.

Robbeneiland, voorheenEyland Cornelia,[2] is 'neiland inTafelbaai, 12kilometer vanaf die kus vanKaapstad,Suid-Afrika. Die eiland het 'n tipiese Karooklimaat ten spyte daarvan dat dit so naby aan Kaapstad, wat 'n Mediterreense klimaat het, geleë is. Die koueBenguelastroom is daarvoor verantwoordelik.

Dit is duisende jare gelede die eerste keer bewoon toe die waterkanaal wat dit tans van die land skei, bo seevlak was. Van die einde van die17de eeu af is Robbeneiland gebruik om sekere individue af te sonder, grootliks as 'ntronk, en onder sy eerste permanente inwoners was politieke leiers van verskeie Nederlandse kolonies, nie net van Suid-Afrika nie, maar ook uitIndonesië. Van1836 tot1931 is dit as 'nmelaatsekolonie gebruik en in die20ste eeu het dit bekend geword as 'n tronk vir politieke gevangenes, onder wie die bekendsteNelson Mandela,Walter Sisulu,Govan Mbeki,Robert Sobukwe,Kgalema Motlanthe enJacob Zuma was.

Die hele eiland word deur die staat besit, met die uitsondering van die kerk.

Vandag is die eiland 'n gewilde toeristebestemming en is in1999 deurUnesco totwêrelderfenisgebied verklaar. Dit kan perveerboot van dieVictoria & Alfred Waterfront af bereik word, en is die hele jaar lank oop, afhangende van die weer.

Kulturele Erfenis

[wysig |wysig bron]

Robbeneiland is in 1997 deur die Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie verklaar as 'n nasionale monument en word vandag beskerm as 'n nasionale erfenisterrein in gevolge van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).[3]

Robbeneiland, soos oor die rug van Seinheuwel in Kaapstad gesien.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,3"Hoofplek Robbeneiland".Sensus 2011.
  2. Hondius, J. 1652.Klare Besgryving van Cabo de Bona Esperanca. 't Amsterdam. bl. 13
  3. Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap - "Item: 14119"[dooie skakel], afgelaai 17 Mei 2012

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
  • Green, Lawrence G.: A decent fellow doesn't work. Kaapstad: Howard Timmins, 1982.ISBN 0-86978-241-X
Wikimedia Commons bevat media in verband metRobbeneiland.
Vir amptelike name, sien die artikels ofWêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika.
Barberton MakhonjwabergeKaapse florarykbeskermde gebiede • Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika (Wieg van die MensdomMakapansgatTaung-kind) •iSimangaliso-vleilandparkǂKhomanikulturele landskapNelson Mandela-nalatenskapsgebiedeMapungubwekulturele landskapPleistoseen-besettingsterreineRichtersveldKulturele en botaniese LandskapRobbeneilanduKhahlamba-DrakensbergparkVredefortkoepel
Vlag van Suid-Afrika
Vlag van Suid-Afrika
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Robbeneiland&oldid=2734080"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp