Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Rex Harrison

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rex Harrison
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Harrison in 1976 in Londen, deur Allan Warren

GeboortenaamReginald Carey Harrison
Geboorte(1908-03-05)5 Maart 1908
Huyton,Engeland
Sterfte02 Junie 1990 (op 82)
New York,VSA
NasionaliteitBrits
Beroep(e)Akteur
Aktiewe jare1930-'89
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sir Rex Harrison (5 Maart 1908 – 2 Junie 1990) was ’nBritse verhoog- en rolprentakteur. Hy het sy verhoogloopbaan in 1924 begin en sy eersteTony in 1949 gewen vir sy rol asHendrik VIII inAnne of the Thousand Days. Hy het sy tweede Tony in 1957 gewen vir die rol van prof. Henry Higgins inMy Fair Lady. Hy het weer dié rol gespeel in die rolprentweergawe van 1964 – daarvoor het hy ’nGolden Globe enOscar vir beste akteur gewen.

Benewens sy verhoogloopbaan het Harrison in verskeie rolprente gespeel, onder meerAnna and the King of Siam (1946),The Ghost and Mrs. Muir (1947),Cleopatra (1963) enDoctor Dolittle (1967). In Julie 1989 het koninginElizabeth II hom tot ridder geslaan.

Harrison het in 1975 sy eerste outobiografie uitgereik. Sy tweede,A Damned Serious Business: My Life in Comedy, is in 1991 ná sy dood gepubliseer. Hy was ses keer getroud en het twee seuns gehad: Noel en Carey. Hy het op die verhoog verskyn tot kort voor sy dood in Junie 1990 op die ouderdom van 82.

Vroeë lewe

[wysig |wysig bron]

Reginald Carey Harrison is in Derry House in Huyton,Brittanje,[1] gebore en het aan die Liverpool-kollege skoolgegaan.[2] Hy het in 1924 inLiverpool die eerste keer op die verhoog verskyn. Sy loopbaan is tydens dieTweede Wêreldoorlog onderbreek terwyl hy in die Britse lugmag as vlugluitenant gedien het.[3]

Hy het inLonden enNew York rolle op die verhoog vertolk in stukke soosBell, Book and Candle,Venus Observed,The Cocktail Party,The Kingfisher enThe Love of Four Colonels. Hy was ook die regisseur van laasgenoemde.[4] Hy het sy eersteTony in 1949 gewen vir sy rol asHendrik VIII inAnne of the Thousand Days. Sy tweede Tony en internasionale roem het gevolg met sy rol as prof. Henry Higgins inMy Fair Lady, waarin hy saam metJulie Andrews verskyn het.

Latere stukke waarin hy opgetree het, sluit inHenry IV,Aren't We All? enThe Admirable Crichton. Hy het in 1981 na die verhoog teruggekeer in die rol van Henry Higgins inMy Fair Lady en sy verbinding met die toneelstukke vanGeorge Bernard Shaw herbevestig. Hy het Tony-benoemings gekry vir onder meerHeartbreak House,Caesar and Cleopatra enThe Devil's Disciple.

Rolprente

[wysig |wysig bron]

Harrison se rolprentdebuut was in 1930 inThe Great Game. Daarna het rolle gevolg inThe Citadel (1938),Night Train to Munich (1940),Major Barbara (1941),Blithe Spirit (1945),Anna and the King of Siam (1946),The Ghost and Mrs. Muir (1947) enThe Foxes of Harrow (1947). Hy is die bekendste vir die rol van prof. Henry Higgins in the 1964-rolprentweergawe vanMy Fair Lady. Dit was gebaseer op die Broadway-produksie met dieselfde naam en dié was weer gebaseer op die toneelstukPygmalion van George Bernard Shaw. Harrison het daarvoor ’n Oscar gewen vir beste akteur. In 1967 het hy ook inDoctor Dolittle gespeel en in 1968 in die komedieThe Honey Pot.

Hoewel hy in komedies uitgeblink het, het hy goeie reaksie ontlok in dramas soosCleopatra (1963) asJulius Caesar en inThe Agony and the Ecstasy (1965) aspous Julius II teenoorCharlton Heston asMichelangelo. Hy was ook in dieHindi-prentShalimar en het die rol vertolk van ’n ouer homoseksueel teenoorRichard Burton as sy minnaar inStaircase (1969).[5]

Harrison enElizabeth Taylor inCleopatra, waarvoor hy vir ’n Oscar benoem is.

Latere loopbaan en dood

[wysig |wysig bron]

Hoewel hy uit die rolprentbedryf getree het ná die 1982-prentA Time to Die, het Harrison steeds op Broadway en dieWeseinde verskyn tot net voor sy dood. Hy is in 1984 vir nog ’n Tony benoem vir sy rol as kapt. Shotover in George Bernard Shaw seHeartbreak House. Daarna het hy in onder meerThe Kingfisher (1985),Aren't We All? (1986) enThe Admirable Crichton (1989) verskyn.[6]

Harrison is op 2 Junie 1990 in sy huis inManhattan dood op die ouderdom van 82. Die verhoogstuk waarin hy toe verskyn het,The Circle (1989–1990), het met sy dood tot ’n einde gekom.[7]

Filmografie

[wysig |wysig bron]
JaarTitelRolNotas
1930The Great GameGeorge
1934Get Your ManTom Jakes
1934Leave It to BlancheRonnie
1935All at SeaAubrey Bellingham
1936Men Are Not GodsTommy Stapleton
1937Storm in a TeacupFrank Burdon
1937School for HusbandsLeonard Drummond
1938Sidewalks of LondonHarley PrentissAlternatiewe titel:St. Martin's Lane
1938The CitadelDr. Frederick Lawford
1939Over the MoonDr. Freddie Jarvis
1939The Silent BattleJacques Sauvin
1940Night Train to MunichGus BennettAlternatiewe titels:Gestapo
Night Train
1940Ten Days in ParisBob Stevens
1941Major BarbaraAdolphus Cusins
1945Blithe SpiritCharles Condomine
1945I Live in Grosvenor SquareMaj. David BruceAlternatiewe titel:A Yank in London
1945Journey TogetherGuest
1945The Rake's ProgressVivian KenwayAlternatiewe titel:Notorious Gentleman
1946Anna and the King of SiamKoning Mongkut
1947The Ghost and Mrs. MuirKapt. Daniel Gregg
1947The Foxes of HarrowStephen Fox
1948EscapeMatt Denant
1948Unfaithfully YoursSir Alfred De Carter
1951The Long Dark HallArthur Groome
1952The Four PosterJohn Edwards
1954King Richard and the CrusadersEmir Hderim Sultan Saladin
1955The Constant HusbandWilliam EgertonAlternatiewe titel:Marriage a la Mode
1958The Reluctant DebutanteJimmy Broadbent
1960Midnight LaceAnthony "Tony" Preston
1962The Happy ThievesJimmy Bourne
1963CleopatraJulius Caesar
1964My Fair LadyProf. Henry Higgins
1964The Yellow Rolls-RoyceLord Charles Frinton, die markies van Frinton
1965The Agony and the EcstasyPous Julius II
1967The Honey PotCecil Sheridan Fox
1967Doctor DolittleDr. John Dolittle
1968A Flea in Her EarVictor Chandebisse/Poche
1969StaircaseCharles Dyer
1977Crossed SwordsDie Hertog van NorfolkAlternatiewe titel:The Prince and the Pauper
1978ShalimarSir John Locksley
1979AshantiBrian Walker
1979The Fifth MusketeerColbert
1981Titanic in a Tub: The Golden Age of Toy BoatsVerteller
1982A Time to DieVan OstenAlternatiewe titel:Seven Graves for Rogan

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Derry House, Huyton: Aaronson, Charles S, red. 1969 International Television Almanac, Quigley Publications, New York, USA
  2. "(Sir) Rex Harrison" (in Engels). filmreference.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2018.
  3. "Sir Rex Harrison Biography by Biography.com". Geargiveer vanafdie oorspronklike op 17 Julie 2009. Besoek op10 Oktober 2013.
  4. "The Love of Four Colonels" (in Engels). ibdb.com.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op1 Oktober 2009.
  5. (Hadleigh 2001, p. 91)
  6. Rich, Frank (21 November 1989)."Review/Theater; Rex Harrison Back on Broadway" (in Engels). The New York Times.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2018. Besoek op12 Mei 2009.
  7. Pace, Eric (3 Junie 1990)."Rex Harrison, a Leading Man With Urbane Wit, Dies at 82" (in Engels). The New York Times. p. 1.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op12 Mei 2009.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Donnelley, Paul (2003).Fade To Black: A Book Of Movie Obituaries (2de uitg.). Omnibus Press.ISBN 0-7119-9512-5
  • Fleming, E.J. (2004).The Fixers: Eddie Mannix, Howard Strickling, and The MGM Publicity Machine. McFarland. pp. 223.ISBN 0-7864-2027-8
  • Golden, Eve; Kendall, Kim Elizabeth (2002).The Brief, Badcap Life of Kay Kendall. University Press of Kentucky.ISBN 0-8131-2251-1
  • Hadleigh, Boze (2001).The Lavender Screen: The Gay and Lesbian Films – Their Stars, Directors, and Critics (3de uitg.) Citadel Press.ISBN 0-8065-2199-6
  • Harris, Mark (2008).Pictures at a Revolution: Five Movies and the Birth of the New Hollywood. The Penguin Press.ISBN 0-14-311503-0
  • Harrison, Rex (1975).Rex: An Autobiography. William Morrow.ISBN 0-688-02881-0
  • Parish, James Robert (2007).The Hollywood Book of Extravagance: The Totally Infamous, Mostly Disastrous, and Always Compelling Excesses of America's Film and TV Idols. John Wiley and Sons.ISBN 0-470-05205-8
  • Wapshott, Nicholas (1991).Rex Harrison: A Biography (1ste uitg.) Chatto & Windus.ISBN 0-7011-3764-9

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Rex_Harrison&oldid=2620016"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp