Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

RMSNova Scotia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Map
Die ligging van die RMS Nova Scotia-wrak

DieRMSNova Scotia was 'npassasierskip wat as 'n troepedraer gebruik is tydens dieTweede Wêreldoorlog. Sy is op28 November1942 langs die ooskus vanKwaZulu-Natal deur dieDuitseduikbootU-177 gekelder. Die skip hetItaliaanse krygsgevangenis vervoer en daar was groot lewensverliese. Daar het 858 passasiers verdrink waaronder 654 krygsgevangenis, 96 bemanningslede en 93 soldate. Dit is die grootste maritieme tragedie in diegeskiedenis vanSuid-Afrika. Baie van die drenkelinge is deurhaaie verskeur. Slegs 196 passasiers is gered en daar het 118 lyke op diestrande vanDurban uitgespoel.

Die liggame is in 'n massagraf in die Hillarybuurt van Durban begrawe wat die kern van die Italiaanse Militêre Begraafplaas gevorm het. In 1982 is 'n groot monument op die plek van die massagraf opgerig.[1] Die liggame is egter in 2008 na diePietermaritzburgse Italiaanse krygsgevangenes-kerkbegraafplaas verskuif. Die oorledenes word ook in 'n monument in die Italiaanse kerk Adi Quala inEritrea.[1]

RMS is die afkorting virRoyal Mail Ship.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • Verskrikking op die oop see,Rapport, 26 November 2017

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1Colao, Alex (28 November 2011)."Anniversary of Nova Scotia – Alessandro Cerrato".Alex Colao Blog.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=RMS_Nova_Scotia&oldid=2718634"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp