Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Referendum

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

‘nReferendum,volkstemming, ofplebissiet is ‘n metode in die bestuur van ‘n land waarby al die stemgeregtigdes hulle “vir” of “teen” ‘n bepaalde wetsvoorstel kan uitspreek.

Volksraadpleging

[wysig |wysig bron]

Alle lande se grondwette laat nie ‘n referendum toe nie. Dit bied egter die kieser direkte deelname in die besluitnemingsproses. ‘n Punt van kritiek daarteen is dat dit die gesag van die parlement ondermyn. In ‘n referendum word gewoonlik een spesifieke saak aan die kieser voorgelê en hy kan hom slegs vir of teen die voorstel uitspreek. By ‘n algemene verkiesing stem ‘n kieser op ‘n party of persoon van sy keuse wat dan namens hom besluite kan neem. ‘n Uitslag van ‘n referendum is bloot adviserend. ‘n Regering is egter nie altyd wetlik verplig om die wens van die kieserskorps uit te voer nie.

Bekendste referendums

[wysig |wysig bron]

Switserland is die land waar die eerste referendum gehou is en dit is ook die land waar dit die meeste gebruik word in besluitneming op regeringsvlak. Sekere state en stede van dieVSA, so ook inAustralië,Nieu-Seeland,Quebec enOostenryk is goed bekend met die stelsel. Verskeie lande het ‘n referendum gebruik om die mening van die publiek te toets oor die verkoop en verbruik van sterk drank, dus oor die sogenaamde “prohibition”. Na dieEerste Wêreldoorlog is dit dikwels inDuitsland gebruik. Die Duitse kiesers het in 1926 besluit dat die adel se eiendomme nie gekonfiskeer moet word nie. In Augustus 1931 het die volk die regering ondersteun in sy maatreëls teen die volgelinge vanAdolf Hitler, maar in November 1933 het die volk weer die beleid van dieNazi-regering goedgekeur. Dit is gevolg deur die referendum van Augustus 1934 wat goedgekeur het dat Hitler beide die poste van kanselier en president van die land beklee. In dieSaar-plebissiet van Januarie 1935 stem die bevolking van die gebied vir heraansluiting by Duitsland. Die Griekse kieserskorps het in November 1935 besluit op die herinstelling van die koning as staatshoof.Groot-Brittanje het vir die eerste maal in 1975 ‘n referendum gehou toe die kiesers besluit het dat die land by dieE.E.G. moet aansluit. Op 23 Junie 2016 is per referendum opBrexit besluit.

Suid-Afrika

[wysig |wysig bron]

Vyf referendums is gehou wat die Suid-Afrikaanse binnelandse politiek geraak het.

Bibliografie

[wysig |wysig bron]
  • britannica.com/topic/referendum
  • commonslibrary.parliament.uk/research-briefings/cbp-7692/
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Referendum&oldid=2715862"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp