Centre Georges Pompidou Parco della Musica The Shard The New York Times Building
Forum Tower in Berlyn, Potsdamer Platz, huisves kantore vanPricewaterhouseCoopers InternationalThe Shard in Londen teen sononder. Dit is tans een van die hoogste wolkekrabbers in Europa
Renzo Piano (*14 September1937 inGenua,Italië) is een van die beroemdste argitekte van die laat20ste en vroeë21ste eeu en staan veral bekend vir sy buitengewone verbinding van argitektuur en nuwe tegnologieë.
Die belangrikste gemeenskaplike projek, wat Piano saam met Rogers ontwerp het, is dieCentre Georges Pompidou (Georges Pompidou-sentrum) inParys (Frankryk). Hierdie projek het van Renzo Piano 'n argitek van wêreldfaam gemaak. DieCentre, wat ook asBeaubourg bekend staan, dien as 'n kulturele sentrum vir moderne kuns, letterkunde, musiek en industriële ontwerp. 'n Deel van die gebou huisves kantore, restourante, winkels, teaters en parkeerplekke.
Die groot sukses van die sentrum, wat nou sowat 25 000 besoekers per dag lok, is ook aan sy buitengewone boustyl te danke. As 'n tipiese voorbeeld van Piano se integrasie van hoëtegnologie in die moderne argitektuur is die sentrum as 'n soort "masjien in die stad" ontwerp – sy tegniese installsies is nie weggesteek nie, maar vorm 'n integrale bestanddeel van sy fasade. Staalelemente en gekleurde pype gee aan die gebou 'n industriële voorkoms wat skerp met die tradisionele boustyle van sy omgewing in 'n ou stadswyk van Parys kontrasteer.
Met die Internasionale Kansai-Lughawe inOsaka (Japan) het hy in1988 een van die grootste geboue ontwerp wat ooit opgerig is en het met die Daimler Benz-kwartier 'n belangrike bydrae by die heropbou van die historiese sentrum vanBerlyn, die Potsdamer Platz, gelewer.
Renzo Piano se projekte sluit ook 'n aantal museums in, soos byvoorbeeld dieMenil Collection inHouston (Texas,Verenigde State), 'n museum in dieSwitserse hoofstadBern wat werke van die skilderPaul Klee vertoon, die museum van die Beyeler-stigting inBasel (Switserland) en die uitbou van dieHigh Museum of Art inAtlanta (Georgia, Verenigde State) in die jaar2005.
Een van sy jongste ontwerpe is diewolkekrabberThe Shard in die Britse hoofstad wat ná sy voltooiing in 2012 die rekord vir die hoogste gebou in Europa hou.
Jaye Abbate en Michael C. Thomsett:Celebrating the Art of Architecture. 25 Years of Pritzker Prize Winning Architects. Columbia (MD) 2004: Marketplace Books