Hierdie artikel is 'nweesbladsy. Dit is niegeskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks tesoek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'nRiokan (旅館) is 'nJapannese vorm van familiehotel of blyplek. Die tradisionele Japannese riokans dateer uit die Edo-tydperk (1603-1868). Hulle bied aan reisigers 'n kamer met tatami-matte, 'n gemeenskaplike bad en andere openbare vertrekke, waar besoekers kan ontspannen in huljoekata, 'n soort badjas wat aan diekimono verwant is.
Die kamers se matte mag nie met skoeisel betree word nie. Skoene word buite die hotel uitgetrek en in spesiale kassies gebere. Daar staanpantoffels vir die gaste gereed, maar in die kamers moet dit ook uitgetrek word.
In so 'n kamer is daar 'n lae tafeltje en dun matrasse - die sogenaamde futon - om op te slaap. Deesdae is daar dikwels 'n televisietoestel en lugreeling aanwesig, maar verder min gemak.
Die Japannese bad voor hulle in die aand aansit vir ete. Voordat hul in 'n openbare bad gaan, was hul hulself, terwyl hul op 'n bankie langs die bad sit. Daarna word ál dieseep sorgvuldig afgespoel. Heeltemaal skoon, besoek die mense dan die groot, warm bad. Daar bly hul 'n tydjie lank vir totale ontspanning.
In die riokan wordontbyt bedien. Gaste kan kies uit die tradisionele Japannese ontbyt, bestaande uit rys, vissop ensovoorts. Buitelandse gaste verkies meestal 'n Westerse ontbyt metroosterbrood entee ofkoffie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieNederlandse Wikipedia vertaal. |