Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

RISE Mzansi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Logo

RISE Mzansi (RISE) is 'nSuid-Afrikaansepolitieke party wat in April 2023 gestig is. Dit word gelei deur Songezi Zibi, 'n voormalige koerantredakteur en medestigter van die Rivonia Circle-dinktenk. Die party se ekonomiese beleid is sosiaal-demokraties.

Stigting

[wysig |wysig bron]

RISE Mzansi is op 23 April 2023 byKonstitusieheuwel inJohannesburg bekend gestel. Voormalige mederedakteur van dieFinancial Mail en voormalige redakteur vanBusiness Day sowel as die medestigter van die Rivonia Circle-dinktenk, Songezo Zibi, is as partyleier aangewys.[1] Die party se nasionale leierskap bestaan uit die voormalige openbare verteenwoordiger van dieDemokratiese Alliansie Makashule Gana en die anti-apartheidsaktivis Ishmael Mkhabela.[2][3] In Augustus 2023 het parlementslidNomsa Tarabella Marchesi uit dieDemokratiese Alliansie bedank en by RISE Mzansi aangesluit as die party se Vrystaatse sameroeper.[4]

Die party het aan die algemene verkiesing van 2024 deelgeneem met Zibi as die party se presidentskandidaat.[5] Die party het in2024 0,42% van die nasionale stemme in die verkiesing gekry[6] en twee setels in dieNasionale Vergadering.

Verkiesingsresultate

[wysig |wysig bron]

Nasionale verkiesings

[wysig |wysig bron]
VerkiesingStemme%Setels
202467 9750,422

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Former editor Songezo Zibi launches Rise Mzansi".BusinessLIVE (in Engels). Besoek op31 Augustus 2023.
  2. "'Return democracy to the people': Rise Mzansi leaders say SA ripe for change".News24 (in Engels (VSA)). Besoek op31 Augustus 2023.
  3. Goba, Thabiso."Former news editor Songezo Zibi launches political party, Rise Mzansi".ewn.co.za (in Engels). Besoek op31 Augustus 2023.
  4. "DA's Nomsa Marchesi joins Rise Mzansi".HeraldLIVE (in Engels). Besoek op31 Augustus 2023.
  5. "'The people must govern': Songezo Zibi launches Rise Mzansi".TimesLIVE (in Engels). Besoek op31 Augustus 2023.
  6. Shiko, Cliff (1 Junie 2024)."Bosa disappointed by results, but satisfied with electoral process".Jacaranda FM. Besoek op2 Junie 2024.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
Nasionale Vergadering
(met aantal setels)
Nasionale Raad van Provinsies
(met aantal setels)
Ander partye
Ontbinde partye
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=RISE_Mzansi&oldid=2678226"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp