DieRepublikeinse Party (Engels:Republican Party), of kortRepublikeine (Republicans), ookGrand Old Party (Engels vir: "Groot Ou Party;GOP) genoem, is een van die twee hedendaagse grootpolitieke partye in dieVerenigde State, saam met dieDemokratiese Party. Die party is op 20 Maart 1854 deur anti-slawerny-aktiviste, moderniste en voormalige lede van beide dieWhig Party en dieFree Soil Party gestig. Die Republikeinse Party het vir die grootste deel van die tydperk tussen 1860 en 1932 die nasionale politiek en in die meerderheid van die noordelike state gedomineer. Hul nieamptelike kleur isrooi en hul nieamptelike wapendier is dieolifant. Met 'n geskatte ledetal van 30,7 miljoen in 2012 is die Republikeinse Party naas die Demokratiese Party die tweede grootste party van die Verenigde State.[5]
Nast se spotprent van 1874 met die eerste noemenswaardige verskyning van die Republikeinse olifant[6]Amerikaanse burgers volgens affiliasie met Onafhanklike, Demokrate of RepublikeineDieolifant, die nieamptelike kenteken van die Republikeinse PartyKaart van goewerneurs vanAmerikaanse deelstate volgens hul lidmaatskap:
Demokrate
Demokrate/Partido Popular Democrático (Puerto Rico)
Republikeine
Onafhanklik
Die Republikeinse Party was oorspronklik dieliberale van die twee groot partye, terwyl die Demokratiese Party diekonserwatiewe party was. Die Republikeinse Party is op 20 Maart 1854 as liberale antislawernyparty gestig en het in 1860 metAbraham Lincoln hul eerstepresident opgestel wat tot dieAmerikaanse Burgeroorlog en die stigting van dieGekonfedereerde State van Amerika gelei het. Op 1 Januarie 1863 is deur die Emansipasie-Proklamasie wat deur die Noordelike Verenigde State aanvaar is, slawerny in dieSuidelike Verenigde State afgeskaf en in 1865, na die einde van die Amerikaanse Burgeroorlog en Abraham Lincoln se herverkiesing, in die hele Verenigde State. Ná die sluipmoord op Abraham Lincoln in 1865 het die Demokraat en adjunkpresidentAndrew Johnson president geword. Vir die volgende vyf dekades kon die Republikeinse presidentskapskandidate weens hul beleid vir swart burgerregte in die suidelike deelstate nie een verkiesing wen nie, terwyl net Republikeinse kandidate die volgende presidentsverkiesings − met die uitsondering van die DemokraatGrover Cleveland wie in 1885 en 1893 vir vier jaar elk verkies is − kon wen.
Vanaf 1896, metWilliam McKinley se verkiesing, wat in 1901 vermoor is en deurTheodore Roosevelt opgevolg is, was die politiese beleid van die Republikeinse Party veral deurProgressiwisme gekenmerk. Maar in 1912 onderWilliam Howard Taft het die Progressiewe vleuel, gelei deur Theodore Roosevelt, afgestig en hul eie party gestig, terwyl die konserwatiewe vleuel William Howard Taft by die volgende verkiesing ondersteun het. As gevolg daarvan is die DemokraatWoodrow Wilson tot president verkies. Vir die verkiesing van 1916 het Theodore Roosevelt afstand gedoen van 'n eie kandidatuur en die Republikeinse Charles Evans Hughes ondersteun.
Onder die drie volgende Republikeinse presidenteWarren G. Harding,Calvin Coolidge enHerbert Hoover het die Verenigde State 'n groot ekonomiese opswaai beleef. Al drie presidente het op 'n konserwatiewe beleid gefokus en 'n streng ekonomiese liberalisme gevolg. Maar na die uitbreek van dieGroot Depressie in 1929 kon die Republikeinse kandidate nie die volgende verkiesings wen nie en het vir die daaropvolgende 20 jaar in die opposisie gebly.
Nadat die Demokratiese Party se konserwatiewe vleuel as gevolg van die Demokrate se toenemende belangstelling in swart burgerregte dié party in 1948 verlaat en by die Republikeine aangesluit het, het die Demokrate verder na links geskuif en die Republikeine het meer en meer konserwatief geword. Hierdie ideologiese uitruiling kan veral sedert die verkiesings van 1964 gesien word. Terwyl die Demokratiese Party tot dusver veral deur kiesers in die Suidelike Verenigde State gekies is en die Republikeinse Party in die noorde, ooste en weste, het die Republikeine die dominante party van die Suidstate geword en word sedertdien veral deur wit konserwatiewes gekies.
