DieReichstag-gebou inBerlyn is gebou om dieReichstag (letterlik "Ryksdag"), die oorspronklikeparlement van dieDuitse Ryk te huisves. Dit is in 1894 geopen en het die Reichstag tot in1933 gehuisves. In1999 het dit weer die setel van die Duitse parlement geword na dit herbou is onder leiding van die beroemde argitekNorman Foster.
Vandag word die parlement vanDuitsland dieBundestag genoem. DieReichstag as parlement dateer terug tot die dae van dieHeilige Romeinse Ryk en het ophou funksioneer as 'n ware parlement in die dae vanNazi-Duitsland (1933-1945). Vandag word die woordReichstag allerweë gebruik om na die gebou te verwys enBundestag om na die parlement.
Konstruksie van die gebou het eers lank na 1871 begin. Voor dit het de parlement in verskeie ander geboue in Leipziger Straße in Berlyn vergader; maar hierdie geboue is as te klein beskou en is 'n argitektoniese kompetisie in1872 met 103 deelnemers gehou. Konstruksie het egter eers jare later begin as gevolg van probleme met die aankoop van geskikte eiendom en argumente tussenWilhelm I,Otto von Bismarck en die lede van dieReichstag oor hoe die gebou, gebou moes word.
In1882 is nog 'n argitektoniese kompetisie gehou met 189 deelnemers. Hierdie keer was die wennerPaul Wallot, 'n argitek uitFrankfurt am Main en sou sy plan 'n werklikheid word. Op9 Junie1884 is die hoeksteen uiteindelik deur Wilhelm I gelê. Wilhelm I het in1888, die "Jaar van die Drie Keisers", tot sterwe gekom. Sy opvolger,Wilhelm II was baie sterker gekant teen die parlement as 'n instelling. Die oorspronklike gebou was veral bekend vir sy oorspronklike koepel van staal en glas, 'n tegniese meesterstuk vir sy tyd.
Na die einde van dieEerste Wêreldoorlog en die abdikasie van die Keiser hetPhillipp Scheidemann die instelling van 'n republiek vanaf een van die balkonne van dieReichstag gebou verklaar op9 November1918. Die gebou is steeds as die setel van die parlement van dieRepubliek van Weimar (1919 –1933) gebruik en is in daardie tydperk ook na verwys as dieReichstag.
Gedenkteken vir die 96 Reichstag-lede uit die geledere van die linksgesindes en gematigdes wat deur die Nazis om die lewe gebring is.Die Reichstag in 1945
NadatAdolf Hitler asRykskanselier op30 Januarie1933 aangestel is, is die gebou op die 27steFebruarie 1933 aan die brand gesteek onder omstandighede wat tot vandag nog nie duidelik is nie. Dit het dieNazi's van 'n gerieflike verskoning voorsien om die menseregte waarvoor diegrondwet van 1919 voorsiening gemaak het, op te skort.
In teenstelling met wat algemeen geglo word, was dieReichstag gebou glad nie in die 12 jaar van die Derde Ryk vir parlementsittings gebruik nie. Die paar kere waar dieReichstag wel byeengekom het in die tydperk is daar in dieKrolloper gebou vergader, 'n voormalige operasaal oorkant dieReichstag gebou. Dit sluit die sitting van 23 Maart 1933 in toe dieReichstag van sy magte ontneem is ten gunste van die Nazi-regering. Die gebou was na die brand nie meer bruikbaar nie en is hoofsaaklik vir propaganda doeleindes tydens dieTweede Wêreldoorlog gebruik. Die gebou is nog verder beskadig deur lugaanvalle tydens die oorlog. Tydens dieStryd om Berlyn in1945 was dit een van die hoofteikens van dieRooi Leër.
Tydens dieKoue Oorlog was die gebou inWes-Berlyn geleë, net 'n paar meter vanaf die grens metOos-Berlyn, wat in1961 deur dieBerlynse Muur van die Weste geskei is. Tydens dieBerlynse blokkade het 'n groot getal Wes-Berlyners voor die gebou op 9 September 1948 vergader en het dieburgemeesterErnst Reuter 'n beroemde toespraak gelewer wat hy beëindig het met die uitroep:"Ihr Völker der Welt, schaut auf diese Stadt!" ("Julle Volkere van die wêreld, kyk na hierdie stad!")
Ná afloop van die oorlog was die Reichstag basies 'n bouval. Verder was daar ook geen duidelike nut daarvoor nie aangesien die hoofstad vanWes-Duitsland in1949 naBonn verskuif is. Daar is egter in 1956 na vele bespreking, besluit om nie die gebou te sloop nie, maar dit te restoureer. Die koepel, wat ook erg beskadig is gedurende die oorlog, is ongelukkig gesloop. Daar is weer 'n argitektoniese kompetisie gehou en die wenner,Paul Baumgarten, is aangestel om die gebou weer op te bou (1961 - 1964). Die kuns- en praktiese waarde van sy werk is 'n veel besproke onderwerp sedert Duitse hereniging. As gevolg van die bepalings wat deur die Geallieerdes vir Berlyn gestel is, is dieBundestag verbied om formeel inWes-Duitsland te vergader en is die gebou om hierdie rede tot in1990 slegs vir 'n permanente uitstalling oor die Duitse geskiedenis gebruik.
Die Reichstag-gebou (Junie 2003)Die Reichstag-gebou snags, 2002
Die amptelike seremonie vir diehereniging van Duitsland is op 3 Oktober 1990 gehou by dieReichstag gebou. Die volgende dag het die parlement van die verenigde Duitsland in dieReichstag vergader, 'n handelinge met ryk simboliese betekenis. Die rol vanBerlyn in die herenigde Duitsland was egter op daardie stadium nog nie beslis nie. DieBundestag het na vurige debatvoering en 'n stemming met 'n klein meederheidsbeslissing, Berlyn as die setel van beide die regering en die parlement van 'n herenigde Duitsland verklaar.
Norman Foster het weereens 'n argitektoniese kompetisie gewen vir die herbou van die Reichstag. Sy wenkonsep het egter heelwat anders gelyk as dit wat uiteindelik uitgevoer is. Veral betekenisvol was die feit dat sy oorspronklike ontwerp nie 'n koepel ingesluit het nie. Tydens die herbouing is die gebou byna geheel en al van binne gestroop en is net die buitenste mure behou. Die setel van die parlement is in April 1999 na dieReichstag verskuif. Die herbouing word deur baie as 'n suksesvolle projek beskou. Die groot koepel wat op die Reichstag opgerig is, is een van die mees besoekte besienswaardighede in Berlyn vanwaar dit aan die besoeker 'n indrukwekkende uitsig oor die stad gee, veral snags. Die hoofkamer van die parlement kan ook vanaf die koepel gesien word, vanwaar daglig die parlementsvloer verlig. Die koepel is oop vir die algemene publiek sonder vooraf registrasie, maar die toue kan egter baie lank wees veral in die somer.