’n Borsbeeld van Ptolemeus II op tradisionele Egiptiese wyse (Walters-kunsmuseum,Baltimore).
Ptolemeus II Philadelphus (309–246 v.C.) was van 283 v.C. tot met sy dood koning vanAntieke Egipte. Hy was die seun van die stigter van diePtolemeïese Ryk,Ptolemeus I Soter. Hy het twee broers gehad:Ptolemeus Keraunos enMeleager, wat onderskeidelik in 281 en 279 v.C. koning vanMasedonië geword het. Ptolemeus was eers getroud met Arsinoe I, wat die ma van sy wettige kinders was, en daarna met sy bloedsuster, Arsinoe II.[1]
Tydens Ptolemeus II se bewind was die materiële en letterkundige rykdom van die hof inAlexandrië op ’n hoogtepunt. Hy het die Museum enBiblioteek van Alexandrië opgerig, asook ’ngedenkstele, die Groot Mendes-stele.
Clayton, Peter A. (2006).Chronicles of the Pharaohs: the reign-by-reign record of the rulers and dynasties of ancient Egypt. Thames & Hudson.ISBN0-500-28628-0.
Paul McKechnie / Philippe Guillaume (eds.),Ptolemy II Philadelphus and his World (Leiden, Brill, 2008) (= Mnemosyne. Supplements, 300).