In1795 het die inval deur dieFranse Revolusionêre Leër 'n einde gebring aan die ou Republiek en is dieBataafse Republiek in die plek daarvan in die lewe geroep.[1]
Voor1581 het dieLae Lande uit 'n aantal hertogdomme, graafskappe en bisdomme bestaan wat nie almal deel was van dieHeilige Romeinse Ryk nie. Die Lae Lande is vandag verdeel tussenNederland,België,Luxemburg en dele vanFrankryk enDuitsland. Die Lae Lande het rofweg ooreengekom met die Sewentien Provinsies gedek deur die Pragmatiese Sanksie van1549 van Heilige Romeinse Keiser Karel V.
Die sewentien state het deur huwelik, oorlog of verkoopstransaksies almal in die hande van die Habsburg keiser Karel V en sy seun, koning Philip II van Spanje beland. In1568 het die Nederlande onder leiding vanWillem I van Oranje in opstand gekom teen Philip II as gevolg van sy pogings om die gedevoleerde en middeleeuse regeringsstelsels van die provinsies te moderniseer en sentraliseer, hoë belasting, en vervolging van protestante deur dieKatolieke Kerk. Dit was die begin van dieTagtigjarige Oorlog.
As gevolg van onderlinge verdeeldheid verdeel die Nederlande in dele wat die opstand steun en dele wat die Spaanse koning (Philipp II) steun. In1579 teken enkele noordelike dele dieUnie van Utrecht, waarin hulle ooreenkom om gesamentlik in opstand te kom teen Spaanse oorheersing. Die Unie van Utrecht word op26 Julie1581 (volgens sommige bronne22 Julie1581) gevolg deur dieActe van Verlatinghe, waarin die noorde formeel onafhanklikheid verklaar.
Aanvanklik soek die Nederlande buitelandse leiers (Nederlands:landvoogden) om die bestuur op hulle te neem. Die inmenging van die Fransehertog van Anjou en enkele jare later die Engelsegraaf van Leicester was egter nie suksesvol nie. Die Republiek besluit om selfstandig te word en hulself te bestuur.
By dieVrede van Münster word die nuwe Republiek amptelik erken as selfstandige nasie. Die Republiek gaan inmiddels 'nGoue Eeu deur en was 'n internasionalesupermag op militêre, ekonomiese, kuns, wetenskap en politieke gebied. Die republiek verkry 'n indrukwekkendekoloniale ryk.
Die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande verloor, vanaf die tweede helfte van die17de eeu, geleidelik sy vooraanstaande posisie en speel 'n steeds kleiner rol in die internasionale wêreld. Verskillende duur oorloë en 'n swak ekonomiese beleid dra by tot hierdie posisie. In 1795 val Franse troepe die Republiek binne en stig dieBataafse Republiek. Hiermee kom 'n einde aan die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. Na die Franse oorheersing word Nederland tot1830 saam metBelgië 'nmonargie.
Daar word na die '7 Nederlande' verwys, omdat Drenthe te arm geag word en nie mee kon doen nie. Drenthe was tog nie 'n 'Generaliteitsland' nie en kon sy bestuur self hanteer.
Die Republiek bestaan uit sewe provinsies of gebiede, wat elk 'n groot mate van vryheid gehad het. Elke provinsie is bestuur deur 'nstadhouer en dieProvinciale Staten. In teorie benoem en beheer die Provinciale Staten die stadhouer, in praktyk word die rol van stadhouer gereeld vervul deur lede van dieOranje-familie. Gedurende die bestaan van die Republiek was daar 'n deurlopende stryd tussen die Oranje-gesindes en dieRegenten-gesindes.
Elke provinsie het verteenwoordiging in dieState-Generaal gehad. Die State Generaal was gesetel inDen Haag en het hulle met landsake gebesig. Ook die bestuur van Drenthe, Brabant en Limburg was 'n taak van die State Generaal.