Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Renault–Nissan–Mitsubishi (voorheenRenault-Nissan) is 'n alliansie van die twee onafhanklike maatskappyeRenault enNissan Motor. Die ooreenkoms is op 27 Maart 1999 inTokio onderteken deur Louis Schweitzer en Yoshikazu Hanawa, na 'n tydperk van finansiële probleme vir Nissan, wat Renault die geleentheid gebied het om 'n deel van die Nissan-groep te koop. Carlos Ghosn is daarna aangestel met die doel om die onderneming te herstruktureer. Drie jaar later, op 28 Maart 2002, is 'n Nederlandse beperkte onderneming,Renault-Nissan BV, gestig om 'n gemeenskaplike strategie en sinergieë te ontwikkel.

In 2011 was Renault-Nissan naasGeneral Motors en Volkswagen AG die derde grootste motorgroep ter wêreld. Die nuwe Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie, wat gereeld onder die top vier ter wêreld tel, se verkope in die eerste helfte van 2017 is groter as Volkswagen AG,Toyota en GM.

Aandele

[wysig |wysig bron]

Die alliansie word deur 'n aandelebeurs gekoppel. Die gevolglike groep "is gebaseer op vertroue en wedersydse respek". Renault besit die grootste aantal aandele in die alliansie.

  • Renault: 15% Nissan (deur Nissan Finance Co. Ltd.), 15.01%Franse staat, 3,09% werknemers, 0,98% tesourie-voorraad, 3.10%Daimler AG, 62,82% verskillende eienaars
  • Dacia: 99.4% Renault, 0,6% verskillende eienaars
  • Renault Samsung: 80.1% Renault; 19.9 %Samsung
  • Nissan Motors: 44.3% Renault
  • Mitsubishi Motors: 34% Nissan
  • Infiniti en Datsun is slegs handelsmerke van Nissan, nie onafhanklike maatskappye nie.

Gemeenskaplike ontwikkelings

[wysig |wysig bron]

Benewens 'n algemene platformstrategie en gesamentlik-ontwikkelde enjins en onderdele, is daar ook modelle wat die resultaat is van kenteken-ingenieurswese, soos die Renault Kangoo (= Nissan Kubistar) of die minibus (in samewerking metOpel ):Renault Trafic (= Nissan Primastar) en Renault Master (= Nissan Interstar).

  • Op die B-platform: Nissan Tiida / Versa
    Op die B-platform: Nissan Tiida / Versa
  • Op die B-platform: Renault Clio III
    Op die B-platform:Renault Clio III
  • Renault Trafic
    Renault Trafic
  • Nissan Primastar
    Nissan Primastar
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieNederlandse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie&oldid=2254221"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp