Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ptolemeïese Ryk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tydperke endinastieë vanAntieke Egipte
Alle jare isv.C.
Derde Dinastie III 2686–2613
Vierde Dinastie IV 2613–2498
Vyfde Dinastie V 2498–2345
Sesde Dinastie VI 2345–2181
Sewende Dinastie VII twyfelagtig
Agtste Dinastie VIII 2181–2160
Negende Dinastie IX 2160–2130
Tiende Dinastie X 2130–2040
VroeëElfde Dinastie XI 2134–2061
LaatElfde Dinastie XI 2061–1991
Twaalfde Dinastie XII 1991–1803
Dertiende Dinastie XIII 1803–1649
Veertiende Dinastie XIV 1705–1690
Vyftiende Dinastie (Hyksos) XV 1674–1535
Sestiende Dinastie XVI 1660–1600
Abydos Dinastie 1650–1600
Sewentiende Dinastie XVII 1580–1549
Agtiende Dinastie XVIII 1549–1292
Negentiende Dinastie XIX 1292–1189
Twintigste Dinastie XX 1189–1077
s  b  w

DiePtolemeïese Ryk (Grieks: Πτολεμαϊκὴ βασιλεία,Ptolemaïkḕ Basileía)[1] was ’nHellenistiese koninkryk inAntieke Egipte. Dit is deurPtolemeus I Soter gestig ná die dood vanAlexander die Grote in 323 v.C., en het geëindig met die dood vanCleopatra VII en dieRomeinse verowering van Egipte in 30 v.C.

Stigting

[wysig |wysig bron]

Die stigter van hierdie dinastie wasPtolemeus I Soter wat 'n generaal inAlexander die Grote se leër was en van hom die posisie vansatraap (goewerneur) van die provinsie Egipte ontvang het, nadat Alexander se eerste satraap Kleomenes vanweë korrupsie afgesit, bereg en gedood is. Ná Alexander se dood het Ptolemeus aanvanklik die gesag van die regent Perdikkas inBabilon erken, maar in 321 v.C. het Ptolemeus Perdikkas se leër nabyMemfis verslaan en het hy koning van 'n onafhanklike ryk geword. In 305 v.C. het Ptolemeus I Soter homself totfarao van Egipte verklaar en ’n magtige Hellenistiese dinastie gestig wat gestrek het van Suid-Sirië tot Cyrene inLibië, en suid tot byNubië.Alexandrië het die hoofstad geword en was ’n sentrum vir Griekse kultuur en handel.

Hoewel die Ptolemeïese koninkryk ook buite Egipte gebiede beheers het, was Egipte die hartland en het Ptolemeus as farao opgetree. Sy Egiptiese naam was Meryamon SetepenreGeliefd deur Amon, gekies deur Ra.[2]

Verhouding met die bevolking

[wysig |wysig bron]

Die Ptolemeïese konings het hulself die opvolgers van die farao's genoem om erkenning te kry onder die Egiptiese bevolking. Die latere Ptolemeërs het die Egiptiese tradisie gevolg om met hul susters te trou en het hulself op openbare monumente laat uitbeeld in 'n Egiptiese kunsstyl. Hulle het ook deelgeneem aan die Egiptiese godsdienslewe. Die Ptolemeërs moes egter dikwels rebellies onderdruk en was betrokke in buitelandse en burgeroorloë wat gelei het tot die verval van die ryk en sy anneksasie deur dieRomeinse Ryk. Die Hellenistiese kultuur het in Egipte floreer regdeur die Romeinse en dieBisantynse tydperk tot met dieMoslemse verowering van die land.

Einde

[wysig |wysig bron]

Die laaste farao wasCleopatra VII. In haar tyd het die mag van die Romeine so groot geword dat Egipte 'n Romeinse provinsie geword het. Kleopatra het geprobeer om dit teen te hou deur eers 'n verhouding metJulius Caesar te begin. Hulle het 'n seunCaesarion gehad. Later het sy 'n verhouding metMarcus Antonius gehad. Hy het egter dieburgeroorlog teenOctavianus verloor. Beide die Romeinse Drieman Markus Antonius en die Egiptiese koningin het selfmoord gepleeg en Egipte het 'n Romeinse provinsie geword.

Farao's

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Diodorus Siculus,Bibliotheca historica, 18.21.9
  2. "tour Egypt" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op17 Januarie 2017.


Voorafgegaan deur
Laat Tydperk
Ptolemeïese TydperkOpgevolg deur
Romeinse Tydperk


Nasionaal
Geografies
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ptolemeïese_Ryk&oldid=2653847"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp