Psigolinguistiek is diesielkunde vantaal. Dit sluit die aanleer van taal entaaldisorders in.[1]
Psigolinguistiek het te make met alle sielkundige faktore wat betrokke is by die aanleer en gebruik van taal. Hierdie faktore sluit onder andere in individuele vermoëns, intelligensie, selfbeeld enwêreldbeskouing(s). Dit is 'n akademiese veld wat diekognitiewe funksies wat by taal betrokke is bestudeer, met die doel om die manier hoe die brein taaluitinge hanteer en verwerk, te verstaan.
Psigolinguistiek kan egter onderskei word vanneurolinguistiek, omdat neurolinguistiek uitsluitlikbreinfunksie en taal bestudeer (deur te kyk naneurobiologie enliguistiek), waar psigolinguistiek 'n ietwat wyer veld is, wat diebiologie,neurowetenskap,kognitiewe wetenskap, linguistiek, ens. kombineer om uit te vind hoe die brein taal verwerk. Minder algemene sielkundige areas kan ook gebruik word, soossosiale wetenskappe, menslike ontwikkeling,kommunikasie teorieë, ens.
- ↑Collins English Dictionary. 2004. Glasglow: HarperCollins Publishers.