In 1968 is die Republikeine se kandidaat,Richard Nixon, tot president verkies en het dieViëtnamoorlog van sy Demokratiese voorganger,Lyndon B. Johnson, "geërf". Tydens sy ampstermyn is dié oorlog na die neutrale landeKambodja enLaos uitgebrei, maar sowat 550 000 Amerikaanse soldate is uitSuidoos-Asië onttrek. In 1973 het die Amerikaanse bondgenoot Suid-Viëtnam aan die noorde oorgegee en dit is totViëtnam verenig. Teenoor die Verenigde State se vyande tydens dieKoue Oorlog, dieSowjetunie en dieVolksrepubliek China het Nixon 'n beleid vanontspanning gevolg en die eerste president geword, wat 'n staatsbesoek aan albei lande gelewer het. As gevolg van dieWatergate-skandaal het Richard Nixon op 8 Augustus 1974 van sy amp bedank en sodoende die eerste Amerikaanse president geword, wat uitgetree het. Sy adjunkpresidentGerald Ford het hom opgevolg.
Ronald Reagan het die ontspanningspolitiek van sy voorgangers laat vaar en 'n moontlike uitbreiding vanKommunisme teengestaan. Die Mudjahedin inAfghanistan is byvoorbeeld ná die Sowjetse inval met Amerikaanse wapens besorg en ontwikkelingslande wat hulself vir die stryd teen Kommunisme beywer het, is ondersteun. Nadat Ronald Reagan nie vir 'n derde ampstermyn verkies kon word nie, het hy die verkiesing van sy adjunkpresidentGeorge H.W. Bush voorgestel.
Tydens George H.W. Bush se ampstermyn isDuitsland herenig, dieSowjetunie is ontbind en die bloedige verbrokkeling vanJoego-Slawië het begin. NadatIrak op 1 Augustus 1990Koeweit binnegeval en geannekseer het, het dieGolfoorlog onder leiding van die Verenigde State begin, waarna die Irakse weermag uit Koeweit onttrek het.
Agt jaar ná sy pa hetGeorge W. Bush in 2001 president geword, wie se ampstermyn deur dieAanvalle op 11 September 2001 en die daaropvolgende sogenaamde "Oorlog teenTerrorisme" gekenmerk is. Net een maand later onder leiding van die Verenigde State is die Afghaanse Oorlog teen dieTaliban onderOsama bin Laden begin, waartydensAfghanistan deur onder andereDuitsland, dieVerenigde Koninkryk en die Verenigde State beset enHamid Karzai as president aangestel is. Reeds een en 'n half jaar later is dieIrakse Oorlog teenSaddam Hoesein begin, wat met dieIrak se vermeende besit van wapens van massavernietiging geregverdig is. Albei oorloë het tot grootskaalseburgeroorloë tussen weerstandsgroepe en besettingstroepe asook verskeie bevolkingsgroepe gelei. Saddam Hoesein is op 30 Desember 2006 in Bagdad opgehang en Osama bin Laden is op 2 Mei 2011 in Abbottabad,Pakistan, tereggestel.
In 2017 is die voormalige sakemagnaatDonald Trump as nuwe president ingesweer. In sy binnelandse beleid het Trump 'n konserwatiewe politiek nagestreef en by die Hooggereg meer regse regters geïnstalleer. Sy bewind is náGeorge Floyd se dood deur 'n wit polisieman oorskadu deur massabetogings teen polisiegeweld veral teenAfro-Amerikaners, waarop hy met die ontplooiing van federale polisiemagte gereageer het. Later het hy traag gereageer op dieCovid-19-pandemie en met deskundiges gebots oor die noodwendigheid van toetse en isolasie. Hy het ook dieAmerikaanse Ruimtemag gestig, die eerste nuwe taak van dieAmerikaanse Gewapende Magte sedert 1947. Sy buitelandse beleid was gekenmerk deur die verbod op toetrede uit sekere lande met 'n Moslembevolking, terwyl hy buitelandse betrekkinge tussen Israel en party Arabiese lande kon help aanknoop. Aan die einde van sy ampstermyn het hy geweier om sy verkiesingsnederlaag teen sy opvolgerJoe Biden te erken en sy aanhangers aangemoedig om tydens die stemtellery in die Kapitool daar te betoog, waarna hulle ditmet geweld bestorm het.
Amerikaanse presidente van die Republikeinse Party