In die tradisioneleChinese kultuur word gegloqi (tradisionele Chinees: 氣,vereenvoudigde Chinees: 气, uitspraak: tsjie,luister(hulp·inligting)) is ’n lewenskrag wat deel is van elke lewende entiteit.[1][2][3] Dit kan letterlik as "lug" vertaal word en figuurlik as "materiële energie", "lewenskrag" of "energievloei".[4]Qi is die sentrale onderliggende beginsel in Chinese tradisionelemedisyne engevegskuns. Die praktyk omqi te kweek of balanseer wordqigong genoem.
Mense wat inqi glo, beskryf dit as ’n lewensenergie waarvan die vloei gebalanseer moet word vir goeie gesondheid. Dit is ’nskynwetenskaplike, onbewese begrip[4] wat nog nooit regstreeks waargeneem is nie en nie verband hou met die begripenergie inwetenskap nie.[5][6][7]
Filosofiese konsepte wat verband hou metqi dateer uit die vroegste aangetekende geskiedenis van Chinese denke. Een van die belangrike vroeë persone in die Chinese mitologie is die Geel Keiser (Huang Di). Hy word beskou as 'n kultuurheld wat baie van wat latertradisionele Chinese medisyne sou geword het, versamel en neergeskryf het. Alhoewel dieqi-konsep in alle Chinese filosofieë baie belangrik was, is hulle beskrywing vanqi uiteenlopend en selfs teenstrydig.
'n Belangrike verskil was die vraag ofqi bestaan as 'n krag wat onafhanklik vanmaterie is, ofqi uit materie kom, of andersom, of materie is afkomstig van qi. SommigeBoeddhiste en Taoiste was geneig tot die eerste visie, waarin Boeddhiste veral materie as 'n illusie beskou.
Daarteenoor het neo-Konfusianisme die idee gekritiseer datqi onafhanklik van materie sou bestaan. Hulle het aanvaar datqi uit die eienskappe van materie kom. Die meeste teorieë oorqi as 'nmetafoor vir die fundamentele fisiese eienskappe van die heelal wat aan ons bekend is vandag, is vir die afgelope duisend jaar stelselmatig deur die neo-Konfusianisme versprei. Kennis van hierdie teorieë het uiteindelik 'n vereiste vir Chinese dinastieë geword ten einde te slaag in die eksamens vir regeringsfunksies.
Volgens die teorie in tradisionele Chinese medisyne is daar natuurlike patrone vanqi wat met dieliggaam geassosieer word.Qi sirkuleer in kanale genaamd meridiane. Simptome van verskeiesiektes word gesien as 'n ontwrigting of ongebalanseerde beweging vanqi deur hierdie meridiane, of die wanbalans vanqi in die verskillendeZang Fu-organe. In tradisionele Chinese medisyne probeer mens hierdie stoornisse teen te werk deur die vloei vanqi deur die liggaam aan te pas. Verskeie terapeutiese tegnieke word hier gebruik. Voorbeelde van sulke tegnieke isReiki, Qigong, maar ook fitoterapie en diëte. In dieakupunktuur word dun metaalnaalde gebruik wat in dievel gesteek word omqi af te lei of dit in balans te bring.
Die aard vanqi is baie omstrede en die ou kontroversie binne die Chinese filosofie hieroor bestaan steeds. Volgens sommige isqi suiwer 'n metafoor vir biologiese prosesse wat ooreenstem met die Westerse konsep van diesiel. Om die effekte daarvan te verduidelik, is dit nie nodig om 'n nuwe vorm vanbiologie of nuwefisika aan te neem nie. Volgens ander is daar wel 'n nuwe soort biologie of fisika aangaandeqi. Sedert die middel van die negentiende eeu is pogings aangewend omqi direk met sekere wetenskaplike verskynsels te verbind.
DiefilosoofKang Youwei het geglo datqi sinoniem was met die later vertaalde konsep van die eter. Tot dusver beskou diewetenskap beweringe datqi 'n onafhanklike krag sou wees as nie as oortuigend nie. Bewerings dat die beheer vanqi iemand in staat sal stel om wat normale fisiese en biologiese prosesse is oor te steek, word in die wetenskaplike wêreld aspseudowetenskap beskou.
Idees oorqi as 'nesoteriese krag is meer prominent in dieWesterse wêreld, waar dit soms geassosieer word met diespiritualiteit van dieNew Age-beweging. Hierdie idees speel 'n minder belangrike rol in China. Alhoewel tradisionele Chinese medisyne dikwels gebruik word en as effektief beskou word, word die esoteriese begrippe vanqi beskou as teenstrydig met die dialektiese materialisme vanMarxisme.