Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Rauma

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rauma
Raumo

KaartWapen
Vlag
 LandFinland
 ProvinsieSatakunta
 Administratiewe gewesRauma
 Koördinate61°8′N21°30′O / 61.133°N 21.500°O /61.133; 21.500
 StigtingLaat Middeleeue
 Stadstatus17 April 1442
 Oppervlakte: 
 - Totaal1110,14vk km
 - waarvan land495,58vk km
 Hoogte bo seevlak- m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 Junie 2010)39 692
 - Bevolkingsdigtheid80,1/vk km
 - TaalEentaligFins
 TydsoneUTC +2 (OET)
 -SomertydUTC +3 (OEST)
 StadsdirekteurArno Miettinen
 Amptelike Webwerfwww.rauma.fi

Rauma (Fins: [ˈrɑu̯mɑ];SweedsRaumo) is 'n stad en munisipaliteit in die weste vanFinland. Dit is in die suide van die provinsie (of landskap) Satakunta aan dieOossee geleë.

Rauma is die derde oudste stad in Finland náTurku (Åbo) enPorvoo (Borgå) en het reeds in1442stadstatus gekry. Vandag staan Rauma veral vir sy oustad met talle historiese houthuise en sy kenmerkende dialek bekend. Die oustad – die grootste van sy soort in die Nordiese lande – is in1991 deurUnesco as 'nwêrelderfenisgebied gelys.

Geografie

[wysig |wysig bron]

Rauma is in die suide van die landskap Satakunta aan die kus van dieBotniese Golf, sowat 90 kilometer noord vanTurku en 50 kilometer suid van Pori geleë. Dit word begrens deur die munisipaliteite Eurajoki in die noorde, Lappi in die ooste, Laitila in die suidooste en Pyhäranta in die suide.

Die stadsgebied van Rauma beslaan 'n oppervlakte van 293,1 km². Die noordelike deel van die munisipale gebied is in administratiewe opsig in tien dorpsgemeenskappe verdeel – Anttila-Voiluoto, Kaaro, Kolla-Nihattula-Tarvola, Kortela en Monna, Sorkka, Tiilivuori, Unaja, Uotila en Vermuntila-Kulamaa.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Van die oorspronklike Fransiskaneklooster in Rauma het net die Heiligkruiskerk uit die laat 15de eeu bewaar gebly

Rauma het blykbaar al in die laat Middeleeue ontstaan. Die stadsnaam is afgelei van die Oud-Nordiesestrauma ("rivier"). In die 14de eeu het hier al 'nklooster van die Fransiskane-orde en 'nkerk bestaan. In hierdie tydperk het Rauma net soos die res van Finland deel uitgemaak van die Sweedse Ryk. Rauma het op17 April1442 stadstatus gekry en is sodoende die derde oudste stad in die land.

Toe koning Gustav I Wasa in1550Helsinki gestig het, het hy 'n edik afgekondig waarvolgens alle burgers van Rauma – net soos dié van Porvoo, Ekenäs en Ulvila – verplig is om hulle in die nuutgestigte nedersetting te vestig. Rauma was sodoende 'n tyd lank onbewoon totdat die burgers ná enkele jare weer na hul tuisstede kon teruggekeer.

Rauma is in sy geskiedens twee keer – in1640 en1682 – deur brandrampe vernietig, maar sedertdien het geen groot brande meer in die stadskern met tans 600 houthuise uitgebreek nie. Vanaf die 17de eeu het Rauma danksy verhoogde seevaart-aktiwiteite 'n ongekende ekonomiese bloeitydperk beleef. Die groot aantal statige houthuise in die oustad – waarvan baie in die Neo-renaissancestyl ontwerp is – weerspieël die groeiende welvaart van daardie periode. Sedert die 18de eeu was Rauma ook bekend om sy kantwerk wat steeds 'n belangrike ambag in die stad is.

Eers in die Russiese tydperk vanaf1809 het Rauma ook buite die grense van die oustad begin uitbrei. Ná dieTweede Wêreldoorlog het steeds meer industriële ondernemings hulle hier begin vestig.

Rauma se stadsgebied is in1993 met die insluiting van die gelyknamige landelike munisipaliteit en in2007 met die inlywing van die aangrensende nedersetting Kodisjoki uitgebrei. Met die begin van2009 is ook Lappi by Rauma ingelyf.

Dialek

[wysig |wysig bron]
'n Bord in die oustad van Rauma gee die naam van 'n huis in die plaaslike dialek

Die dialek van Rauma (wat plaaslik asRauman giäl bekend staan) word by die Suidwes-Finse groep van dialekte gereken en as die moeilikste verstaanbare in Finland beskou. Sommige taalwetenskaplikes klassifiseer die dialek selfs as 'n selfstandige taal.

Kenmerkend virRauman giäl is die stemhebbende klankeb,d eng wat inStandaardfins nie voorkom nie, die weglating van letters in Finse woorde (veral aan die woordeinde), die intonasie ('n melodieuse styging en daling van die stemtoonhoogte), 'n taamlik informele sinsbou en 'n afwykende woordeskat.Rauman giäl het nie net talle woorde uit Sweeds ontleen nie, maar as gevolg van die seevaart-aktiwiteite van sy bewoners is daar ook baie terme uit 'n verskeidenheid ander tale (waaronderEngels,Estnies,Russies enFrans) oorgeneem.

Die plaaslike dialek skep 'n eie identiteit vir die bevolking van Rauma – so word besoekers wat die stad binnery met 'n besondere straatbord inRauman giäl verwelkom (Ol niingon gotonas,Ole niinkun kotonasi in Standaardfins: "Voel tuis"). 'n Soortgelyke bord sê vaarwel metLuanikast reissu ("Goeie reis"). Nogtans word die dialek steeds minder gebesig en intussen met uitsterwing bedreig.

Om die dialek vir die nageslagte te bewaar, word boeke in Rauman giäl gepubliseer en toneelstukke in die dialek opgevoer. Rauma se plaaslike gemeenskapskoerantUusi Rauma bevat in elke uitgawe een kolom wat in die dialek geskryf is asook 'n hele uitgawe in Rauman giäl wat jaarliks in Junie verskyn. In hierdie uitgawe word selfs alle advertensies en strokiesprente inRauman giäl gepubliseer.[1]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. GemeenskapskoerantUusi RaumaGeargiveer 6 Oktober 2006 opWayback Machine met artikels in die Rauma-dialek (sien „Raumangiälise“)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metRauma.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Rauma&oldid=2730141"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp