'nRinofoor (Oudgrieks: ῥίς (rhis) =neus, φέρειν (pherein) = dra) is 'n puntige toring- totkeëlvormige ekstremiteit wat voorkom by dieorde van seeslakke en wat dien as reuk- ensmaakorgaan. Rinofore kom meestal in pare van twee voor en is gesitueer op die kop van die slak. Hulle is opvallend gekleur en meestal in dieselfde kleur as diegewei-agtige huidplooie agterop die slak, diekieue.
Deur die rinofore kan seeslakke in die seewater opgeloste chemiese geurstowwe herken. Die fyn struktuur van hierdie organe en die groot oppervlak daarvan sorg vir 'n maksimaleprikkeling.
Om die rinofore te beskerm teen die opeet deur allerlei roofdiere of andere beskadiginge, kan die meeste slakke hul twee rinofore in 'n klein sakkie trek, dierinofoorsakkie.