Pylkop-seepvis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. chabanaudi |
Binomiale naam | |
Belonoperca chabanaudi Fowler & Bean, 1930 |
Diepylkop-seepvis (Belonoperca chabanaudi) is 'nvis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus vanAfrika vanKenia tot bySodwanabaai. Dit kom nie voor in dieRooisee ofOman nie. In Engels staan die vis bekend as dieArrowhead soapfish.
Die vis se hele lyf is groen blou tot bruin van kleur en bedek metdonkerbruin kolletjies. Daar is 'n helder geel vlek aan die bokant van die stertvin se basis en 'n groot swart kol met 'n blou rant op die eerste dorsale vin. Die vis word tot 15 cm groot.
Die vis leef in grotte en onder rotsriwwe in water wat 4 – 50 m diep is. Hulle vreet hoofsaaklik klein vissies enskaaldiere. Die vis se vel produseer 'n toksiese slym as 'n afweermiddel, wat die vis 'n slegte smaak gee.