Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Richard I van Engeland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Richard I (Leeuehart)
Koning van Engeland

HuisAngevyne (Plantagenêt)
Regeer6 Julie11896 April1199
VoorgangerHendrik II
OpvolgerJan Sonder Land
EggenoteBerengaria van Navarra
Gebore8 September1157
Oorlede6 April1199
VaderHendrik II
MoederEleonore van Akwitanië

Richard I Leeuehart (Frans:Richard Cœur de Lion,Engels:Lionheart;8 September11576 April1199) was van1189 tot met sy dood koning vanEngeland. Hy was die tweede seun vanHendrik II enEleonore van Akwitanië, een van die kunssinnigste persoonlikhede in MiddeleeuseEuropa. So het Richard hom ook as digter entroubadour bekwaam.[1]

Richard I se lewe en die keuses, wat hy gemaak het, weerspieël die feit dat hy meer was as net die koning vanEngeland. Groot dele van sy besittings was op die Europese vasteland, in die weste van Frankryk, geleë, terwyl sy politieke belange nog verder gestrek het. Gedurende sy regentskap van tien jaar het hy slegs sowat ses maande lank in Engeland gebly.

Ook was hy, net soos sy Normandiese voorgangers, Engels nouliks magtig. Sy Engelse onderdane het nogtans sy prestasies as kruisridder en militêre leier in dieHeilige Land tydens dieDerde Kruistog gewaardeer en bewonder. Engeland was vir die duur van sy afwesigheid immers in goeie hande en het tydens sy regentskap 'n bloeitydperk beleef.

Vroeë lewe

[wysig |wysig bron]

Hoewel Richard inOxford,Engeland, gebore is, was hy nes die anderPlantagenêts eintlikFrans. Toe sy ouers uitmekaar is, het hy by sy ma gebly om aan haar hof 'n opleiding volgens die tradisies van Akwitanië te ontvang. In1172 het hy die Hertog vanAkwitanië geword.

Hy het twee ouer broers gehad:Willem, wat jonk dood is, enHendrik, wat daarna as mede-koning gekroon is en bekend was as "Hendrik die Jong Koning". Hendrik sou die Engelse troon van sy pa geërf het en Richard sy ma se besittings. Die twee jonger broers,Godfried enJan, sou onderskeidelikBretagne enIerland gekry het.

Hendrik het egter sy erflating voortdurend verander en dit het gelei tot jaloesie en aggressie onder sy seuns. In1173 het sy seuns teen hom in opstand gekom om die grond te probeer bekom wat aan hulle belowe is. Daar was ook voortdurend konflik tussen die broers. Nadat Hendrik die Jong Koning in1183 dood is ná ’n opstand teen sy pa, het Godfried in1186 gesterf.

Toe Richard in 1183 as troonopvolger benoem is, het hy opnuut met sy pa slaags geraak en die steun van koningFilips II van Frankryk verwerf. Hy het hom eindelik verslaan en op6 Julie1189 koning van Engeland geword.

Bewind

[wysig |wysig bron]
Standbeeld voor diePaleis van Westminster, Londen

Ná konflik tussen Richard en Filips het hulle ’n verdrag gesluit en met voorbereidings begin vir die duurDerde Kruistog. Tydens die kruistog was daar weer eens groot konflik tussen hulle. Toe Filips naAkko vertrek, het Richard verloof geraak aanBerengaria van Navarra. Hy is in1191 met haar getroud ná die verowering vanCiprus. Daarna is Richard ook naAkko, waar hy ’n groot rol gespeel het in die verowering van die stad. Filips het na Frankryk teruggekeer, maar Richard het die kruistog voortgesit en oorwinnings behaal oor sy Moslem-eweknieSaladin.[2]

Intussen is ’n komplot gesmee deur Filips en Richard se broer Jan. Toe Richard hiervan hoor, het hy ’n verdrag met Saladin gesluit en teruggekeer na Europa. Op sy terugreis is hy deur hertogLeopold V van Oostenryk gevange geneem. Omdat die aanhouding van ’n kruisvaarder ’n oortreding van diepublieke reg was, hetPous Celestinus III Leopold uit die kerk geban.

Vroeg in 1193 het Leopold Richard aanHendrik VI, Heilige Romeinse keiser, oorhandig wat ’n losprys vir sy vrylating geëis het. Hendrik is toe ook uit die kerk geban. Die losprys is deur Richard se ma bymekaargemaak en betaal, en Richard is in1194 vrygelaat. Ná sy terugkeer na Engeland het hy die mag teruggeneem en sy broer Jan vergewe vir die sameswering teen hom.

Richard was bekend as ’n veglustige en dapper man, maar hy het ook in kultuur belanggestel en ’n humorsin gehad. Al dié eienskappe het hom die bynaam Leeuehart besorg.[3] Deur sy avontuur- en oorlogsugtigheid het hyEngeland tot by die rand van bankrotskap gebring. Hy was van die tien jaar van sy bewind nie meer as ses maande in Engeland nie. Hy was sowel die langue d'oïl (die destydse dialekgroep vanFrankryk noord van dieLoirerivier en voorloper van moderne Frans) as die langue d'oc (Oksitaans) magtig. Hy het tot1198 verder teen Frankryk oorlog gevoer.

Regering van Engeland

[wysig |wysig bron]

Tydens Richard I se afwesigheid is Engeland deur 'n komitee geadministreer. Kanselier William Longchamp, biskop van Ely, was die invloedrykste persoonlikheid gedurende die vroeë jare van Richard I se regentskap. 'n Rebellie van Engelse barons het hom in 1191 in ballingskap gedwing. Sy opvolger was Walter van Coutances, aartsbiskop vanRouen. Die mees bekwame en belangrikste van Richard I se ministers was Hubert Walter, aartsbiskop vanKantelberg (Canterbury), wat tussen1193 en1198 as regter en tussen1199 en1205 as kanselier gedien het.

Dood

[wysig |wysig bron]
Die graf in Fontevraud.

Op25 Maart1199 is Richard deur die pyl van ’n jong seun in die skouer gewond, op die vierde dag van die beleg.Gangreen het ingetree en hy is op6 April1199 dood. Sy dood is later beskryf as "the Lion (that) by the Ant was slain". Hy is opgevolg deur sy broer Jan, wat later bekend geword het as "Jan Sonder Land". Hy het die boogskutter wat hom raakgeskiet het, na hom laat roep, hom vergewe en selfs geld aangebied. Toe, nie in staat om verder te praat nie, het hy die laaste sakramente ontvang en gesterf.

Richard se brein is in die Charroux-abdy inPoitou begrawe, sy hart in die katedraal van Rouen inNormandië en die res van sy oorskot aan die voete van sy ouers in die Fontevraud-abdy in Anjou.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikelnl:Richard I van Engeland
  1. Forward to the Past - Poetry Spotlight: “Ja Nus Hons Pris,” by Richard the Lionheart. Besoek op 11 September 2019
  2. Addison pp.141-149.
  3. Ralph Turner & Richard Heiser,Reign of Richard Lionheart, p.71

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • Addison, Charles.The History of the Knights Templars, the Temple Church, and the Temple, Londen: Longman, Brown, Green, and Longmans, 1842
  • Berg, Dieter.Richard Löwenherz. Darmstadt, 2007.
  • Edbury, Peter W.The Conquest of Jerusalem and the Third Crusade: Sources in Translation. Ashgate, 1996.ISBN 1-84014-676-1
  • Gillingham, John.Richard Coeur de Lion: Kingship, Chivalry and War in the Twelfth Century, 1994,ISBN 1-85285-084-1
  • Nelson, Janet L. (red.)Richard Coeur de Lion in History and Myth, 1992,ISBN 0-9513085-6-4
  • Runciman, Steven.A History of the Crusades, 1951–54, vols. 2-3.
  • Rofheart, Martha.Lionheart! a novel of Richard I, King of England (New York, 1981)ISBN 0-671-43250-8

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metRichard I of England.
Historiese oorsigte
Media
Huis van Wessex:EgbertAethelwulfEthelbaldEthelbertEthelredAlfred die GroteEduard die OuereEthelweardAethelstanEdmund IEdredEdwy die RegverdigeEdgar die VreedsameSint Eduard die MartelaarAethelred IIDenemarke:Sven VurkbaardKnoet die GroteHuis van Wessex (herstel):Aethelred IIEdmund IronsideDenemarke (herstel):Knoet die GroteHarold HaasvoetHartaknoetHuis van Wessex (herstel):Sint Eduard die BelyerHarold GodwinsonEdgar AdelingHuis van Normandië:Willem I die VeroweraarWillem II RufusHendrik IStefanusMatildaHuis van Anjou (Angevyne):Hendrik IIHendrik die Jong KoningRichard IJan Sonder LandHendrik IIIEduard IEduard IIEduard IIIRichard IIHuis van Lancaster:Hendrik IVHendrik VHendrik VIHuis van York:Eduard IVHuis van Lancaster (herstel):Hendrik VIHuis van York (herstel):Eduard IVEduard VRichard IIIHuis van Tudor:Hendrik VIIHendrik VIIIEduard VIJaneMaria IElizabeth IHuis van Stuart:Jakobus IKarel I • (Gemenebes van Engeland) •Huis van Stuart (herstel):Karel IIJakobus IIWillem III van OranjeMaria IIAnna
Betwiste heersers se naam iskursief
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Richard_I_van_Engeland&oldid=2594142"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp